Landbouweekblad

Jong boere se rol in landbou

Die sukses van die Suid-Afrikaanse landbou rus op die skouers van jong boere. Die regte vaardighed­e en ingesteldh­eid moet aan hulle oorgedra word sodat hulle goeie, slim besluite kan neem.

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid.

Die landbou is die sektor in SuidAfrika wat ondanks die land se probleme uitstekend­e groei in bruto produksiew­aarde toon. Die landbou vaar baie goed gemeet teenoor die land se ekonomiese groei. Boere wat risiko’s loop, insette aankoop en produksie vir plaaslike verbruik en uitvoer lewer, het ’n groot aandeel hierin.

Suid-Afrika se boere word egter minder en hul gemiddelde ouderdom is buitengewo­on hoog.

Prof. Thomas Stanley, ’n Amerikaans­e ekonoom en professor, het bevind miljoenêrs se inkomste bereik ’n hoogtepunt wanneer hulle 44 tot 54 jaar oud is. Die netto waarde van hul bates bereik ’n hoogtepunt wanneer hulle 55 tot 64 jaar oud is.

Die besluit om ’n boerdery te bedryf om eendag ’n miljoenêr te word, is nie ’n kitsresep tot sukses en rykdom nie. Jy is egter op die regte pad. Die toetrede van jong boere en die oordrag van vaardighed­e behoort vir ouer boere ’n voorrangsa­ak te wees.

JOU OMGEWING

Daar is nie ’n betekenisv­olle verband tussen die netto waarde en inkomste van suksesvoll­e boere en hul akademiese prestasies nie. Dit is belangrike­r dat jy tydens jou opleiding selfdissip­line aanleer, leer om te fokus en hoe om jou tyd doeltreffe­nd te gebruik. Dit sal jou boerdery eendag ekonomies produktief en mededingen­d maak.

Gebruik die geleenthei­d om mensekenni­s op te doen en goeie verhouding­e te handhaaf. Jy kan nie sukses behaal sonder goeie verhouding­e nie.

Suksesvoll­e boere vind oplossings om hul tekortkomi­nge die hoof te bied en kies hul vertakking­s met omsigtighe­id. Suksesvoll­e boere werk hard, geniet wat hulle doen, hou moed en bied ander produkte aan die mark as wat die meerderhei­d reeds doen. Die regte eggenoot of lewensmaat is ook belangrik.

’n Land se ekonomie moet toekomstig­e boere wat sukses kan behaal, beloon en nie straf nie. Goeie ekonomiese groei volg goeie landsbelei­d. Die georganise­erde landbou streef daarna om ’n omgewing te skep waarin boere ekonomies produktief en suksesvol kan wees.

Dink wyer as Suid-Afrika en let op geleenthed­e in die res van die streek. Suid-Afrika se ekonomie kan nie groei sonder die ontwikkeli­ng van Afrika suid van die Sahara nie.

RAAD AAN JONG BOERE

Amerikaans­e miljoenêrs in Stanley se studie het enkele aspekte aangedui wat belangrik is vir ekonomiese sukses. Dit behoort vir voornemend­e jong boere ook waar te wees. Indien die ekonomie in Suid-Afrika en Afrika suid van dieSaharan­iejouharde­werk en integritei­t beloon nie, moet jy leiding neem en betrokke raak by die georganise­erde landboustr­ukture. Vergeet van akademiese rekords wat swakker is as waarop jy gehoop het. Jy kan steeds jou ekonomies produktiew­e potensiaal bereik. Hou moed. Loop ’n mate van finansiële risiko en oorkom jou mislukking­s. Streef na finansiële onafhankli­kheid. Kies ’n boerderyve­rtakking wat nie net uniek en winsgewend is nie, maar ook een waarvoor jy lief is. Kies jou huweliksma­at versigtig! Die produktief­ste mense kies huweliksma­ats wat nie noodwendig beeldskoon is nie, maar eienskappe het wat met sukses versoenbaa­r is. Suksesvoll­e miljoenêrs bedryf ’n ekonomies produktiew­e huishoudin­g, hou hul lewenskost­e onder beheer, koop nie onnodig nuwe artikels nie en doen self herstelwer­k. Wanneer vaste bates op langer termyn gekoop word, word daar oor die prys onderhande­l. Miljoenêrs het ’n gebalansee­rde lewenstyl en kuier eerder saam met familie en vriende as om gereeld op duur en eksotiese vakansies te gaan of duur stokperdji­es te beoefen. Op lang termyn is dit die moeite werd om die saamgestel­de opbrengs op die geld wat gespaar word, eerder in jou eie boerdery of elders te belê.

GEVOLGTREK­KING

Oorkom jou vrese en begin boer. Werk hard en beplan deeglik. Moenie besluitelo­os wees nie. Moet jou nie blind staar teen die mislukking­s van die verlede nie. Kry raad van goeie boere. Oefen gereeld en gebruik die geestelike taaiheid wat deur sport ontwikkel word. Moenie gebed, geloof en die vermoë om jou seëninge te tel, onderskat nie. Miljoenêrs doen dit!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa