Landbouweekblad

Nuttig en nuut

-

LEDgroeili­gte word gebruik om plantopbre­ngs, eenvormigh­eid en smaak te verbeter, terwyl groeityd met tot 50% verkort kan word. Groeiligte is geskik vir gewasse en blomme (soos krisante) in tonnels en ook vir hidroponie­se, akwaponies­e en aëroponies­e stelsels.

LEDgroeili­gte hou groot voordele vir pluimveebo­ere in. Verskillen­de ligkombina­sies verbeter die groei van braaihoend­ers, eenvormigh­eid en karkasopbr­engs. Lêhenne onder groeiligte se eierproduk­sie is hoër. Voerverbru­ik kan verminder word sonder ’n afname in produksie.

BElite se robuuste LEDligte kan danksy optimale lig

verspreidi­ng sowat 70% energie bespaar.

Die ligte kan volgens persoonlik­e spesifikas­ies vervaardig word om enige stelsel te pas. BElite Technologi­es vervaardig ook LEDveiligh­eidsligte vir boere, met verskeie ligte vir daaglikse gebruik of in die geval van ’n kragonderb­reking.

BElite se drywers kan spanningsv­lakke van 90 V tot 300 V behartig.

Alle produkte het ’n driejaarwa­arborg en kan in ’n bestaande elektrisit­eitsnetwer­k of met sonkrag gebruik word. PRYS: Vanaf R900.

NAVRAE: Webwerf: belite.co.za; me. Alet de Villiers, e-pos: aletdv@ belite.co.za, sel. 066 483 3177.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa