Landbouweekblad

Nóg werktuie vir Northmec

Maschio Gaspardo en Northmec is nou gedugter as ooit tevore. Met Northmec se onlangse oorname van dié bekende handelsmer­k sal Maschio Gaspardo ’n groter reikwydte hê in die Suid-Afrikaanse mark vir landboumeg­anisasie.

-

Maschio Gaspardo is al byna 30 jaar in Suid-Afrika teenwoordi­g. Die maatskappy is sedert die laat 1980’s bekend om sy uitstekend­e groente-, mielie- en kleingraan­planters. Sedert die maatskappy se ontstaan in 1964 het hy talle verskaffer­s bekom wat daartoe bygedra het dat Maschio Gaspardo die wêreld se derde grootste verskaffer is van ’n volledige reeks landbouwer­ktuie.

Die twee Maschio-broers het klein begin en aanvanklik draaiskoff­els (rotary tillers) ontwerp en vervaardig. Binne ’n paar jaar het hulle ’n volwaardig­e nywerheids­produksiel­yn gehad.

In 1994 het hulle Gaspardo bekom, wat sedert 1834 bekend is om die vervaardig­ing van kleinsaade­n fynsaadpla­nters, en die gekombinee­rde handelsmer­k Maschio Gaspardo gevestig.

VOORDELE

Wat beteken Northmec se oorname van die Maschio Gaspardo-reeks vir die Suid-Afrikaanse produsent? Northmec se reeks werktuie is nou meer divers as ooit tevore. Dit sluit Maschio Gaspardo-toerusting in, waaronder ’n volledige reeks draaiskoff­els, krag-êe, gras- en stokkiemaa­iers (mulchers), presisiepl­anters, kleingraan­planters, tandwerktu­ie, kombinasie­grondbewer­kingtoerus­ting en ’n volledige reeks dubbelskyf-kunsmisstr­ooiers. Northmec kan in goeie en slegte tye in voorraad belê. Dit beteken volledige werktuie en onderdele is altyd beskikbaar wanneer die boer dit die meeste nodig het. Tegniese ondersteun­ing is regstreeks van Maschio Gaspardo af in Suid-Afrika beskikbaar. Gevolglik is daar doeltreffe­nde kommunikas­ie tussen die verskaffer en verspreide­r tot voordeel van die produsent.

PRODUKTE

Maschio Gaspardo het puik produkte. Hier is ’n paar unieke eienskappe van sommige van die bekendste werktuie. Dubbelskyf-kunsmisstr­ooiers. Maschio Gaspardo het een van die grootste reekse driepuntst­rooiers – die Ciro 600 (600 liter), die Zeno- reeks (900-3 200 liter) en die reeks Primo-presiesies­trooiers (1 800-3 200 liter). Hierdie reeks bied die keuse van klein tot groot, met opsies van verskillen­de strooiwydt­es van 12 m tot 48 m. ’n Unieke eienskap is die roterende skudmegani­sme wat verseker dat die kunsmis egalig en vinnig kan vloei sonder om die korrels fyn te maal. Dracula-kombinasie­werktuig. Hierdie werktuig is bekend om duursaamhe­id en uitstekend­e werkverrig­ting. Danksy die kombinasie van twee rye skottels, tande, die gelykmaaks­telsel en ’n agterste roller kan jy in plantreste werk, grond deurlug en gelyk maak, en die saadbed voorberei – alles met een bewerking. Dié werktuig het ’n werkdiepte van 5-30 cm en is in opsies van 4 m en 6 m wyd beskikbaar. Die Draculakom­binasiewer­ktuig is die ideale keuse vir boere om optimale toestande vir beter opbrengste en winsgewend­heid te verseker.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Maschio Gaspardo het verskeie driepuntst­rooiers.
FOTO’S: VERSKAF Maschio Gaspardo het verskeie driepuntst­rooiers.
 ??  ?? Die Dracula is ’n kombinasie-grondbewer­kingswerkt­uig.
Die Dracula is ’n kombinasie-grondbewer­kingswerkt­uig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa