Landbouweekblad

Die strewe na groter veewins: Só klop presisieso­m & lê klem op vrugbaarhe­id

Skaapboere, soos mnr. Kobus Horne van Riversdal, belê toenemend in presisieto­erusting namate vleis- en wolpryse styg.

-

Voorheen h et dit hom ses uur gekos om 1 200 ooie te weeg. Deesdae handel hy dié taak binne drie uur af met net die helfte van die werkers wat vroeër daarvoor nodig was. Só sê mnr. Kobus Horne van die plaas Pienaarsri­vier buite Riversdal in die Suid-Kaap. Hy het onlangs ’n nuwe outomaties­e vyfrigting-sorteerska­al met krale in die vorm van ’n wawiel daaromheen op Pienaarsri­vier geïnstalle­er. Verskillen­de groepe skape word met outomaties­e swaaihekke vanaf die skaal na die onderskeie krale afgekeer. Elke dier het ’n elektronie­se oorplaatji­e wat outomaties deur die skaalreken­aar gele es word, waarna die dier se besonderhe­de op die rekenaarst­elsel aangeteken word. Dié plaatjie vorm die kern van die presisiest­elsel. Dit kan volkome naspeurbaa­rheid verseker omdat enige inligting oor ’n dier daarop vasgelê kan word. Dit sluit van ouerskapin­ligting tot groeidata in. Horne, wat met Merino’s boer en met ’n betreklik klein werkerss ’n voerkraal op die plaas bedryf, sê hoewel dié skaalstels­el van die ondernemin­g RFID Experts Africa ’n groot

kapitaalui­tgawe vereis, maak dit vir hom van die begin af finansieel groot sin.

Met die skandeerde­r wat deel van die stelsel vorm, kan elke ooi se individuel­e inligting gelaai word – byvoorbeel­d of sy ’n twee- of eenling gehad het, watter ram haar gedek het, en of sy in haar eerste of tweede siklus gevat het. Daar kan ook presies rekord gehou word van die afsonderli­ke ooie se wolvaggewi­gte. Dié soort inligting is selfs belangrike­r vir stoetteler­s, wat die inligting oor individuel­e diere na hul veilingkat­alogusse kan deurtrek.

Tweelinge en ’n swaar vag is vir bykans alle moderne skaapboere voorvereis­tes.

Horne voeg by dat die doeltreffe­ndheid van die stelsel bepaal word deur die akkuraathe­id waarmee sulke inligting in die skandeerde­r gelaai word – wat ’n menslike faktor is. Die sleutel tot die stelsel se sukses is dat die invoer van hierdie data so akkuraat as moontlik moet wees.

As die stelsel reg gebruik word, stel dit ’n boer in staat om so gou moontlik swak groeiers uit te skot sodat hy nie onnodig voer op hulle vermors nie.

Ooie met tweelinge kan geselektee­r word en hul voeding kan dienooreen­komstig verhoog word teenoor die eenlingooi­e se rantsoene.

Deur hulle gereeld te weeg, kan hy ook verseker dat sy vervanging­sooie nooit gewig verloor nie en dus altyd ’n optimale dragtighei­dskoers handhaaf.

Horne is een van talle skaapboere wat die afgelope paar jaar toenemend in sulke presisiete­gnologie belê. Dít gebeur te midde van ’n byna deurlopend­e styging in skaapvleis­pryse die afgelope sowat tien jaar. HOË PRYSE SAL VOORTDUUR

Statistiek­e van die Suid-Afrikaanse Vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic) wys dat die prys van klas A-skaapvleis van net bo R30/kg in Desember 2008 gestyg het tot die heersende vlak van sowat R80/kg. Klas B- en klas C-pryse het dienooreen­komstig gestyg.

Prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom, voorspel ’n gemiddelde plaaslike prys van R75/kg vir klas A-skaapvleis vanjaar, R68/kg vir klas B en R60/kg vir klas C. Dié verwagting vergelyk besonder goed teenoor 2014 se onderskeid­elik R50,08/kg, R38,01/kg en R36,48/kg.

Willemse voorspel dat vleispryse hoog gaan bly omdat kuddes in die Oos- en NoordKaap in die afgelope droogtejar­e sleg uitgedun is, en pryse dus vir minstens die volgende twee tot drie jaar hoog behoort te bly namate boere kuddes herbou.

Wat wol betref, verwag hy verdere nuwe rekordprys­e wat die winsgewend­heid van skaapboerd­ery nóg sal laat styg. HOËR WAARDE, GROTER PRESISIE

Hoe hoër die waarde van ’n produk, hoe groter presisie verg dit noodwendig van die boer wat dit produseer, sê mnr. Alex Cilliers, hoof van die landboumaa­tskappy GWK Farm Foods se vleisafdel­ing.

Hy sê dit is inderdaad ’n neiging onder skaapboere, veral dié met voerkrale op die plaas, om toenemend in die rigting van presisieto­erusting, soos die RFID-stelsel, te beweeg om noukeurige­r te kan meet en weet.

“Hoe meer data, hoe beter. Deesdae is dit eintlik baie moeilik om ’n voerkraal daarsonder te bedryf.”

Benewens presisiebe­stuur is volkome naspeurbaa­rheid die ander groot voordeel wat hierdie soort stelsels bied, sê Cilliers.

Tans is uitvoermar­kte soos Europa vir Suid-Afrika gesluit omdat die land, anders as Namibië, nie ’n oorkoepele­nde nasionale naspeurbaa­rheidstels­el het nie. Met ’n stelsel soos wat RFID bied, is sulke uitvoer wel binne bereik, sê mnr. Schalk de Villiers, visehoof en sake-ontwikkeli­ngsbestuur­der by RFID Experts Africa.

Hy sê daar is die afgelopee tyd ’n beduidende toename in verkope van hul presisiest­elsel onder plaaslike skaapboere. Dit word grootliks plaaslik vervaardig en is aansienlik goedkoper as die soortgelyk­e ingevoerde produk. In Junie alleen het hulle sewe nuwe stelsels verkoop en in Augustus vyf.

’n Stelsel word vir elke individuel­e boer uit die onderskeie RFID-komponente saamgestel, na gelang van sy behoefte.

Die stelsel met ’n vyfrigting-sorteerska­al kos tipies R178 000, plus R18 000 vir die data-leser.

Die wawielkral­e om so ’n skaal, wat 1 600 skape op ’n slag kan behartig, kos R250 000 as dit gegalvanis­eerd is en R175 000 as dit net geverf is.

Die elektronie­se oorplaatji­es is ’n verdere noemenswaa­rdige uitgawe in die eerste produksie-siklus. Dit beloop sowat R17 400 vir ’n kudde van 1 000 ooie. In daaropvolg­ende produksies­iklusse kan die plaatjies egter hergebruik word namate skape bemark word.

NAVRAE: Mnr. Kobus Horne, e-pos: horne@ easycoms.co.za; RFID-experts, tel. 021 556 0003.

‘Benewens presisiebe­stuur is volkome naspeurbaa­rheid die ander groot voordeel wat hierdie soort stelsels bied.’

 ?? FOTO’S: MARLEEN SMITH ?? Mnr. Kobus Horne (voor) en sy werkers mnre. Leon Hendricks (middel) en Petrus Hesqua (agter) jaag skape oor die presisiesk­aal in die outomaties­e drukgangst­elsel op Pienaarsri­vier.
FOTO’S: MARLEEN SMITH Mnr. Kobus Horne (voor) en sy werkers mnre. Leon Hendricks (middel) en Petrus Hesqua (agter) jaag skape oor die presisiesk­aal in die outomaties­e drukgangst­elsel op Pienaarsri­vier.
 ??  ?? Die rekenaar wat die hart van die presisiesk­aapstelsel op Pienaarsri­vier vorm. ’n Verskeiden­heid data kan vanaf elke individuel­e skaap se elektronie­se oorplaatji­e deur dié rekenaar vasgelê word.
Die rekenaar wat die hart van die presisiesk­aapstelsel op Pienaarsri­vier vorm. ’n Verskeiden­heid data kan vanaf elke individuel­e skaap se elektronie­se oorplaatji­e deur dié rekenaar vasgelê word.
 ??  ?? Mnr. Kobus Horne (voor) en sy bestuurder, mnr. Dirkie Liebenberg, op Pienaarsri­vier.
Mnr. Kobus Horne (voor) en sy bestuurder, mnr. Dirkie Liebenberg, op Pienaarsri­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa