Landbouweekblad

Wes-Kaapse broers is SA se topgraanbo­ere

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE broers Dirkie en Johan van As van Swellendam in die WesKaap is vanjaar Graan SA en Syngenta se Graanboer van die Jaar. Hulle boer sedert 1985 in die familieboe­rdery op hul plaas, Kinko, en verbou kanola, gars, koring en lusern. Daar is ook ’n veevertakk­ing bestaande uit stoet- en kommersiël­e Merino’s.

Die ander finaliste in dié kategorie was: Die Van Zyl-familietru­st, bestaande uit mnre. Theo, Cobus en Theo jr. van Zyl, wat op die plaas Prairie by Ladybrand in die Vrystaat boer. Die Van Zyls boer met mielies, sonneblomm­e, sojabone en aangeplant­e weidings op droëland. Mnre. Louis sr., Louis jr. en Jaco Wilken wat op die plaas Juriesbake­n naby Middelburg in die Oos-Kaap boer. Hoewel die boerdery aanvanklik op Douglas in die Noord-Kaap gestig is, boer die familie sedert 2004 in die Oos-Kaap met koring, mielies, uie, aartappels, lusern, pampoene en Me. Jenette Thembi Shoba van die Gert Sibande-distrik in Mpumalanga is as die Bestaansbo­er van die Jaar aangewys. Mnr. Nhlanhla Sicelo Mngadi van Estcourt in KwaZulu-Natal is die Kleinboer van die Jaar. Mnr. Paulus Mosia van Edenville in die Vrystaat is die Potensiële Kommersiël­e Boer van die Jaar, en mnr. Jeremia Makhosini Mathebula van Amersfoort in Mpumalanga is die Nuwe EraKommers­iële Boer van die Jaar.

SKOUBUL

 ??  ?? Mnr. Dirkie van As
Mnr. Dirkie van As

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa