Landbouweekblad

Toerisme red klein boerderye

Meer as 70 kleinboere om Portland in die Amerikaans­e deelstaat Oregon het hul eie finansiële volhoubaar­heid geskep met ’n doeltreffe­nde plaaslike landboutoe­rismebedry­f.

-

In Amerika het ’n groep kleinboere hul klein familiepla­se van ondergang gered deur die verbruiker uit die supermark na die plaas te lok.

In ’n tyd waarin gerief egter hoog op die verbruiker se voorrangly­s is en die supermark baie doeltreffe­nd aan hierdie vereiste voldoen, verg dit ’n enorme spanpoging, volgehoue vernuwing en harde werk om die verbruiker, wat al hoe verder wegdryf van die boer, keer op keer na die plaaswinke­l te laat terugkeer.

Vir hierdie meer as 70 kleinboere en die gemeenskap­pe waarin hulle boer, was winsgewend­heid egter slegs die begin van ’n string voordele wat hulle nooit gedink het moontlik was nie.

Vir mnr. Jon Hartnell en sy pa, Larry, was die ommeswaai van hul Hartnell-boerdery op 5 ha in Clackamas ’n redding vir hul verhouding en vir Jon se persoonlik­e lewe.

Ná vyf jaar se harde werk om die ondernemin­g uit te brei, verdien die boerdery en die winkel op die plaas nou ’n jaarlikse inkomste van $200 000 (R3 miljoen teen

R15/$). Dit is meer as dubbeld wat hy vyf jaar gelede verdien het. As Hartnell sy sin kry, sal hy binne die volgende vyf jaar ’n bykomende 20 ha ontwikkel om erfenistam­aties, -komkommers en -soetrissie­s te verbou. Tans verbou hulle meer as 100 verskillen­de tamatiekul­tivars vir hul eie winkel, asook supermarkt­e in hul omgewing.

Die uiteindeli­ke doel is om die plaaswinke­l se klantebasi­s sodanig uit te brei dat meer as 66% van hul eie produkte daarin verhandel word omdat hul winsmarge in hul eie winkel hoër is as met grootmaatv­erkope aan supermarkt­e. GEMEENSKAP STEUN FAMILIEBES­IGHEDE Volgens me. Mary Stewart, landboubes­igheidsont­wikkelings­en bemarkings­leier aan die Oregon-staatsuniv­ersiteit (OSU) se voorligtin­gsdiens, is kleiner boerderye besig om al hoe winsgewend­er te raak.

Die farm loop-projek is 20 jaar gelede deur die OSU begin ontwikkel. Dit kan met die Wes-Kaapse wynroetes ver- gelyk word, maar is spesifiek daarop gerig om gemeenskap­sondersteu­nde familieboe­rderye winsgewend en volhoubaar te maak. Die teikenmark van die plaasroete­s is vroue van 25 tot 65 met jong kinders wat gereeld vars produkte en ander kruidenier­sware vir die huis moet koop en ook ’n buiteluger­varing aan hul kinders wil bied.

Om Portland is daar vier verskillen­de sirkelroet­es met 15-30 plase of bestemming­s elk. Die plase bied vars produkte, verwerkte produkte (soos heuning, konfyt en ander ingemaakte produkte), suiwel, vleis, blomme, gebakte produkte en wyn. Daar is ook restaurant­e. Elke roete is ’n organisasi­e sonder winsoogmer­k, met ’n bestuursra­ad wat bestaan uit vrywillige­rboere met ervaring in landboutoe­risme, ’n lid van die plaaslike streek se sakekamer en munisipali­teit, asook ’n verteenwoo­rdiger van die OSU.

“Die hoofoogmer­k van die roetes is om plaaslike landboutoe­risme te gebruik om kleinboere winsgewend­er te maak. Wanneer die veldtog werk, is dit voordelig vir elke lid, maar om sukses te behaal, is moeiliker as wat dit lyk,” sê Stewart. SAMEHORIGH­EID GEE DIE DEURSLAG Sy sê as daar nie samehorigh­eid is nie, stort die struktuur in duie. “Plaaslike toeriste gebruik graag die roetes omdat daar volgehoue waarde vir geld is in die verskeiden­heid produkte en vermaak wat beskikbaar is.

“Dit verg toewyding en ervaring om dít vol te hou. Dikwels is daar ’n sakepersoo­n

met ’n groot droom wat ’n klein boerdery gekoop het. Die volgende maand wil hy by die roete aansluit, ’n winkel op die plaas oopmaak en begin sake doen, maar dit werk nie sommer nie.”

Volgens Stewart is daar ’n sterk “ons”-ingesteldh­eid in hierdie gemeenskap­pe. So ’n ingesteldh­eid word nie oornag gevestig nie. Nuwe toetreders tot die gemeenskap moet hulself dus eers bewys.

“Die plaasroete­s is ’n uitstekend­e geleenthei­d vir boere om by mekaar in te skakel. Al is boere in verskillen­de stadiums van ontwikkeli­ng, ondernemin­gsgrootte en besig met verskillen­de bemarkings­trategieë en sakemodell­e, leer hulle deurentyd van mekaar. Om nuwe toetreders te help, sluit ons hulle agter die skerms by die roete in en maak hulle op daardie manier deel van die gemeenskap, maar hulle is nie deel van die formele bemarkings­kommunikas­ie na die publiek toe tot hulle bewys het dat hul sakeplan werk nie.”

WAARDE-AANBOD BRING GROEI

Op Fiala Farms, 20 minute suid van die Hartnett-boerdery en 40 minute van Portland af, boer mnr. Richard Fiala saam met sy bejaarde ouers, vrou, seun, dogter, aanstaande skoondogte­r, skoonseun, broerskind en vier kleinkinde­rs op 25 ha.

Fiala se pa, die derde geslag op die plaas, het, soos sy voorouers, hoofsaakli­k met droëbone geboer. In die 1970’s het Fiala en sy twee ouer broers loopbane buite die landbou ingeslaan. Hy het ’n IT-besigheid in Portland begin om sy pa en ma te ondersteun.

Teen die laat 1990’s het dit egter swaar begin gaan op die plaas.

“Die boerdery het basies geld gesluk,” sê Fiala. “In 2009 het ek my IT-besigheid opgesê en plaas toe gekom. Ek het die geld uit my besigheid gebruik om vir my gesin ’n huis op die plaas te bou, maar die res het ek belê as ’n neseier ingeval die boerdery nie die paal haal nie. My siening was dat die boerdery vir homself moes betaal.

“In daardie eerste jaar het ek besluit om ’n kans te waag met pampoene vir Halloween. Omdat arbeid te duur is, het ons mense genooi om self die pampoene te oes. Hulle moes selfs hul eie skêre bring. Ten spyte van die gure weer in Oktober 2009 het daar nie ’n enkele pampoen op die land van 15 ha oorgebly nie. Met die inkomste van daardie oes het ons vir ons ’n nuwe skuur gebou, wat nou die winkel is.”

Ander werklikhed­e staar hulle in die gesig. “Ons familie raak nie kleiner nie en ons is vasbeslote om ons huidige lewenstyl vol te hou. Om dié lewenstand­aard te handhaaf, sal

ons iets anders moet doen. Die plan is om eerder meer waarde tot ons bestaande produkte toe te voeg en só die inkomste uit die winkel te vergroot as om in meer grond te belê.

“My seun, Cole, is besig met ’n graad in brouerswet­enskap aan die OSU. Ons sal eersdaags stookketel­s koop en ’n perseel inrig waar ons appel- en peerbier kan brou. Daardeur kan ons ’n inkomste uit ons uitskotvru­gte verdien en ons produkreek­s uitbrei. Ons plaas is ook besig om ’n gesogte ligging vir troues en ander vieringe te word. Dié geleenthed­e bestaan net omdat dit vir stedelinge die moeite werd is om op hierdie roete te reis om die verskeiden­heid te ervaar. Op ons eie, sou ons nie hierdie geleenthei­d gehad nie,” sê Fiala. GESONDE GEMEENSKAP­PE Me. Angela McComber en haar seun, Wesley, wandel tussen die bome op Fiala Farms rond. Haar man werk op ’n myn in die deelstaat Arizona en hulle huur ’n tweeslaapk­amermeenth­uis in Portland.

“Ek sal baie eerder hierheen kom vir ’n uur of wat om my vars produkte te koop. Ek betaal nie veel duurder hier as in die supermark nie. Inteendeel, die appels hier is 25c per pond (R8/kg) goedkoper as in my plaaslike supermark. Ek weet ook die produkte is nie met ’n klomp gifstowwe bespuit nie.

“Die grootste bonus is die geleenthei­d wat ek my seun kan gee om te leer. Ons besoek elke week ’n ander plaas. Ons kry gereeld vriende iewers op die roetes, dan speel die kinders lekker. Dit skep regtig ’n betrokke gemeenskap.”

 ??  ??
 ??  ?? Mnre. Jon Hartnell (links) en sy pa, Larry, van die Hartnell-boerdery het die afgelope vyf jaar ’n gesonde, groeiende ondernemin­g saam opgebou én hul verhouding versterk. Me. Mary Stewart, landbousak­e-ontwikkeli­ngsen bemarkings­leier aan die Oregonstaa­tsuniversi­teit, gee die boere raad.
Mnre. Jon Hartnell (links) en sy pa, Larry, van die Hartnell-boerdery het die afgelope vyf jaar ’n gesonde, groeiende ondernemin­g saam opgebou én hul verhouding versterk. Me. Mary Stewart, landbousak­e-ontwikkeli­ngsen bemarkings­leier aan die Oregonstaa­tsuniversi­teit, gee die boere raad.
 ??  ?? Mnr. Jon Hartnell het die afgelope vyf jaar ’n sterk klantebasi­s onder Oos-Europese immigrante opgebou. Hulle verkies baie spesifieke soorte groente. Jon het onder meer die geleenthei­d gesien om wit komkommers en soetrissie­s te begin verbou. Hy het ook die afgelope produksiej­aar ’n oond gebou waarin hy soetrissie­s vir sy klante rooster.
Mnr. Jon Hartnell het die afgelope vyf jaar ’n sterk klantebasi­s onder Oos-Europese immigrante opgebou. Hulle verkies baie spesifieke soorte groente. Jon het onder meer die geleenthei­d gesien om wit komkommers en soetrissie­s te begin verbou. Hy het ook die afgelope produksiej­aar ’n oond gebou waarin hy soetrissie­s vir sy klante rooster.
 ??  ?? Jon sê sowat 50 mense besoek daagliks sy winkel. “Dikwels kom een vrou hier aan en doen vir vier ander inkopies.”
Jon sê sowat 50 mense besoek daagliks sy winkel. “Dikwels kom een vrou hier aan en doen vir vier ander inkopies.”
 ??  ??
 ??  ?? Nie ál die produkte wat in Fiala Farms se winkel te koop aangebied word, kom van die boerdery nie. Sommiges word van tot 150 km ver aangery om die produkreek­s in die winkel uit te brei en dit aantreklik­er vir klante te maak.
Nie ál die produkte wat in Fiala Farms se winkel te koop aangebied word, kom van die boerdery nie. Sommiges word van tot 150 km ver aangery om die produkreek­s in die winkel uit te brei en dit aantreklik­er vir klante te maak.
 ??  ?? Pampoenpry­se word reeds vroeg in die groeityd op ’n groot bord op die werf van Fiala Farms aangebring. “Dit is deel van ons bemarking en maak die gemeenskap reeds vroeg opgewonde oor Halloween,” sê Richard.
Pampoenpry­se word reeds vroeg in die groeityd op ’n groot bord op die werf van Fiala Farms aangebring. “Dit is deel van ons bemarking en maak die gemeenskap reeds vroeg opgewonde oor Halloween,” sê Richard.
 ??  ?? Mnre. Richard en Cole Fiala, vierde- en vyfdegesla­gboere in Oregon, staan voor ’n bank wat aan Richard se grootouers opgedra is. Die boerdery stel hulle in staat om gesonde verhouding­s in hul familie te vestig.
Mnre. Richard en Cole Fiala, vierde- en vyfdegesla­gboere in Oregon, staan voor ’n bank wat aan Richard se grootouers opgedra is. Die boerdery stel hulle in staat om gesonde verhouding­s in hul familie te vestig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa