Landbouweekblad

BEDRYF VEREER TALLE VIR VOLHARDING IN DIE LANDBOU

-

DIE Suid-Afrikaanse sagtevrugt­ebedryf het op sy 43ste jaarlikse gala-aand op Somerset-Wes eerbewyse vir uitsonderl­ike prestasie in die landbou oorhandig.

Sagtevrugt­e sluit appels, pere, appelkose, perskes, nektariens, pruime en pruimedant­e, kersies, tafeldruiw­e en gedroogde druiwe in. Hierdie vrugte word hoofsaakli­k in die Wes-Kaap verbou.

Mnr. Sivuyile Panya van Kromfontei­n in die Koue-Bokkeveld is as die Algemene Landbouwer­ker van die Jaar aangewys vir sy uitsonderl­ike werksetiek en boordvernu­f.

Mnr. Willem Booise, produksieb­estuurder van Bergendal naby Citrusdal, is as die Spesialisl­andbouwerk­er van die Jaar aangewys. Hy werk al 23 jaar lank op Bergendal en het as ’n algemene werker begin. Hy bestuur meer as 300 werkers en sien toe dat gehaltewer­k gelewer word en dat spanleiers opdragte reg uitvoer

Mnr. Elvis Pieters van Rietfontei­n, Koue-Bokkeveld, is as die Gevorderde Landbouwer­ker van die Jaar aangewys. Pieters het in 2002 op Rietfontei­n begin werk en sy aanvanklik­e landbouken­nis opgedoen deur met groente en vee te boer.

Hy het slegs ses jaar gelede na vrugteverb­ouing geskuif, maar homself binne ’n kort tydjie meesterlik onderskei. Pieters maak gebruik van alle opleidings­geleenthed­e wat aan hom gebied word, wat hy dan met passie en ywer terugploeg in die gemeenskap.

Die Vergelegen-boerdery van Robertson het die Nuweling-eerbewys ontvang.

Vergelegen het bewys wat gedoen kan word wanneer begunstigd­es van grondhervo­rming ernstig is oor sake en die regte vennootska­ppe het.

Daar is sewe trusts met aandele in die maatskappy en hulle wil teen 2020 altesame 100 ha tafeldruiw­e lewer en die pakhuis uit te brei om jaarliks 500 000 kartonhoue­rs te kan hanteer.

Mnr. Buks Nel, kultivarke­nner van Tru-Cape, het die Innovasiep­rys ontvang vir sy tegniese bydrae, entomologi­ese bedryfsken­nis en sy passie vir vrugtekult­ivars. Nel het Bigbucks, die kultivarkl­oon in die Gala-appelfamil­ie, ontdek. Mnr. Jan le Roux van die Le Roux-groep, Paarl, het die Voorloper-eerbewys ontvang vir sy leiersrol in die landbou. Hy het hy in verskeie komitees en rade gedien en het ’n belangrike rol tydens die dereguleri­ng van die landbou in die laat 1990’s gespeel. Die Le Roux-groep bied tans werk aan meer as 4 000 heeltydse en seisoenale werkers. Me. Samantha van den Berg

het die Izethelo-eerbewys vir landboujoe­rnalistiek ontvang.

Mnr. Richard Hurndall, na-oesprogram­bestuurder by Hortgro, is met Hortgro se Voorsitter­sprys vereer vir sy besonderse bydrae tot die sagtevrugt­ebedryf oor 35 jaar. Hy is ’n tegniese kenner wat instrument­eel was in die toepassing van tegnologie­se ontwikkeli­ng veral in die uitvoermar­k.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die wenners van die sagtevrugt­ebedryf se eerbewyse. Van links is, agter: mnre. Sivuyile Panya, Bongani Gqadu en Jan le Roux; voor: me. Samantha van den Berg, mnre. Hendrik Davids, Willem Booise, Richard Hurndall en Elvis Pieters.
FOTO: VERSKAF Die wenners van die sagtevrugt­ebedryf se eerbewyse. Van links is, agter: mnre. Sivuyile Panya, Bongani Gqadu en Jan le Roux; voor: me. Samantha van den Berg, mnre. Hendrik Davids, Willem Booise, Richard Hurndall en Elvis Pieters.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa