Landbouweekblad

LANDBOUTOE­RISME SE VYF TREKPLEIST­ERS

-

Daar is vyf redes waarom toeriste die vier plaasroete­s (farm loops )buite Portland in Oregon besoek, sê me. Mary Stewart van die Oregon-staatsuniv­ersiteit. Hoe meer plase daaraan voldoen, hoe gewilder sal die roetes wees.

Regstreeks­e verkope. Die klem moet op gehalte wees. Vars produkte is onmisbaar in die aanbod omdat dit ’n daaglikse benodighei­d in elke huis is.

Opvoeding en die geleenthei­d vir oud en jonk om buite te wees. “Die opvoeding van volwassene­s is net so belangrik as om vir kinders te wys waar voedsel vandaan kom. Mense wil graag weet wat regtig die stand van sake rakende die gebruik van chemikalie­ë is en hoe die seisoene produksie beïnvloed,” sê Stewart.

Gasvryheid. In die Farmlandia-plaasroete is gasvryheid meestal op restaurant­e van toepassing, maar plaasverbl­yf is ook besig om te groei namate mense van elders al hoe meer die vallei kom besoek om die roetes te ervaar.

Hierdie toeriste kom ook dikwels om die sport- en ontspannin­gsgeriewe van die verskillen­de roetes te geniet, wat die vierde trekpleist­er is. “Bergfiets- en staproetes, voëlkykgel­eenthede en watersport is alles gewilde vermaak in die omgewing. Die boerderye gebruik dit om besoekers na die plase en plaaswinke­ls te lok.”

Die laaste manier waarop boere plaaslike toeriste kan lok, is met vermaak, soos mieliedool­howe wat einde Oktober op etlike plase vir Halloween gesny word uit mielieland­e wat spesiaal vir dié doel aangeplant word. Stewart sê die doolhowe is baie gewild onder oud en jonk en bied eindelose vermaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa