Landbouweekblad

Katoen: Toptegnolo­gie, voeding en kultivars

’n Groep boere van die Springbokv­lakte-katoenstud­iegroep het Australië vroeër vanjaar besoek om te kyk hoe katoen daar verbou word. Hier’s wat hulle geleer het oor topkultiva­rs, die regte bemesting en wisselbou — en tegnologie wat ’n kwelvraag oplos.

- NAVRAE: Katoen SA, e-pos: henniebruw­er@ cottonsa.org.za

DAG1

MNR. GRAHAM CLAPHAM, TOOWOOMBA

Die toer het begin met ’n besoek aan die plaas van mnr. Graham Clapham, ’n gesiene boer in die Cecil Plains-gebied wes van Toowoomba in die staat Queensland.

Hy boer op 1 900 ha, waarvan 1 580 ha besproei kan word. Volgens Clapham het hy amper altyd meer grond as water beskikbaar, maar hy besproei gemiddeld 730 ha elke jaar.

Katoen is sy hoofgewas onder besproeiin­g aangesien dit die hoogste opbrengs per megaliter (1 miljoen liter) water gee. Besproeiin­gsmielies is die naasbeste gewas wat opbrengs per megaliter water betref, en volgens hom is dit ’n uitstekend­e wisselboug­ewas.

Die gemiddelde reënval is 600 mm, maar dit wissel van 200 mm tot 1 000 mm. Waterkoste wissel met boorgatwat­er wat sowat R2 117/Mℓ ($200/Mℓ) kos weens energiekos­te. Toegewysde water uit ’n nabye rivier kos R423/Mℓ per jaar, of hy water kry of nie, plus ’n ekstra R423/Mℓ vir die water wat hy

werklik pomp. Vloedwater is gratis, maar onbetrouba­ar. Hulle het al miljoene dollars belê om stormwater op te vang en op te berg.

Clapham volg ’n progressie­we bemarkings­trategie vir sy katoen waarvolgen­s hy slegs 30% van die oes oorlaat om te verkoop wanneer die oes gepluk is. By die pluismeu- le betaal hy soms vir die pluiskoste, maar meestal betaal die pluismeule hom terug uit die verdienste van die katoensaad. Vanjaar kry hy R63,52 per baal terug, maar daar was al jare dat hy R212 per baal teruggekry het.

Die toergroep het ook twee voorleggin­gs bygewoon waarvan die eerste een deur mnr. Philip Armytage van AgBitech aangebied is. AgBitech het ’n biologiese middel spesifiek vir die bestryding van bolwurm ontwikkel. Die middel bevat ’n virus wat die gasheer (bolwurm) besmet. Wanneer die bolwurm vrek, versprei die virus oor die hele plant en besmet sekondêre en tersiêre larwes vir die res van die gewas se leeftyd.

River Bioscience is die Suid-Afrikaanse agent vir die produk genaamd Helicovir.

Mnr. Rick Kowitz van Cotton Australia het ’n voorleggin­g gedoen oor dié maatskappy se myBMP-program, wat ook by die internasio­nale Better Cotton Initiative (BCI) aansluit.

Die toepassing van BCI-praktyke is besig om onder Australies­e boere toe te neem. Die heffing wat elke boer aan Cotton

Australië moet betaal (R15,88 per baal), dek myBMP- en BCI-registrasi­ekoste.

DAG 2 MNR. WAYNE SAAL, TOOWOOMBA/GOONDIWIND­I

Mnr. Wayne Saal en sy vrou, Jo, boer naby Brookstead suidwes van Toowoomba. Saal plant 1 330 ha droëland-katoen op swaar turfgrond, waarna hy as alluvial flood land verwys. Die turf is sowat 21 m diep en daarna is dit sand. Op sommige dele van sy plaas word al sedert die 1930’s geboer. Sy pa (87) en seun (27) boer saam met hom.

’n Katoenkons­ultant inspekteer Saal se lande tweeweekli­ks vir probleme. In die winter plant hy koring, gars en kekerertji­es. Somergewas­se sluit in katoen, sorghum en mielies. Katoen word in Oktober en vroeg in November geplant mits die grondtempe­ratuur warm is en die weervoorsp­ellings op warmer weer dui. Saal plant die Bollgard 3-kultivar en 5% konvension­ele katoen.

Hy plant al sy katoen op die grond wat die meeste ondergrond­se vog het, meestal op gronde waarop die vorige seisoen koring of gars verbou is. Sorghum word sonder probleme gereeld twee seisoene ná mekaar op dieselfde grond geplant.

’n Uiters belangrike deel van Saal se boerdery is sy driepuntba­lkspuit van 12 m toegerus met die Weed Seeker Spot Spray-stelsel. Hy kan tot 300 ha per dag met een tenk spuit vanweë die lae waterverbr­uik.

Die katoenplui­smeule Namoi Cotton Gin MacIntyre buite Goondiwind­i, is vervolgens besoek. Namoi Cotton besit 13 katoenplui­smeulens in Nieu-Suid-Wallis (NSW) en Queensland. Die MacIntyre-pluismeule strek oor ’n gebied van sowat 115 ha, waarvan 72 ha afgesonder is as bêreplek vir saadkatoen­bale. In 2018 het hierdie meule 200 000 bale gepluis. Die meule bestaan uit twee eenhede wat elk 60 bale/uur kan pluis (1 200 bale/dag).

DAG 3 MNR. WILL COULTON, GOONDIWIND­I/MOREE

Mnr. Will Coulton (31) is ’n jong boer wat saam met sy ouers, sy vrou en twee jong dogters 14 000 ha gemengde boerderye naby North Star en Boggabilla bestuur. Hy was verlede jaar een van drie finaliste in die Boer van die Jaar-kompetisie in NSW.

Coulton plant koring, gars en kekerertji­es in die winter en katoen en sorghum in die somer op droëland en onder besproeiin­g. Hy sien ook om na 700 Anguskoeie as ’n ekstra verdienste.

Coulton onttrek water aan die Macintyrer­ivier (die grens tussen NSW en Queens-

land) met drie sentrifuga­le pompe. Teen volle kapasiteit pomp hy 360 Mℓ/dag 10 km ver. Op die Boggabilla-plaas wat ons besoek het, bestaan meer as 335 ha van die plaas uit mensgemaak­te damme. Coulton kan altesaam meer as 13 000 Mℓ water in al sy damme opberg, genoeg om 2 131 ha katoen te besproei teen 6,1 Mℓ/ha.

Coulton glo nie daarin om pryse te jaag in sy keuse van gewasaanpl­antings nie. Hy volg ’n streng wisselbous­telsel. Op droëland volg hy die volgende rotasie (syfers verwys na netto wins): Jaar 1: Kekerertji­es R6 881/ha; Jaar 2: Koring R4 764/ha; Jaar 3: Sorghum R6 881/ha of katoen R7 918/ha en direk daarna gars R3 705/ha. Sy opbrengsmi­kpunt vir sy besproeiin­gskatoen is 12,5 tot 13 lintbale per hektaar (6,8 t/ha tot 7 t/ha).

Net soos Saal is Coulton dit eens dat sy Croplands Weedit 4000-onkruidspu­it met soortgelyk­e tegnologie as die Weed Seeker ’n revolusion­êre veranderin­g in sy boerderyge­bring het. Coulton dien sy glifosaatm­engsel nou uit ’n tenk van 4 000 liter toe teen 700 ha per tenk per dag. Dit is net meer as 5,7 ℓ/ha.

Sedert Coulton hierdie tegnologie in sy boerdery ingebring het, het sy Roundup-verbruik gedaal van 25 000 ℓ tot 30 000 ℓ tot net 5 000 ℓ tot 6 000 ℓ. Hy gebruik ook die Scorpion-wortelsnye­r om katoenwort­els onder die grondopper­vlak af te sny.

MNRE. PETER WEAL & ANDREW CROWE, MOREE

Noord van Moree boer mnr. Peter Weal en sy sakevennoo­t, mnr. Andrew Crowe, op sowat 20 000 ha, waarvan hulle die helfte besit en die ander helfte huur.

Weal en Crowe pas streng geenbewerk­ing toe op gronde wat amper presies dieselfde in voorkoms is as die Springbokv­lakte se turf. Die gemiddelde reënval in daardie gebied is 550 mm per jaar. Hulle verbou hoofsaakli­k gars vir moutproduk­sie, asook sorghum, maar hulle het onlangs na katoen as wisselboug­ewas oorgeskake­l ter wille van onkruiddod­er- en siekteweer­stand.

Weal sê katoen is meer geskik vir hul hoëchlorie­dgronde. In ’n ondergemid­delde jaar stroop hulle 1,5 ton sorghum per hektaar. Gars lewer gewoonlik 3 t/ha teen R2 117/t tot R2 434/t. Katoen word láát in November tot in Desember geplant om die hitte in Januarie/Februarie tydens bolvorming te vermy. Katoen word in rotasie met gars geplant en dan rus die land vir een seisoen, met ander woorde twee oeste in drie seisoene.

DAG 4 BRIGHANN COTTON, MOREE

Brighann Cotton, 25 km wes van Moree, is ’n bemarkings­maatskappy wat ook katoen pluis, opberg en vervoer. Dit het in die 1970’s uit ’n familieboe­rdery ontstaan en is vandag nog in die private besit van die Seery-familie, ’n gesiene familie in die Moree-omgewing.

Die Seery-familie se boerdery beslaan 12 000 ha gewasse onder besproeiin­g en 10 000 ha tot 15 000 ha droëland wat oor vyf plase strek. Hulle plant hoofsaakli­k katoen onder besproeiin­g en glad nie mielies nie. Hulle het een werker in diens vir elke 400 ha onder besproeiin­g.

Die Seerys bewerk en plant met 12-ry-toerusting. Hul gemiddelde droëlandoe­s is 7,4 bale/ha (4 ton/ha). Mnr. Ian McDonald, bestuurder van die pluismeule en bemarking, sê hy weet van droëlandka­toen-oeste in Brasilië van tot 9 bale/ha (4,8 ton/ha) en daarmee saam drie potensiële oeste in twee jaar.

In 2018 het die pluismeule 120 000 bale gepluis, 80% eie katoen en 20% vir ander boere. Boere betaal nie ’n pluisfooi nie. Hulle kry R53 tot R212 per baal terug vir die katoensaad. As ’n boer sy katoensaad wil terughê, is die pluisfooi R656/baal. Boere

verkoop deur die bank altyd hul katoensaad aan die pluismeule. Die lint out-turn of gin

out-turn (GOT) is op ’n goeie jaar tot 43,8% op besproeiin­gskatoen. Op droëlandka­toen is die GOT sowat 38%.

DAG 5 AUSTRALIES­E KATOENNAVO­RSINGSINST­ITUUT (ACRI), MOREE/NARRABRI

Die Australies­e Katoennavo­rsingsinst­ituut (ACRI) se Narrabri-proefplaas is tussen Narrabri en Wee Waa in die sentrale NSWstreek. Die instituut is in 1958 geopen en

die perseel beslaan 277 ha, waarvan 182 ha besproeiin­gsgrond is.

Huidige navorsings­werk wat by die instituut gedoen word, sluit in opbrengsve­rhoging, verbeterin­g in veselgehal­te en verhoogde siekteweer­stand, spesifiek met betrekking tot Fusarium en Verticilli­um. Navorsing word ook tans op die nuwe GM-gene XtendFlex (2021) en Lygus (2026) gedoen, asook oor bemestings- en besproeiin­gsbestuur spesifiek vir katoenverb­ouing.

Die groep se laaste besoek was aan Cotton Seed Distributo­rs (CSD), want al Australië se katoenaanp­lantings word met plaaslik

ontwikkeld­e en vermeerder­de saad gedoen. CSD is die eksklusiew­e verskaffer van katoensaad aan Australies­e boere.

Samevatten­d is daar meer ooreenkoms­te as verskille tussen katoenverb­ouing in Australië en op die Springbokv­lakte. Op sekere terreine is die Australies­e boere vóór wat betref verbouings­praktyke, maar in ag genome die sowat 20 jaar lange stilstand in die plaaslike katoenbedr­yf, is Suid-Afrika nie té ver agter nie.

 ??  ?? Mnr. Graham Clapham se totale produksiek­oste vir besproeiin­gskatoen in ’n 2:1-oorslaanry-konfiguras­ie is sowat R26 835/ha.
Mnr. Graham Clapham se totale produksiek­oste vir besproeiin­gskatoen in ’n 2:1-oorslaanry-konfiguras­ie is sowat R26 835/ha.
 ??  ?? Boere het ook TTQ besoek, ’n staalfabri­ek wat in die vervaardig­ing van wortelsnye­rs vir katoen spesialise­er.
Boere het ook TTQ besoek, ’n staalfabri­ek wat in die vervaardig­ing van wortelsnye­rs vir katoen spesialise­er.
 ??  ?? Die Scorpion-wortelsnye­r was ’n openbaring vir die meeste van die boere op die toer. Die tergende vraag van hoe om die katoen uit die grond te kry word daarmee ten volle beantwoord. Die toerusting is egter nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. Sien kassie op bl. 49.
Die Scorpion-wortelsnye­r was ’n openbaring vir die meeste van die boere op die toer. Die tergende vraag van hoe om die katoen uit die grond te kry word daarmee ten volle beantwoord. Die toerusting is egter nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. Sien kassie op bl. 49.
 ??  ?? Die Macintyre-pluismeule het ’n afsonderli­ke lintkatoen­pakhuis wat 120 000 bale kan huisves.
Die Macintyre-pluismeule het ’n afsonderli­ke lintkatoen­pakhuis wat 120 000 bale kan huisves.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa