Landbouweekblad

Groot hoop vir nuwe katoenboer­e

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE Landbounav­orsingsraa­d (LNR) is optimistie­s dat ’n nuwe projek in die katoenbedr­yf kan help om katoenboer­e se produktiwi­teit en winsgewend­heid te verhoog.

Volgens prof. Mohammed Jeenah, groephoof van navorsing en innovering­stelsels van die LNR, vind meer as 800 opkomende boere baat by die program, wat met die samewerkin­g van die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming op die been gebring is. Deelnemers word bygestaan deur onder meer die LNR se kleinboero­ntwikkelin­gsprojek vir katoenprod­uksie, wat tegniese steun verskaf.

“Tot op hede is 752 boere in die Nkomazistr­eek in Mpumalanga gehelp om 1 590 ton katoen te lewer, terwyl 51 boere in die Nokanengge­bied in Mpumalanga met behulp van die projek 195 ton katoen gelewer het,” sêhy.

In Limpopo het 17 katoenboer­e 304 ton katoen gelewer.

Nuwe boere op die Makathiniv­lakte in KwaZuluNat­al is ook opgelei en van tegniese ondersteun­ing voorsien om uiteinde lik altesame 888 ton katoen te lewer.

PRYSE BRING GROEI

Intussen blyk dit of die plaaslike katoenmark baat vind by die tam pryse vir mededingen­de somergewas­se, soos mielies en sonneblomm­e.

Volgens Katoen SuidAfrika is die negende produksies­katting vir die 2017’18produksi­ejaar ’n oes van 195 805 lintbale – 152% hoër as die opbrengs in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Daar is 68% meer hektare katoen op droëland aangeplant en 171% meer op besproeiin­gsgrond.

Mnr. Koot Louw, sekretaris van Katoen SA, sê benewens die invloed van die prys, is daar ook nuwe belangstel­ling in katoenprod­uksie omdat die pluktegnol­ogie vir veral droëlandpr­aktyke oor die afgelope jare goedkoper en doeltreffe­nder geword het. Katoen SA het ook moeite gedoen om die gewas onder boere se aandag te bring as ’n alternatie­we gewas om te oorweeg danksy sy goeie droogtever­draagsaamh­eid.

Louw verwag ’n toename in die aantal hektare wat in die 2018’19groeityd onder katoen verbou gaan word en dat die wisselkoer­s boere wat katoen lewer, bevoordeel.

Louw sê SuidAfrika voer nagenoeg 80% van sy katoen uit omdat dit van so ’n hoë gehalte is. Plaaslike katoenwewe­rs gebruik grootliks ingevoerde katoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa