Landbouweekblad

Agri SA-kongres: Boere kry Cyril voor stok

- — NICO VAN BURICK

SUID-AFRIKA se boere wil hoor dat pres. Cyril Ramaphosa self die erns van plaasmoord­e erken en hom daaroor uitspreek. Dít was die duidelike boodskap van mnr. Dan Kriek aan die President in sy voorsitter­srede op Agri SA se kongres in Pretoria.

“Die President is self ’n boer en een van ons. Ek het geen twyfel dat hy ten volle bewus is van die erns van misdaad op plase nie. Hy moet die leiding neem en hom daaroor uitspreek.”

Kriek het in sy boodskap aan Ramaphosa ook gevra om toe te sien dat daar ’n doeltreffe­nde vervolging­sgesag is om misdaad te help bekamp. Hy moet ook die Minister van Polisie verantwoor­dbaar hou vir die rol wat hy in die bestryding van misdaad moet speel.

Hy het gesê droogte, plaas- moorde en geweld is boere se grootste kwellinge.

“Die mate waarin boere en plaaswerke­rs aan die wreedheid van plaasaanva­lle uitgelewer is, is onaanvaarb­aar. Dit bly ’n enorme probleem waarvan Suid-Afrikaners en die wêreld moet kennis neem. Agri SA veroordeel die misdaad ten sterkste.”

SLAGOFFERS

Onlangse navorsing wat met die

‘Die mate waarin boere en plaaswerke­rs aan die wreedheid van plaasaanva­lle uitgelewer is, is onaanvaarb­aar.’

samewerkin­g van die Buro vir Marknavors­ing by Unisa gedoen is, toon dat 7 uit elke 10 kommersiël­e boere wat aan die opname deelgeneem het, in 2017 misdaad in die een of ander vorm ervaar het. In die afgelope drie jaar het 33% van boere ’n toename in misdaad ervaar. Die totale misdaadver­wante koste vir die landbou in 2017 was R7,7 miljard.

In sy boodskap aan Ramaphosa het Kriek gesê: “Ons sal u ten volle steun in die bestryding van misdaad en ons samewerkin­g bied. Ons sal u ook ten volle steun in u pogings om werk te skep en die ekonomie te laat groei. Agri SA sal u ook na die beste van sy vermoë adviseer oor die pad vorentoe sodat ons almal oor tien jaar kan terugkyk en sê ons leef in ’n beter Suid-Afrika.

“Die landbou is ’n sonopkomsb­edryf met plek vir almal. Die toekoms sal suksesvol wees omdat ons as boere dit suksesvol sal maak.”

Kriek het gesê ná die grondberaa­d wat by Bela-Bela saam met Landbouwee­kblad aangebied is, kan niemand sê boere gaan nie vooruit nie en dat hulle nie die leiding wil neem met transforma­sie nie.

Hy het die kongres beskryf as ’n waterskeid­ingsoombli­k vir die landbou. Dit skep die geleenthei­d om die regte besluite oor die toekoms te neem. Visioenêre leierskap is daarvoor nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa