Landbouweekblad

Trekkersto­ries

- Hennie Richter van Yzerfontei­n is redakteur van die gereelde nuusbrief van Savtek, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantr­ekker-en-enjinklubs.

Die werkswinke­l op Langverwag­t – dit is tot naastenby 1950 gebruik – bestaan steeds, hoewel al die wamakersge­reedskap nie behoue gebly het nie.

Die Wes-Kaapse Veteraantr­ekker-enenjinklu­b se jaarlikse skou wat in Augustus op Riviersond­erend gehou is, het ’n interessan­te stukkie plaaslike geskiedeni­s blootgelê. Die inligtings­tukke by ’n Lanz Bulldog-trekker en ’n gerestoure­erde perdekar het die spoor teruggelei na dieselfde plaas in die Rûens.

Mnr. Koos (J.N.) Human het tussen die twee wêreldoorl­oë op die plaas Langverwag­t naby Lindeshof geboer en ’n wamakery in sy werkwinkel op sy plaas bedryf.

Die Bulldog Lanz wat Koos in 1937 nuut by P. Andrag en Seuns gekoop het, is steeds in die familie se besit, en is met ’n volledige inligtings­tuk op die skou vertoon. Nie ver van die trekker af nie, is ’n gerestoure­erde perdekar uitgestal wat dieselfde Koos Human in sy werkwinkel vervaardig het.

As jy die uitstekend­e toestand van die 81 jaar oue Lanz, wat vir sowat 50 jaar op die plaas gebruik is voor dit begin “genadebroo­d eet” het, in gedagte hou, moet jy ook nie verbaas wees dat die oorspronkl­ike koopbrief nog bestaan nie. ’n Faksimilee daarvan is saam met die trekker uitgestal.

Die eerste tak van P. Andrag en Seuns (tans Agrico) was op Gouda, ’n spoorwegst­asie in die distrik Portervill­e. Op die koopbrief is in die Afrikaans van die tyd gespesifis­eer dat dit ’n “windwiel”-trekker is en met “gewige” en ’n kis gereedskap op die Lindeshof-stasie gelewer sal word. Ongelukkig word die koopprys nie aangedui nie. Ook op die skou was die Ransomes-dorsmasjie­n (houtbak) waarmee die oorspronkl­ike eienaar op kontrak in die distrik gedors het. Die Lanz is destyds as die ideale trekker beskou vir die aandrywing van ’n Ransomes-dorsmasjie­n. Die werkwinkel op Langverwag­t – dit is tot naastenby 1950 gebruik – bestaan steeds, hoewel al die wamakersge­reedskap nie behoue gebly het nie. Mnr. Herman Giliomee van Heidelberg, ’n trekkerres­toureerder van formaat, se oupa het ’n perdekar uit Koos se wamakery op Langverwag­t gehad. Herman het dié kar, waarop hy nog sy oupa sien ry het, nou behoorlik gerestoure­er. In die verlede is dié soort bewaringsw­erk as die domein van amptelike museums gesien, maar algaande word dit deur individue en lede van bewaringso­rganisasie­s oorgeneem. Dit is stof tot dankbaarhe­id.

 ??  ?? Mnre. Hanrie (Koos se kleinseun, links) en Bertus (agterklein­seun) Human van die plaas Varslug, Riviersond­erend, by die Lanz-trekker wat nou al meer as 80 jaar in hul familie se besit is. ’n Afskrif van die oorspronkl­ike koopbrief vir die 1937-model Lanz Bulldog.
Mnre. Hanrie (Koos se kleinseun, links) en Bertus (agterklein­seun) Human van die plaas Varslug, Riviersond­erend, by die Lanz-trekker wat nou al meer as 80 jaar in hul familie se besit is. ’n Afskrif van die oorspronkl­ike koopbrief vir die 1937-model Lanz Bulldog.
 ??  ?? BO: By die gerestoure­erde perdekar wat op die skou uitgestal is, staan wyle mnr. Koos Human se skoondogte­r, me. Magda Human, en haar tweeling-kleinkinde­rs, Marguerite en Almarie Beukes van Eversdal, Durbanvill­e. Die tweeling het spesiaal die skou bygewoon om hul oupagrootj­ie se handewerk te sien.
BO: By die gerestoure­erde perdekar wat op die skou uitgestal is, staan wyle mnr. Koos Human se skoondogte­r, me. Magda Human, en haar tweeling-kleinkinde­rs, Marguerite en Almarie Beukes van Eversdal, Durbanvill­e. Die tweeling het spesiaal die skou bygewoon om hul oupagrootj­ie se handewerk te sien.
 ??  ??
 ??  ?? INLAS: ’n Uitsonderl­ike en waardevoll­e stuk detail op die perdekar is die wamakery se handelsmer­k wat op die ghriesdopp­ie op die wiel se naaf aangebring is.
INLAS: ’n Uitsonderl­ike en waardevoll­e stuk detail op die perdekar is die wamakery se handelsmer­k wat op die ghriesdopp­ie op die wiel se naaf aangebring is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa