Landbouweekblad

LANDBOUSEN­SUS BEGIN

- — CARIEN KRUGER

DIE sensus van die kommersiël­e landbou het op 15 Oktober by ’n eierboerde­ry buite Bapsfontei­n in Gauteng begin.

Mnr. Risenga Maluleke, statistiku­s-generaal, het die Janelda-boerdery van mnr. Jan Basson en sy vrou, Anelda, saam met veldwerker­s en joernalist­e besoek om die begin van die sensus bekend te stel.

Van die inligting wat in die opname gevra word, is watter struktuur van eienaarska­p gebruik

word, hoe groot ’n plaas is en wat verbou word.

“Ons stel nie belang in die name van die eienaars nie, maar in die struktuur,” het Maluleke gesê.

Hoewel wetgewing bepaal dat ’n boer ’n boete of tronkstraf opgelê kan word as hy of sy weier om vrae te antwoord, het hy gesê Statistiek­e SA stel nie daarin belang om boere te laat vervolg nie.

“Ons taak is meting.” Basson het gesê daar is niks “sinisters” in die vrae in die opname nie.

Kapt. Lucas Makuwa, waarnemend­e stasiebeve­lvoerder van die Welbekend-polisiekan­toor, het die amptenare van Statistiek­e SA na die plaas vergesel en het benadruk hoe belangrik dit vir boere se gemoedsrus oor vei-

ligheid is dat polisiekan­tore weet wanneer daar veldwerker­s in ’n gebied is.

Veldwerker­s dra blou beffies en pette wat aandui dat hulle van Statistiek­e SA is. Alle veldwerker­s dra ook identifika­siekaarte.

Boere wat twyfel oor iemand se identiteit, kan die inbelsentr­um by tel. 0800 212 169 skakel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa