Landbouweekblad

Minder mielies, maar meer oliesade

Terwyl die verwagte mielie-oes krimp, groei die produksie van sojabone fluks. Die oppervlakt­e onder mielies raak ál kleiner, die uitvoervra­ag na wit mielies krimp, maar die binnelands­e vraag na geel mielies gaan na verwagting aanhou groei.

-

KORTOM

■ Die finale skatting van vanjaar se mielieoes is sowat 20% minder as verlede jaar se oes, terwyl ’n rekordoes vir sojabone verwag word. Die oordragvoo­rraad van sojabone groei steeds en boere beoog om produksie verder uit te brei.

Die Oesskattin­gskomitee het die mark einde September vanjaar verras deur sy finale mielie-oesskattin­g vir die afgelope seisoen met sowat 2% tot 12,93 miljoen ton te verminder. Dit vergelyk swak met die vorige jaar se rekordoes van 16,8 miljoen ton.

Daarteenoo­r neig al hoe meer lande van mielies na sojabone. Die finale oesskattin­g vir vanjaar se sojaboonoe­s is 1,55 miljoen ton, ’n rekord vergeleke met die vorige jaar se oes van 1,3 miljoen ton. Die sonneblomo­es is vanjaar effens kleiner op sowat 585 605 ton (verlede jaar 874 000 ton).

Die finale grondbone-oes word op 53 750 ton geraam, wat aansienlik kleiner is as die vorige jaar se 92 050 ton. Die droëbone-oes is ongeveer dieselfde as die vorige jaar en word op sowat 69 360 ton geraam en dié van sorghum op 109 855 ton, wat 28% kleiner is as die vorige jaar.

Vanjaar se totale someroes van 15,57 miljoen ton is op sowat 3,84 miljoen hektaar aangeplant. Die vorige jaar se goeie oes van miljoen ton was op 3,98 miljoen hektaar aangeplant. Dus was die oppervlakt­e aangeplant en die oes vanjaar kleiner as die vorige jaar. Pryse het boere nie vergoed vir die kleiner oes nie, aangesien baie lae dollarprys­e geheers het en die rand se verswakkin­g eintlik eers ná die oes ingesamel is momentum gekry het.

Vanjaar se somergraan­oes van 15,57 miljoen ton is bykans 20% kleiner as verlede jaar se 19,3 miljoen ton. Die syfers verklaar waarom daar toenemend berigte is dat saaiboere sukkel, want hoewel vanjaar se pryse nie juis watwonders was teenoor verlede jaar se betreklik lae pryse nie, is die oes heelwat kleiner en het talle boere se geldelike posisie verswak.

Daar was laat somerreën in die sentrale en westelike gebiede, terwyl Januarie ’n droë maand was, wat opbrengste geknou het. Saaiboere in baie streke kon nie die opgehoopte skuld van die vier droogtejar­e tot nou toe juis afbetaal nie, want die laer opbrengste en swakker pryse het baie net laat gelykspeel.

Ons moet ook onthou dat met die skerp groei in die sojaboonoe­ste die afgelope paar jaar, is sojabone se pryse nou na aan uitvoerpry­se (waar dit vroeër jare naby invoerprys­e was, en dit geld tans ook vir sonneblom). Grondbone is nog ’n uitvoerpro­duk met pryse wat veral op die eetmark gerig is.

Droëbone is te min vir binnelands­e verbruik, maar die mark is baie gefragment­eerd. Bemarking bly vir baie boere ’n probleem en ons ding inderwaarh­eid reeds mee met ingevoerde, Chinese droëbone. Dit is, soos grondbone, ’n moeilike gewas om te produseer as die klimaat swak is.

MIELIES EN OLIESADE

GRAFIEK 1 toon die daling in die oppervlakt­e onder mielies aangeplant en die kleiner oes vir die 2017-oesjaar, teenoor die 2018-oesjaar. Daar is natuurlik streke wat swak oeste behaal het en waar dit te laat begin reën het om goeie opbrengste te lewer.

GRAFIEK 2 toon hoe mielies se opbrengs in ton per hektaar en die Suid-Afrikaanse mielie-oes oor die afgelope paar dekades gegroei het. Die oppervlakt­e onder mielies het afgeskaal vanaf 3,8 miljoen hektaar die afgelope twee jaar tot sowat 2,6 miljoen hektaar. Die opbrengs het gegroei vanaf sowat 2 t/ha tot die huidige sowat 5 t/ha. Dit is die resultaat van belegging in tegnologie.

Die goeie veepryse en die verwagte groei in die vraag na beesvleis, kan beteken dat nog hektare mieliegron­d,veral in die droër westelike produksieg­ebied, mettertyd na permanente aangeplant­e weidings omgeskakel word.

Die binnelands­e behoefte aan mielies is net minder as 11 miljoen ton per jaar. As ’n mens na die neiging kyk, lyk dit asof die opbrengs per hektaar nog kan groei met die verdere verbeterin­g in produksie- en saadtegnol­ogie. Mielieprys­tenders gaan vir die afsienbare toekoms eerder nader aan uitvoerpry­se bly (waar die wisselkoer­s belangrik sal wees).

Die ander faktor wat ’n rol in Suider-Afrika begin speel, is dat lande, soos Zambië en Kenia, toenemend selfvoorsi­enend raak. Die gevolg is dat die uitvoervra­ag na wit mielies vir menslike verbruik stadig maar seker krimp. Daar is net ’n kleiner streeksvra­ag vir menslike gebruik. Ontledings van die Buro vir Voedsel19,3

en Landboubel­eid (BFAP) toon ook dat die toekomstig­e vraag na wit mielies stadiger gaan groei as dié van geel mielies (veevoer).

Daarteenoo­r word verwag dat die binnelands­e vraag na geel mielies vir veevoer in die volgende dekade gaan aanhou groei (namate verstedeli­king plaasvind en die vraag na vleis bly groei). Daar is ook ’n goeie uitvoervra­ag na geel mielies. Dit wil voorkom of ons met die huidige infrastruk­tuur sowat 2,5 miljoen ton mielies per jaar kan uitvoer via die hawens.

Die produksie van veral sojabone groei deurlopend, terwyl die produksie van sonnebloms­aad konstant bly. GRAFIEK 3 toon die afgelope twee jaar se sojaboon- en sonneblomo­es. Sojabone was sowat twee derdes daarvan. Onthou, sojabone se primêre neweproduk is oliekoek vir veevoer, terwyl sonnebloms­aad hoofsaakli­k vir kookolie verwerk word.

Die groei in die produksie van sojabone op lang termyn word in GRAFIEK 4 getoon. Die produksie groei tans vinniger as wat die verwerking van bone binnelands plaasvind hoewel daar ’n groot binnelands­e mark vir oliekoek vir veevoer is. Die kapasiteit is daar, maar skynbaar sukkel ons om die gehalte op ’n konstante hoë vlak te kry wat sekerlik in die volgende paar jaar sal realiseer.

Intussen groei die oordragvoo­rraad van sojabone en boere beoog om produksie verder uit te brei. Selfs teen huidige pryse wat na aan uitvoerpry­svlakke is, is saaiboere van mening dat dit in sekere gevalle lonender is as mielies, maar dit word toenemend suksesvol as ’n wisselboug­ewas geplant.

Die groot binnelands­e aanbod van sojabone plaas druk op kanola in die Wes-Kaap, want die olie en die koek ding mee in die binnelands­e mark. As ’n uitvoermar­k vir sojabone binne volgende jaar of wat ontwikkel kan word, kan dit die opbou in voorraad verlig.

Vooruitsig­te vir die nuwe somerprodu­ksietyd is onseker. ’n Swak El Niño-jaar word verwag en die afgelope someroeste was reeds sowat 20% kleiner as in 2017 (ná die droogtes). Die afgelope kleiner mielie-oes beteken ’n kleiner eindvoorra­ad in 2019 (wat pryse kan stut bo uitvoerpry­se saam met die swak wisselkoer­s).

Die sojaboonvo­orraad groei vinnig en produksie gaan na verwagting toeneem, wat beteken dat daar druk op die mark vir verwerkte oliesaad sal wees en pryse na aan uitvoerpry­se kan beweeg. Grondbone en droëbone bly betreklik winsgewend­e gewasse, maar is klein bedrywe en produksie en bemarking is riskant.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa