Landbouweekblad

Wynbrokkie­s

OPSKUD! DIS AMPER KERSFEES!

-

Keer tradisie vanjaar so ietwat op sy kop deur ’n luukse sjokoladeg­eur aan jou vrugtekoek te verleen.

Bak die koek betyds en voer dit ’n eetlepel of wat soetwyn elke week, vir ’n ryk, klam koek wat sommer lank sal vars bly. Dié resep kom van Allesverlo­ren, die oudste wynplaas in die Swartland, wie se muskadel ekstra skop sal verleen.

Muskadel-sjokolade-vrugtekoek Bestanddel­e

1 kg vrugtekoek­mengsel 240 g botter 1 eetlepel gemaalde koffie 1 eetlepel gemengde speserye 400 ml water 240 g suiker 1 koppie gouestroop 1 koppie Allesverlo­ren Rooi Muskadel 4 eiers 4 eetlepels kakao 300 g koekmeel teelepel bakpoeier teelepel koeksoda

Metode

Voorverhit die oond tot 140 °C. Voer twee koekpanne met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de kossproei. Voeg die vrugtekoek­mengsel, botter, koffie, speserye, water, suiker, stroop en muskadel saam in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt en laat dit vir 5 minute prut. Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Klits die eiers met ’n elektriese klitser, voeg die vrugtekoek­mengsel en die res van die droë bestanddel­e byenmenggo­ed. Skep die beslag in die voorbereid­e koekpanne en bak vir 90 minute. Die koek is gaar wanneer ’n toetspen skoon uitkom. Laat dit effens afkoel en sprinkel twee eetlepels rooi muskadel oor die koek voor jy dit heeltemal laat afkoel. Jy kan die koek een eetlepel muskadel per week voer. Vir 2 x 20 cm-koeke van sowat 5 cm hoog.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa