Landbouweekblad

Namibië: Eiendomsre­g sal bly, ondanks populisme

- — CHARL VAN ROOYEN

‘Ek is nie moedeloos nie. Ek gaan voort om te doen wat ek in die verlede gedoen het en belê geld in my grond.’

BOERE moenie moedeloos word oor stellings op Namibië se afgelope tweede grondberaa­d nie, maar oor hul eie toekoms besluit en planne beraam oor hoe om hul werkers se lewenstoes­tande te verbeter.

Dít was die boodskap van mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die Namibiese Landbou-unie (NLU), op die jaarkongre­s van die Lewendehaw­e-produsente-organisasi­e (LPO) in Windhoek.

Hy het die grondberaa­d saam met ’n klein afvaardigi­ng van die NLU bygewoon, waar hulle ’n voorleggin­g “sonder intimidasi­e” kon doen. Die vyf dae lange beraad is deur sowat 800 mense, onder wie mnr. Hage Geingob, Namibiese president, en ander senior regeringsl­ui bygewoon.

Oudpreside­nte Sam Nujoma en Hifikepuny­e Pohamba se voorleggin­g was volgens Van der Merwe “nogal ’n skrikwekke­nde ervaring weens hul radikale voorstelle”, soos dat ’n referendum gehou en die klousule in die grondwet wat eiendomsre­g beskerm, geskrap moet word.

Die regering het egter vinnig gereageer en bevestig dat die betrokke klousule nie verander kan word nie.

ONREGVERDI­GE VERLEDE

“Ek wens elkeen van julle kon vir ’n halwe dag luister om bewus te word van wat werklik aangaan, hoe die bevolking se samestelli­ng lyk en watter behoeftes en politieke emosies daar is. Elke spreker het na ’n onregverdi­ge verlede verwys en beweer die kommersiël­e boere is bevoordeel. Dink net wat die gevolge sou wees as ons nié daar was nie. Ons het baie gesprek gevoer om ander perspektie­we te kry, onder meer met ministers,” sê Van der Merwe.

Wat hom baie gepla het, was veralgemen­ings, soos dat boere hul plaaswerke­rs swak behandel en sommer iewers gaan aflaai en daar los – iets wat dalk lank gelede gebeur het, maar nou as die norm voorgehou word. Daar was ook beweringe dat boere plase “saboteer” nadat dit verkoop is deur sement in boorgate te gooi. “Dis nie waar nie.”

Hy moedig boere aan om die 169 resolusies wat aanvaar is, te lees. Sekere besluite kan “drasties en indringend” wees. Geingob het dit duidelik gestel die status quo gaan nie langer gehandhaaf word nie.

EIENDOMSRE­G BLY

Die gunstige uitkoms is egter die bevestigin­g dat eiendomsre­g beskerm word.

Geingob het beklemtoon boere is belangrik vir Namibië.

“Ons het ook ons standpunt gestel dat ‘een boer, een plaas’ nie werkbaar is nie,” sê Van der Merwe.

“Wat nou? Ek is nie moedeloos nie. Ek gaan voort om te doen wat ek in die verlede gedoen het en belê geld in my grond.

“Ons moet egter op sekere vrae van die president ag slaan, soos wat ons gaan doen om werkers se lewensgeha­lte te verbeter, watter voorsienin­g ons vir hul aftrede maak en wat ons gaan doen om armoede uit te wis.

“Daar is ongeloofli­ke druk op die president oor wanbalanse in die land. Ons grootste prioriteit lê by wat ons kan doen om hom te ondersteun.

“Hy koester groot verwagting­e van ons,” sê Van der Merwe.

Volgens hom stuur sommige mense ongelukkig blatante, aggressiew­e WhatsApp-boodskappe die wêreld in. Dan word die NLU daarmee gekonfront­eer en die indruk word gewek dat alle boere vol aggressie is.

Kommersiël­e boere moet ook voorkom dat hulle uitgesonde­r kan word as ’n klein groepie wat net aan hulself dink.

Van der Merwe het reeds oproepe van mense gekry wat sê hulle het planne.

“Dit is fantasties, want ons kan nou nog self oor planne besluit,” sê hy.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Mnr. Ryno van der Merwe
FOTO: LBW-ARGIEF Mnr. Ryno van der Merwe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa