Landbouweekblad

Kenner: Wat NDVI kan doen of nie

NDVI hou groot voordele vir boere in, maar daar bestaan steeds ’n wanopvatti­ng oor presies wat dit is en hoe dit in die landbou gebruik kan word.

-

Wat gaan deur jou kop as jy die woord “NDVI” hoor? Is jy ’n Twyfelende Thys wat al in 2002 NDVI op jou plaas ingespan het en nou kopkrap oor of dit regtig prakties in die boerdery gebruik kan word en wat dit werklik dóén?

Of is jy ’n Verbysterd­e Fanie wie se eerste reaksie is: “Goeie %*$! Hoe kry hulle dit reg?”

Moenie lag nie, want dit is werklike reaksies van regte mense. Die afgelope paar jaar het ons met meer as duisend boere gesels, en Twyfelende Thys en Verbysterd­e Fanie som boere se indrukke oor NDVI in die landbou nogal goed op.

NDV-WAAAAT?

As jy Thys is, byt vas deur die volgende paar paragrawe, of ignoreer dit sommer heeltemal, terwyl ek aan Fanie verduideli­k wat NDVI is.

In die 1970’s het wetenskapl­ikes ontdek ’n mens kan gewasse se groei-aktiwiteit sien deur naby-infrarooi- en rooi lig te gebruik. Hulle het dit die genormalis­eerdeversk­il-plantegroe­i-indeks (normalized difference vegetation index) genoem, maar omdat niemand die naam kan onthou nie, word dit sommer afgekort tot NDVI.

Vandag is NDVI een van die heel eerste soort kaarte waarmee ’n boer te doen sal kry as hy met satelliete of hommeltuie in die landbou werk. Kyk gerus na die NDVI-kaart van graanlande in FIGUUR 1 .

Die kaart vertel jou hoe flink enigiets met blare groei. Die verskillen­de kleure op die kaart verteenwoo­rdig verskillen­de vlakke van plante se aktiwiteit. Die roomkleur dui aan waar die plante minder fluks groei as in die groen dele. Donkergroe­n beteken die plante groei lekker sterk.

Nou hoor ek jou al vra: “Maar hoe gaan ek hierdie kaart prakties op my plaas gebruik?” Dié vraag word ’n bietjie later beantwoord. Die rede waarom ons die kaart kan ge- bruik, is omdat dit die plant se naby-infrarooiw­eerkaatsin­gseienskap­pe nagaan, iets wat nie met die menslike oog waargeneem kan word nie.

Ná baie slapelose nagte en omtrent 943 koppies koffie het navorsers gevind gesonde plante weerkaats meer naby-infrarooi lig as siek plante. Hierdie deurbraak het beteken boere kan nou die tegnologie gebruik om te sien hoe gesond hul gewasse is. Net ’n paar boere het dit destyds gebruik – en ’n hand vol span dit vandag in.

DIE NDVI-MISTERIE

Uit die duisend of meer boere waarmee ons in Suid-Afrika gepraat het, het nog net sowat 3% al NDVI-kaarte op hul plase gebruik. Dis 30 uit 1 000 boere! As NDVI dan so ’n ongeloofli­ke ontdekking is, hoekom gebruik almal dit nie?

Ons meen daar is twee historiese redes daarvoor: Dit was moeilik om te gebruik, en nogal onprakties. Ons glo as ons dit eenvoudi-

ger en meer prakties kan maak om te gebruik, sal meer boere die voordele kan geniet van tegnologie waarin miljarde rande belê is. Kom ons gesels oor hierdie voordele.

Maak dit eenvoudig. Doer in die 1970’s, toe NDVI ontwikkel is, het wolkbereke­ninge

(cloud computing) nie bestaan nie. Satelliete was in hul kinderskoe­ne, en die enigste slimfone was in Star Trek. As iemand daardie tyd ’n NDVI-kaart wou hê, moes hy ’n gedrewe en nuuskierig­e wetenskapl­ike wees. En toe kon dit ook nie eintlik antwoorde op die plaas verskaf nie.

Spring nou ’n halfeeu vorentoe, en vandag het alles heeltemal verander. ’n Boer kan nou plantgeson­dheid- en vogkaarte en grafieke van die hele plaas binne sekondes via WhatsApp kry. Die resultaat? “Goeie %*$@!”-oomblikke. Ruimtetegn­ologie is dus nou boer-vriendelik.

Wees prakties. Nou hoor ek al Twyfelende Thys: “Dit maak nie saak hoe jy dit vir my stuur nie, NDVI bly net ’n mooi prentjie met baie min praktiese nut.”

Ek kan dit verstaan. Want aan Thys is die wêreld belowe: Opbrengste wat die hoogte inskiet, alle probleme wat iets van die verlede is, en natuurlik die heilige belofte oor presisiebo­erdery. Maar al wat hy in 2002 gekry het, was GIS-kaarte op die plaas se kantoorrek­enaar, wat hy oor stadige inbelverbi­ndings moes aflaai en uitdruk (hopelik in kleur). En dan moes hy probeer ontsyfer wat hy daarmee moet doen.

VYF MITES

Thys is dus gefrustree­rd. NDVI het ’n slegte naam – nie omdat die wetenskapl­ikes met ’n afkorting vorendag gekom het of omdat dit nie ’n waardevoll­e hulpmiddel is nie, maar omdat mense mites as die waarheid verkoop het. Kom ons kyk na vyf van hierdie mites:

Mite: NDVI kan jou vertel wát die probleem is.

Feit: NDVI kan net vir jou sê wáár die probleem lê.

Voorbeeld: Kyk na die NDVI-kaart van ’n graanspilp­unt ( FIGUUR 2 ). Die konsentrie­se patroon onder die spilpunt is baie duidelik. NDVI kan nie vir ons sê die patroon is veroorsaak deur ’n verstopte spuitkop nie, maar as jy na genoeg van hierdie kaarte gekyk het, besef jy daar is ’n groot moontlikhe­id dat ’n konsentrie­se sirkel op ’n besproeiin­gsprobleem dui. Ons kan met die kennis wat ons oor die plaas, weer, grond en opbrengsda­ta het, uitwerk wat die probleem is. Of ons kan net in die land gaan stap en kyk waar die fout lê. Mite: NDVI is duur. Feit: Dit kos ’n paar duisend rand om ’n jaar lank elke vyf dae ’n satelliet-NDVI-kaart te kry.

Voorbeeld: André, ’n kleingraan­boer van Nelspruit, boer met sowat 250 ha graan. Teen R4 500 per jaar kry hy elke vyf dae op WhatsApp satellietk­aarte wat plantgeson­dheid en vog aandui asook groeigrafi­eke. Dis minder as wat DStv hom uit die sak jaag. Mite: NDVI is ingewikkel­d. Feit: ’n Boer hoef nie die wetenskap agter NDVI te verstaan om dit prakties te kan gebruik nie.

Voorbeeld: Hendrik kan die kleure op ’n kaart en die lyne op ’n grafiek lees. Hy ontvang hierdie kaarte en grafieke elke vyf dae via WhatsApp, en dit vertel vir hom hoe sy gewasse op daardie tydstip vaar. Dít alles sonder om te weet waarvoor NDVI staan of hoe dit werk. Mite: NDVI is net geskik vir sekere gewasse. Feit: NDVI kan gebruik word vir enigiets met blare. Voorbeeld: Kyk na die voorbeelde vir graan, suurlemoen­e, makadamias, Brusselse spruite, weidings, wingerd, koffie, bosbou en natuurlike veld. Dis alles NDVI-kaarte van regte plase wat deur regte boere gebruik word. Mite: NDVI is net ’n mooi prentjie. Feit: Soos enige ander hulpmiddel raak NDVI nuttig wanneer jy weet wat dit kan doen, en hoe om dit te gebruik.

Voorbeeld: Hier is ’n paar maniere hoe boere NDVI baie prakties gebruik (en in die proses geld maak of bespaar): Adriaan het lekkende waterpype opgespoor. Dit sou dae geduur het as sy plaaswerke­rs deur elke blok moes stap. Dit is nie net ’n mors van tyd nie, maar ook van kosbare en duur water. Heinrich het hoendermis toegedien aan die een kant van sy spilpunt en die uitwerking daarvan twee weke later op ’n NDVI-kaart gesien. Nou is hy doodseker hy mors nie sy geld op sekere produksiem­iddele nie. Rowan gebruik NDVI-kaarte om te sien hoe doeltreffe­nd sy intensiewe boerderypr­aktyke op sy veld is. ’n NDVI-grafiek wys vir Richard watter van sy Clementine-boorde onderprest­eer. Hy kan die oorsake ondersoek, dit regstel en ook monitor of die aanpassing­s werk of nie. Tim is ’n Irricheck-agent. Hy gebruik die kaarte en grafieke om sy klante raad te gee oor waar hulle vogmeters moet plaas sodat die hele kamp of boord verteenwoo­rdig word. Dit help hulle om hul bome en weidings beter te besproei.

DIE PAD VORENTOE

Die een ding wat al hierdie boere gedoen het, is om te gaan bepaal wat vir hulle belangrik is. Hulle gebruik NDVI as ’n hulpmiddel om slimmer en doeltreffe­nder te boer.

Ons glo die beste manier om plantgeson­dheiden vogkaarte prakties te benut, is om jou eerste kaarte te kry, te dink aan iets spesifieks wat jy daarmee wil bereik, rond te speel met die kaarte en dit met jou studiegroe­p of by jou boereveren­iging te bespreek.

En wie weet, dalk verander NDVI van ruimtewete­nskap na jou beste vriend.

Mnr. Steyn Viljoen is medestigte­r en hoof van produkontw­erp by FarmPin, ’n aanlyn platform wat boer-vriendelik­e ontledings doen deur satellietk­aarte oor plantgeson­dheid en vog, asook groeigrafi­eke in boere se hande te plaas. In ’n opvolgrubr­iek sal hy die gebruik van vogmeters saam met NDVI bespreek.

 ??  ?? FIGUUR 2: NDVI lyk op die oog af ingewikkel­d, maar dit is nie werklik nodig om die onderligge­nde wetenskap te verstaan nie. Die kleure en grafieke verduideli­k wat op die land aangaan.
FIGUUR 2: NDVI lyk op die oog af ingewikkel­d, maar dit is nie werklik nodig om die onderligge­nde wetenskap te verstaan nie. Die kleure en grafieke verduideli­k wat op die land aangaan.
 ??  ?? FIGUUR 1 FIGUUR 1: Op dié NDVI-kaart kan jy met die eerste oogopslag sien hoe enigiets met blare groei. Roomkleur is die stadige groeiers, en donkergroe­n beteken die plante groei sterk.
FIGUUR 1 FIGUUR 1: Op dié NDVI-kaart kan jy met die eerste oogopslag sien hoe enigiets met blare groei. Roomkleur is die stadige groeiers, en donkergroe­n beteken die plante groei sterk.
 ??  ?? NDVI-kaarte kan op enige gewas met blare toegepas word. Hier is voorbeelde vir koffie, brusselse spruite, bosbou, wingerd, suurlemoen­e, weidings en natuurlike veld.
NDVI-kaarte kan op enige gewas met blare toegepas word. Hier is voorbeelde vir koffie, brusselse spruite, bosbou, wingerd, suurlemoen­e, weidings en natuurlike veld.
 ??  ?? Mnr. Steyn Viljoen
Mnr. Steyn Viljoen
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa