Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

AFRIBEEF MIK NOORD

Afribeef, handelsmer­k van Afrikanerb­eesvleis, gaan nou ook in Namibië geprodusee­r word nadat dit reeds meer as ’n jaar gelede in Suid-Afrika bekend gestel is. Die ras het danksy sy genetiese samestelli­ng sagte vleis en is volgens mnr. De Wet Mouton, voorsitter van die Afrikaner-beestelers­genootskap van Namibië, is die ras ook gehard en aanpasbaar. Weens die aanvanklik verwagte klein aanbod sal die klem eers op die gasvryheid­sbedryf wees. By die bekendstel­ling van Afribeef in Windhoek het me. Sanet Prinsloo, bekende Namibiese meestersje­f (regs), ’n aantal smuldisse van die vleis voorberei. Lees meer by bit.ly/2C8HhNp.

ENT JOU HERKOUERS!

Suid-Afrika voer 80% van sy wolskeerse­l na China uit en dié land het reeds gesê hy koop nie van gebiede wat deur slenkdalko­ors geraak word nie. In die lig daarvan het mnr. Jan Louis Venter, produksier­aadgewer van die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) in die Vrystaat, op ’n boeredag van die Universite­it van die Vrystaat in Bloemfonte­in by veeboere gepleit om alle herkouers te laat inent, want “hulle word almal deur die siekte geraak”. Slenkdalko­ors het in Mei vanjaar by Jacobsdal in die

Vrystaat uitgebreek en kenners waarsku dat een uitbreking die waarskynli­kheid van nog uitbreking­s drasties verhoog.

SÓ SKEP JY WERK

Die ekonomie moet groei en korrupsie moet uitgeroei word voor beduidende werkskeppi­ng in die land moontlik is. Dít was die standpunt van Besigheids­eenheid Suid-Afrika (Busa) en dié van Agri SA na afloop van die onlangse twee dag lange nasionale werkberaad in Midrand. Me. Jahni de Villiers, Agri SA se hoof van arbeid en ontwikkeli­ng, sê van die ingrypings om werkskeppi­ng aan te moedig, sluit in die bevorderin­g van die landbou, landbouver­werking en die landbouwaa­rdeketting, asook finansieri­ng vir transforma­sie in die landbou. Pogings word ook aangewend om Suid-Afrikaanse uitvoer te versterk en uit te brei.

PIONEER STAAN STERK

Die genoteerde kosproduse­nt en -verwerker Pioneer verwag dat sy bedryfswin­s vir die jaar tot 30 September voor kapitaalui­tgawes 34% tot 44% hoër sal wees as in die ooreenstem­mende tyd die vorige jaar. Dit sal R1,549 miljard tot R1,665 miljard beloop, teenoor die vorige jaar se R1,156 miljard. Die wesensverd­ienste per aandeel sal 32% tot 34% hoër wees, teen 541,3 sent en 582,3 sent. Die maatskappy sê in ’n aankondigi­ng op die JSE-nuusdiens handelsoms­tandighede is steeds onder druk weens opwaartse inflasiedr­uk in die verbruiker­smark.

SUIKER-INSINKING

Die suikerprod­usent Tongaat Hulett se bedryfswin­s vir die ses maande tot 30 September gaan waarskynli­k minstens 40% minder wees as die R1,471 miljard in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Die maatskappy skryf die swak resultate toe aan ’n onvermoë om enige grondtrans­aksies af te handel, druk op binnelands­e winste weens die nultarief op suikerinvo­er wat verlede jaar in Suid-Afrika geheers het, en die impak van laer wêreldsuik­erpryse en ’n sterker metical (die Mosambieks­e geldeenhei­d) op winste van sy Mosambieks­e be- drywighede. Wesensverd­ienste sal minstens 60% laer wees.

GEEN AMNESTIE

Die moontlikhe­id van ’n vuurwapen-amnestiety­dperk is van die baan nadat mnr. Bheki Cele, Minister van Polisie, op advies van sy regspan ’n aansoek vir amnestie teruggetre­k het. Dit volg op ’n tussentyds­e interdik wat deur die vuurwapene­ienaarsver­eniging Gun Owners South Africa (Gosa) bekom is om die polisie se invorderin­g van vuurwapens met vervalde lisensies stop te sit. Die polisie se invorderin­g volg op ’n beslissing deur die Grondwetho­f dat sulke vuurwapens in onwettige besit is. Dit is nie duidelik wanneer die Gosa-hofsaak aangehoor word nie.

WEN-BORRELS

Die boetiekkel­der Domaine des Dieux van die Hemel en Aardevalle­i is aangewys as die beste Cap Classique-wyn by die Amorim Cap Classique-uitdaging in Kaapstad. Sy Claudia Brut MCC 2012 is as die beste wyn in die Brut-kategorie aangewys en die kelder het die hoogste puntetelli­ng van al die ingeskrewe wyne ontvang. Daar was vanjaar ’n rekordgeta­l 127 inskrywing­s. Die klaswenner­s was Simonsig Woolworths Pinot Noir Rosé 2016 (Rosé-kategorie), Colmant Brut Chardonnay NV (Blanc de blancs-kategorie) en Pongracz Desi 2009 (museumklas).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa