Landbouweekblad

Só lyk ’n begroting

Hoewel die opstel en navolging van ’n maandeliks­e begroting aanvanklik na baie werk kan lyk, sal dit alles die moeite werd wees wanneer jy daardie eerste doelwit bereik het.

- Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG.

Mense wat nie beplan nie, beplan om te misluk. Sonder beplanning is dit onmoontlik om finansiële welvaart te bereik. Finansiële beplanning begin dus met ’n begroting. As jy nie weet wat jou inkomste en uitgawes is en dit balanseer nie, het jy geen beheer oor jou geldsake nie. Tog is dit skrikwekke­nd hoe min mense werklik ’n begroting het. Elke maand word dit wat in die bankrekeni­ng is, opgebruik, en die kredietkaa­rt word gebruik om die tekorte aan te vul.

Deur middel van ’n begroting kan ’n mens, huishoudin­g en ondernemin­g baie beter vir die toekoms beplan. Dit maak dit ook makliker om te onderskei tussen wat jy graag wil hê, en wat jy werklik nodig het. ’n Begroting gee jou meer beheer oor jou geld en help jou om op jou doelwitte toegespits te wees. Hier volg ’n paar eienskappe van ’n goeie begroting.

DOELWIT

’n Begroting wat net jou geld tel, het nie veel waarde nie. Bepaal ’n doelwit en bou dan die begroting om daardie doelwit te bereik. Met spesifieke doelwitte is dit baie makliker om by die begroting te hou. Die doelwit én die begroting kan ook soms verander word.

As jy reeds baie skuld het, kan jou doelwit wees om die skuld binne die volgende twee jaar af te los, of dit kan wees om binne die volgende drie jaar ’n deposito vir ’n plaas bymekaar te maak. Enigiets is reg, solank dit jou doel is.

VOLLEDIG

Maak seker jy weet wat die omvang, bron en datum van jou inkomste is. As dit ’n wisselende inkomste, soos oeste of kommissie, is, moet die bedrae wat jy voorsien, konserwati­ef wees. Jou begroting moet op die konserwati­ewe vlakke klop, en die res behoort ’n bonus te wees.

Maak seker jy skryf ál jou uitgawes neer. Niks verongeluk ’n begroting so vinnig as ’n uitgawe wat nagelaat is nie.

SPAAR EERS

Die reël is dat jy uitgee wat jy oor het nadat jy gespaar het, en nie dat jy spaar wat jy oor het nadat jy reeds uitgegee het nie. Begin dus met jou besparing vir ongeskikth­eid, aftrede en die dood van jou gade. As jy vroeg begin, neem dit 20% van jou inkomste in beslag, en ná 40 is dit reeds 50%. Wanneer jy ’n salarisver­hoging kry of die oes groter is as verwag, spaar eers voor jy die ekstra inkomste uitgee.

BUIGSAAM

Moenie ’n begroting opstel en dit dan ignoreer nie. Besef egter ook dat die inkomste en uitgawes nie altyd beheer kan word nie. As brandstof een maand te veel kos, moet jy kan aanpas en dalk minder gaan uiteet.

DIE ONVOORSIEN­E

Aanvaar dinge gaan gebeur waarvoor jy nie beplan het nie. Maak dus voorsienin­g vir ’n noodfonds. As jy jou noodfonds opgebou het tot minstens drie maande se uitgawes, kan jy begin om dit vir ander doeleindes te gebruik. Dit mag egter nie ’n vaste uitgawe wees nie, maar eerder vir die verhoging van ’n paaiement op skuld. Die rede is dat jy dalk oornag jou noodfonds kan opgebruik en dit dan van voor af moet aanvul.

NUTTIGE METODES Koevertjie­s

As dit vir jou moeilik is om by jou begroting te bly, kan die koevertjie­stelsel aanbeveel word. Elke uitgawe se geld vir die maand word in ’n koevertjie geplaas. Só sien jy presies hoeveel beskikbaar is en ook wanneer dit begin opraak. Dit sal baie sigbaar wees as jy geld uit ander koevertjie­s begin “steel”. Die visuele impak hiervan help om besteding ernstig in te kort.

Prioritise­er

Wanneer iets verkeerd loop met jou inkomste, veral as dit ’n wisselende inkomste is, is dit noodsaakli­k om dadelik uitgawes in te kort. Baie mense maak die fout om vir té lank hul lewenstyl te probeer handhaaf voor hulle begin inkort. Hoe vinniger dit egter gedoen word, hoe minder is die skade.

Om dít te kan doen, moet jy jou uitgawes prioritise­er. Besluit op ’n jaarlikse grondslag watter uitgawes jy dadelik sal besnoei as jy dalk ’n inkomstest­room verloor. Dit is geensins maklik nie, maar baie nodig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa