Landbouweekblad

Op facebook

-

SKENK ONBENUTTE GROND, VRA ADVOKAAT

Groot grondeiena­ars, mynmaatska­ppye en boere behoort onbenutte grond vir grondhervo­rming aan die staat te skenk. Die Regering behoort ook restitusie en markwaarde te laat vaar en staatsgron­d te herverdeel.

Volgens adv. Tembeka Ngcukaitob­i, skrywer van die boek The

Land is Ours en lid van pres. Cyril Ramaphosa se nuwe grondadvie­spaneel, is dít dinge wat onmiddelli­k gedoen kan word om grondhervo­rming te bespoedig.

Hy is bekommerd oor wat hy historiese ontkenning oor die verlede noem. Sommige van die kommentaar is vertaal. – Red. MARIETJIE MARAIS skryf: Daar’s miljoene hektaar (grond) in die staat se besit. Hoekom werk julle nie eers daarop nie? Nee, julle wil wit mense se plase hê. Hoekom?

ROBERTA BOTHA skryf: Hou op net bakhand staan. Dit is ’n vrye mark. Koop jou grond of huur dit. Nie alle wit mense kan grond bekostig nie. Baie gaan dood sonder dat hulle ooit ’n huis besit het.

JOHAN LOOCK skryf: Wat van julle kry titelaktes op jul stamgrond en los ons volk se grondgebie­d uit? THOBELANI PHAKADE ONGAGUGIYO antwoord: Johan Loock, die enigste oplossing is om saam te werk. Enige rassegroep wat vrede en samewerkin­g verwerp, sal nie sukses behaal nie en met radikale magte te doen kry.

ANTON VAN skryf: Daar was nog nooit gelykheid nie. Stop die rassekaart en beweeg vorentoe.

DENNIS JONES skryf: Al is grond onbenut, lyk dit net onbenut. Dit is ’n bate wat in prys eskaleer. Wie gaan ’n bate net verniet weggee?

KOOS SMIT skryf: Onbenutte grond kon dalk strategies aangekoop gewees het vir latere ontwikkeli­ng of vir spekulasie, wat ’n gewone besigheids­beginsel is. Dit geld ook die staat. In elk geval is dit aangekoop met geld. Dit is nie sommer net vir weggee nie.

DAVID RUDD skryf: Niks is verniet in die lewe nie. Werk daarvoor en betaal daarvoor!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa