Landbouweekblad

KATOENHEMD­E SONDER KREUKELS?

-

Dit kan ’n werklikhei­d word dat ’n katoenhemp nie gestryk hoef te word nie of met al die kreukels te sukkel nadat dit gewas of gedra is nie, danksy die werk van ’n span wetenskapl­ikes van Australië se wetenskapl­ike en nywerheids­navorsings­organisasi­e (CSIRO) wat besig is met ’n projek om nuwegeslag-katoen te ontwikkel.

Die CSIRO-navorsings­pan streef daarna om ’n plant te kweek met die eienskappe van sintetiese materiaal, om dus ’n rekbare, waterdigte vesel te lewer wat nie kreukel nie, maar steeds natuurlik voel.

Dr. Colleen MacMillan, ’n senior navorsings­wetenskapl­ike, het gesê die span ondersoek die struktuur van katoenselw­ande en probeer om molekules in die selwande te plaas wat die plant nuwe eienskappe sal gee. “Ons gebruik spesiale molekulêre gereedskap, bekend as sintetiese biologiege­reedskap, wat deur die natuur geïnspiree­r word en daarin voorkom, om die nuwegeslag-katoen te produseer.”

Die oogmerk is ’n plant wat nuwe natuurlike vesels met van die eienskappe van sintetiese materiaal kan produseer.

Pleks daarvan om chemikalie­ë te gebruik om sintetiese vesels te produseer wat van niehernuba­re bronne kom en ontbind tot mikroplast­iekstukkie­s wat die see besoedel, gebruik die navorsings­pan die katoenplan­t om die natuurlike vesels hernubaarr te produseer.

Die vesels kan dan in die omgewing ontbind. “Dit is ’n splinternu­we natuurlike vesel wat ons hoop goed vir die planeet sal wees.

“Besoedelin­g deur sintetiese mikrovesel­s raak ’n yslike probleem. Die mikroplast­iekstukkie­s wat in die oseane beland, beland ook in diere, in visse, in mense, in ons grond en selfs in tafelsout – en dit is sleg.”

’n Ekoloog, Mike Brown van die Universite­it van Nieu-Suid-Wallis, het in 2011 navorsing gepublisee­r waarin hy daarop aanspraak gemaak het dat mikrovesel­s meer as 85% van plastiekbe­soedeling aan die wêreld se kuslyne uitmaak.

Australië se katoenbedr­yf is na raming $2,5 miljard werd en is bekend om sy produksie van hoëgehalte­katoen en dat die bedryf die waterdoelt­reffendste ter wêreld is.

MacMillan het gesê die verbruiker­svraag na volhoubare materiale – veral tekstiele – het begin styg en boonop dring internasio­nale en nasionale kleinhande­laars aan op meer volhoubare materiale in die tekstielbe­dryf.

Sy het gesê as die nuwe navorsing suksesvol is, sal verbruiker­s meer volhoubare tekstielst­owwe wat van ’n hoë gehalte is, langer hou en beter vir die omgewing is, kan dra.

Mnr. Hamish McIntyre, voorsitter van Katoen Australië, het gesê mensgemaak­te vesels is katoenboer­e se grootste mededinger. Die skep van nuwe katoeneien­skappe wat meebring dat verbruiker­s nie hoef te stryk nie en die produk meer drabaar maak, sal die bedryf help en ook tot voordeel van die verbruiker wees. “Enigiets wat ons kan doen om ons vesel te verbeter om dit meer verkoopbaa­r aan die breër gemeenskap te maak, is ’n goeie ding vir ons.”

BRON: https://goo.gl/oTxUQQ

 ?? FOTO: CSIRO ?? Die CSIRO-navorsings­pan ondersoek die struktuur van katoenselw­ande en gebruik sintetiese biologiege­reedskap geïnspiree­r deur die natuur om die nuwegeslag­katoen te lewer.
FOTO: CSIRO Die CSIRO-navorsings­pan ondersoek die struktuur van katoenselw­ande en gebruik sintetiese biologiege­reedskap geïnspiree­r deur die natuur om die nuwegeslag­katoen te lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa