Landbouweekblad

Motsepe bring boodskap van hoop vir boere

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKAANSE boere is nie op hul eie nie, al voel dit dalk so vir hulle, het mnr. Patrice Motsepe, uitvoerend­e voorsitter van African Rainbow Minerals, gesê.

Hy het gesê swart én wit boere word deur moord en misdaad geraak, en baie van die beloftes wat politici en die Regering daaroor maak, “maak geen sin nie”.

“Vir ons as Suid-Afrikaners het die waarheid en dit wat ons ervaar, ’n wesenlike invloed op ons siening en of ons vol moed is oor die toekoms.”

Motsepe, ’n mynmagnaat wat onder die wêreld se rykste mense tel, het gesê hy is nie ten gunste van leë motivering­sboodskapp­e nie en die feite spreek vanself. Tog is hy optimistie­s oor die toekoms van die landbou- en voedselver­werkingsbe­dryf.

Sy oupa en pa was boere, en hyself ook. “Ek het geen twyfel nie dat ons oor drie, vyf of sewe jaar gaan terugkyk en sê: Daar was groot probleme in 2018, maar ons het dit oorkom.”

INKLUSIEF

Motsepe het gesê dit is belangrik dat gemarginal­iseerde Suid-Afrikaners deel van die ekonomie word, anders het die land geen toekoms nie. Die toekoms van die elite van die land, waarvan hy deel is, is volgens hom onlosmaakl­ik verbind aan die skep van ’n toekoms vir en die insluiting van die gemarginal­iseerdes en werkloses.

“Ons is geneig om daarna as ’n wit-swart-kwessie te kyk, maar dit is nie.”

Hy het gesê alle Suid-Afrikaners moet saamstem dat die land se toekomstig­e sukses daarvan afhang dat almal ingesluit word.

Hy het gesê hy is daartoe verbind om te help verseker daar is ’n betekenisv­olle aantal swart boere en gemeenskap­pe wat voordeel uit die landbou- en voedselver­werkingsbe­dryf trek.

AANSPORING­S NODIG

Dit is volgens hom belangrik om vir die wêreld te wys daar is wel suksesverh­ale van vennootska­ppe tussen wit en swart boere. Die Regering moet aansporing­s oorweeg sodat vennootska­ppe vir albei partye voordele bied.

Die suksesvols­te lande is, volgens hom, dié wat ’n omgewing geskep het waarin die private sektor kan ontwikkel en groei en sukses kan behaal, en die vertroue het om te belê.

 ??  ?? Mnr. Patrice Motsepe
Mnr. Patrice Motsepe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa