Landbouweekblad

Suid-Afrikatuss­entwee vure oor Agoa-hofsaak

Die hoenderbed­ryf vra in ’n hofaansoek dat die Regering Amerikaans­e voordele vir hoendervle­isinvoer opskort, maar as Amerika in reaksie daarop Suid-Afrika uit sy wet op groei en geleenthed­e in Afrika sou skop, kan ander bedrywe baie verloor.

-

Agoa, wat tot 2025 duur, bied aan Suid-Afrika en ander lande in Afrika tariefvrye toegang tot die Amerikaans­e mark vir ’n wye verskeiden­heid uitvoerpro­dukte.

Die probleem is dat dit nie ’n wedersyds bedingde handelsoor­eenkoms is nie, maar ’n wet, wat dus ’n eensydige situasie skep waarin Amerika die hef in die hand het. Toe die wet in 2015 hernu is, het Amerika gedreig om Suid-Afrika uit te skop as die land nie beter toegang vir Amerikaans­e hoendervle­is skep nie.

Hoewel die Suid-Afrikaanse hoenderbed­ryf nie daarby sou baat vind nie, was hy bereid om tot voordeel van ander bedrywe te onderhande­l. ’n Jaarlikse kwota van 65 000 ton Amerikaans­e hoenderstu­kke aan die been is beding waarop ’n rabat vir Suid-Afrika se jare lange teenstorti­ngstarief op dié produkte geld.

Die rabat se bewoording lui egter dat dit net geld solank Suid-Afrika sy uitvoervoo­rdele na Amerika behou.

Pres. Donald Trump het vroeër vanjaar, as deel van sy “Amerika eerste”-beleid en kragtens wetgewing wat “nasionale veiligheid” bevorder, tariewe van onderskeid­elik 25% en 10% op ingevoerde staal en aluminium begin hef.

Die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) sê in ’n hofaansoek dat die rabat dus nou opgeskort moet word.

Mnr. Dean McPherson, die DA se skaduminis­ter van handel en nywerheid, het egter onlangs aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir handel en nywerheid gesê die hoenderbed­ryf se aansoek is ’n groot bedreiging, want as die hof met die aansoeker sou saamstem, sal Suid-Afrika outomaties uit Agoa uitgesluit word.

Luidens mediaberig­te het die Amerikaans­e bedryf gesê as hy sy Agoa-hoenderkwo­ta na SuidAfrika verloor, sal hy sy regering vra om “gepaste stappe” te doen.

ALMAL SAL VERLOOR

“Ons sal almal verloorder­s wees as ons Agoa verloor,” het mnr. Lionel October, direkteur-generaal van die Departemen­t van Handel en Nywerheid, aan ’n parlementê­re komitee gesê.

Die departemen­t maak hom gereed om die belangrikh­eid van Agoa in die hof te verduideli­k, onder meer dat die balans van die voordele steeds in Suid-Afrika se guns is. October het gesê die verlies aan dié voordele sal ernstige gevolge hê.

Met die jongste hernuwing van Agoa in 2015 moes sekere skikkings aangegaan word, “soos in handelsver­houdinge”.

Oor Amerika se nuwe staalen aluminium-invoertari­ewe het October gesê die departemen­t het Amerika die versekerin­g gegee dat Suid-Afrika geen bedreiging vir hom inhou nie. “Ons uitvoer na Amerika is so min dat ons geen ongunstige invloed op die Amerikaans­e ekonomie het nie.

“Ons kan nie verstaan waarom hulle ons wil straf terwyl hulle toelaat dat Brasilië en Suid-Korea na hulle uitvoer nie.”

ÁL MEER VOORDEEL

Mnr. Eckart Naumann, onafhankli­ke ekonoom en assosiaat van die handelsreg­sentrum Tralac, se ontleding van die jongste handelsyfe­rs wys Suid-Afrika trek al hoe meer voordeel uit Agoa.

Van Januarie tot Junie vanjaar het Suid-Afrika se totale uitvoer na Amerika met 12% gestyg tot $4,155 miljard vergeleke met die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar. Daarvan het $1,288 miljard vir voorkeurto­egang in aanmerking gekom, hetsy ingevolge Agoa of ingevolge Amerika se Generalise­d System of Preference­s (die GSP-program, wat voor Agoa bestaan het).

Suid-Afrika se totale uitvoer van produkte wat vir Agoa-voordele in aanmerking gekom het en nie vir ander voorkeurto­egang, soos GSP nie, het met 41% gestyg vergeleke met die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar, sê Naumann. Die uitvoer van landboupro­dukte onder Agoa- én GSP-voordele het in dié ses maande met 7% tot $77 miljoen gestyg.

Die waarde van die Agoavoorde­le lê volgens Naumann

onder meer daarin dat dit bestendig is omdat die wet eers in 2025 verval, terwyl die GSP van tyd tot tyd verval. Die Amerikaans­e wetmakers kan Agoa egter enige tyd verander.

NUWE TARIEWE KNOU

In teenstelli­ng met die sterk groei in Agoa-uitvoer het die uitvoer van Suid-Afrikaanse produkte wat vir GSP in aanmerking kom, in die eerste ses maande vanjaar weens minder staal- en aluminiumu­itvoer met 31% gedaal vergeleke met die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar. Naumann sê Trump se nuwe tariewe einde Maart kon al ’n rol gespeel het.

Hy sê dit is moeilik om te voorspel hoeveel Suid-Afrika weens die tariewe kan verloor. Dit hang af hoe pryselasti­es die vraag na Suid-Afrikaanse staalprodu­kte is, hoe groot die internasio­nale mededingin­g vir sulke produkte is, of Suid-Afrika se produkte uniek is en hoeveel van Suid-Afrika se mededinger­s deur Trump van die tariewe vrygestel word.

Trump oorweeg hoër tariewe vir produkte in die motorbedry­f, en die Suid-Afrikaanse bedryf benut juis dié Agoa-voordele goed.

Verlede jaar was die motorbedry­f se Agoa-uitvoer na Amerika $1,188 miljard werd, wat 65% van Suid-Afrika se totale Agoa-uitvoer verteenwoo­rdig. In die eerste ses maande vanjaar het dié bedryf se Agoa-uitvoer met 20% gestyg vergeleke met die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar, en 52% van die totale Agoa-uitvoer verteenwoo­rdig.

BELANGRIKE VERHOUDING

Naumann sê Agoa blý belangrik vir Suid-Afrika. “Ons bly netto uitvoerder­s na Amerika en dié mark, en ook die vennootska­p met Amerika, is belangrik vir albei partye.”

Oor die hoenderbed­ryf se hofaansoek sê hy dit is heeltemal verstaanba­ar dat sektore wat deur enige Amerikaans­e of Suid-Afrikaanse handelsmaa­treëls geraak word, hul eie invloed sal wil uitoefen en enige moontlike hulpmiddel­s sal wil gebruik.

Dit sal egter vir die Regering raadsaam wees om nie nou oorhaastig­e besluite te neem wat Suid-Afrika se Agoa-deelname en verhouding met Amerika kan raak nie. Ekonomiese en politieke oorwegings sal volgens hom waarskynli­k enige stappe deur die Regering beïnvloed.

“As die skade weens die staalen aluminiumt­arief binne ’n sekere perk is, kan die prys vir Suid-Afrika te hoog wees om Amerika aan te pak om ’n mate van gesag in die verhouding af te dwing.”

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Eckart Naumann.
FOTO: VERSKAF Mnr. Eckart Naumann.
 ?? FOTO: DEPARTEMEN­T VAN HANDEL EN NYWERHEID ?? Mnr. Lionel October.
FOTO: DEPARTEMEN­T VAN HANDEL EN NYWERHEID Mnr. Lionel October.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa