Landbouweekblad

Gesloer met Tzaneendam wurg boere

- — JASPER RAATS

BOERE by Tzaneen sit met hul hande in die hare. Die Tzaneendam, waaruit die meeste boere in die Letabavall­ei hul gewasse besproei, is skaars 29% vol. Hul waterkwota­s is tot 50% besnoei en die somerreën bly weg. Die gebied is bekend om sitrus en subtropies­e gewasse, soos avokado’s, piesangs, lietsjies en makadamian­eute. Baie boere verbou ook groente.

Mnr. Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba, sê die situasie word vererger deur die Departemen­t van Water en Sanitasie se onvermoë of onwillighe­id om die bouwerk aan die damwal af te handel. Terwyl die werk sloer, word die watervlak onder 60% gehou ter wille van die werkers se veiligheid.

Vorster sê daar loop dus nou duisende liter water tydens die reëntyd weg. Boere dra in tye soos nou die gevolge van die water wat nie opgevang is nie.

In 2016 is ’n kontrakteu­r aangestel om die werk van die eerste fase te doen. Nadat dié kontrakteu­r, Blackhead, die oorloop van die dam ter voorbereid­ing vir die nuwe bouwerk met drie meter verlaag het, is halt geroep.

Eers is gesê ander kontrakteu­rs moet nou ook die geleenthei­d kry om vir die opbou van die wal te tender, maar Vorster sê die besproeiin­gsraad het onlangs gehoor mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Waterwese, wil ingryp. Hy beoog om die departemen­t se eie mense te gebruik om die werk gedoen te kry.

“Dit is nou twee reëntye wat verbygegaa­n het terwyl die damwalproj­ek sloer. Ons gaan waarskynli­k ’n derde seisoen se reën ook nie ten volle kan opvang nie,” sê Vorster. “As dit nou begin reën, sal hulle eers weer volgende April aan die wal kan werk.”

Die Departemen­t van Water en Sanitasie het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

 ?? FOTO: WILLIE EN MARIËTTE BOTHA ?? Die Tzaneendam einde 2016, toe hy 13% vol was. Die dam staan nou op 29%.
FOTO: WILLIE EN MARIËTTE BOTHA Die Tzaneendam einde 2016, toe hy 13% vol was. Die dam staan nou op 29%.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa