Landbouweekblad

Sensus: Om getel te word, is verpligten­d

- — AMELIA GENIS

DEELNAME aan die sensus van die kommersiël­e landbou is verpligten­d, en Statistiek­e Suid-Afrika (Stats SA) voorsien nie dat boere onwillig gaan wees om deel te neem nie.

Mnr. Risenga Maluleke, statistiku­s-generaal van Stats SA, het in ’n inligtings­essie vir die media in Pretoria en Kaapstad gesê hy dink ook nie daar gaan ander probleme wees wat met die politieke klimaat in die land verband hou nie.

Hy het verder gesê Stats Suid-Afrika is onafhankli­k en verbind tot “ernstige voorwaarde­s” om vertroulik­heid te waarborg. “Die inligting van individue en besighede sal vertroulik gehanteer word.”

Die doel van die sensus is om inligting oor die grootte, struktuur en aard van die kommersiël­e landbou op munisipale vlak te versamel.

BEDAG OP BESIGE TYE

Sensusopna­mes begin op 15 Oktober in alle provinsies en duur tot 15 Desember wanneer opnames tot middel-Januarie onderbreek word. Veldwerker­s sal nie noodwendig op enige gegewe dag in elke munisipale gebied in die land werk nie. Maluleke sê hulle sal bedag wees op besige tye, soos oestyd en planttyd.

Volgens Stats SA se beplanning sal die opnames teen April 2019 afgesluit word. Hulle sal dadelik met opvolgopna­mes begin. Die uitslae van die sensus sal in November 2019 bekend gemaak word.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens se besigheids­register vorm die grondslag van die sensus. Opnames sal dus net gedoen word by boerderye wat vir BTW geregistre­er is. Maluleke het gesê die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye sal ’n register opstel van kleinboere wat nie vir BTW geregistre­er is nie. Dit sal minstens twee jaar duur om te voltooi.

PLAASVEILI­GHEID

Hy het gesê die sensus is belangrik om te help met beplanning sodat voedselsek­erheid op die lang duur voorsien kan word, om inligting te kry om die regte belegging in landbounav­orsing te maak, te sien hoe indiensnem­ing in die landbou lyk en wat die rol van vroue in die sektor is. Die sensus sal ook ’n grondslag verskaf vir die monitering en evaluering van stappe om die landbou te verbeter, en help om die bydrae te bepaal wat die landbou tot die ekonomie lewer.

Stats SA werk saam met die georganise­erde landbou, sekerheids­maatskappy­e en die polisie om inligting oor die sensus te versprei.

Na aanleiding van ’n vraag oor plaasveili­gheid het Maluleke gesê veldwerker­s sal die plaasproto­kol respekteer.

Mnr. Joe de Beer, adjunk-direkteur-generaal van ekonomiese statistiek, het gesê die Stats SA-kenteken sal op veldwerker­s se blou oorbaadjie­s, identiteit­skaarte en hul voertuie vertoon word.

Veldwerker­s sal tablette gebruik om die onderhoude te voer en die data vas te lê. Die sensusvrae­lys dek alle aspekte van gewasen veeproduks­ie, wildboerde­ry, bosbou en visboerder­y in vars en seewater. Die vraelys sluit vrae oor finansiële inligting, plaasgroot­te, grondgebru­ik, grondbesit, boerderyve­rliese, meganisasi­e en indiensnem­ing in.

Veldwerker­s sal nie sonder ’n afspraak op die plase opdaag nie. Boere wat met Stats SA oor die sensus wil kontak maak, kan

0080 212 169 tolvry skakel, of e-pos na agricultur­e@statssa.

gov.za stuur. Maluleke het gesê Stats SA het ’n “ondersteun­ingstruktu­ur” wat regstaan om te help.

 ?? FOTO: STATISTIEK­E SUID-AFRIKA ?? Sensus-veldwerker­s kan uitgeken word aan identiteit­skaarte, oorbaadjie­s en motors met die Stats SA-kenteken op.
FOTO: STATISTIEK­E SUID-AFRIKA Sensus-veldwerker­s kan uitgeken word aan identiteit­skaarte, oorbaadjie­s en motors met die Stats SA-kenteken op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa