Landbouweekblad

Klimaat: El Niño se tande getrek

- — ALANI JANEKE

DIE goeie reën wat verlede naweek wyd oor die somergraan­gebied geval het, is dalk ’n teken dat ’n El Niño-stelsel nie ’n ongunstige uitwerking op dié streek se graanprodu­ksie sal hê nie.

Dié gebiede het van 20 mm tot 100 mm reën gekry.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou, sê ondanks groot onsekerhei­d die afgelope tyd oor die ontwikkeli­ng van ’n El Niño-stelsel is die afgelope naweek se reën om verskeie redes ’n gunstige sein.

Die reën het baie naby aan die normale reëntyd voorgekom indien die gebied se reënvalpat­rone ontleed word. Dit is gunstig vir ’n normale reëntyd.

Dit het oor ’n groot gebied gereën en nie net strepe en kolle nie. Dit is betekenisv­ol, want dit kan “sagter” toestande tot gevolg hê omdat die lug vogtiger is, plante groen word en transpiree­r, terwyl minder sand en stof sal voorkom.

Dit kan beteken dat neutrale weerstoest­ande meer oorheersen­d is as die uitwerking van die verwagte El Niño-stelsel, ook dat ’n midsomerdr­oogte op ’n meer normale tyd, van middel Desember tot middel Januarie, kan voorkom.

BELOWEND

Van den Berg sê tropiese vog wat tans gereelder uit Wes-Afrika kom, is ook ’n gunstige teken, want die vog beweeg suid en suidoos oor Angola, Namibië en Botswana na Suid-Afrika. Verder is die ontwikkeli­ng van diep laagdrukst­elsels, soos die afgelope reënstelse­l, ’n goeie aanduider van die ontwikkeli­ng van soortgelyk­e stelsels.

Wat veral gunstig is, is dat die afgelope naweek se reën oor die algemeen beter is as wat voorspelli­ngs vroeër verlede week aangedui het. “Gewoonlik verswak voorspelli­ngs hoe nader dit aan die datum kom, maar hierdie keer het die teenoorges­telde gebeur en dis ’n gunstige teken.”

Swaar reën van tot 150 mm die afgelope twee weke oor groot dele van Oos- en Suid-Australië is ’n gunstige teken vir reënval in Suid-Afrika in die komende somer, sê Van den Berg.

WAG TOT NOVEMBER

Volgens die Australies­e Buro vir Meteorolog­ie dui die Enso (El Niño Suidelike Ossillasie)indeks aan dat die kans op ’n El Niño-weerstelse­l in die komende somer tot 70% verhoog het. Terselfder­tyd het die Indiese Oseaan-dipool (IOD) van neutraal tot positief begin ontwikkel.

“Wanneer die twee stelsels in die lente ontwikkel, verhoog dit die moontlikhe­id van ’n warm en droë tydperk teen die einde van die jaar,” sê die buro in ’n verklaring. Dié ontwikkeli­ng moet egter tot einde November voortduur om as ’n positiewe IOD beskou te kan word.

Weermodell­e dui aan die ontwikkeli­ng van ’n positiewe IOD kan tot einde November voortduur, waarna dit in Desember tot neutraal kan terugkeer.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Koring word naby Hopetown gestroop. Onlangse goeie reën in die Vrystaat was waarskynli­k te laat om aanplantin­gs van droëlandko­ring in dele van dié provinsie te red.
FOTO: JOHAN NORVAL Koring word naby Hopetown gestroop. Onlangse goeie reën in die Vrystaat was waarskynli­k te laat om aanplantin­gs van droëlandko­ring in dele van dié provinsie te red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa