Landbouweekblad

Gestolde komkommer-en-appelslaai

-

Gestolde slaaie was hoogmode in die 1980’s en is nou weer in die koskollig. Hierdie weergawe is ’n kombinasie van twee resepte – ’n gestolde appel-en-pekanneuts­laai wat my ma altyd gemaak het, en ’n komkommer-en-kaasslaai wat ons dikwels in die koshuis gekry het. So ’n koue gestolde slaai is heerlik met koue vleise en plaasbrood. Omdat hierdie een appel en kruisement bevat, sal ek dit saam met geroosterd­e lamsvleis of gerookte varkvleis voorsit.

1 houer (230 g) gladde maaskaas 250 ml goeie mayonnaise 60 ml vars suurlemoen­sap 1 pakkie (80 g) suurlemoen­jellie 125 ml kookwater 2 groot komkommers, grof gerasper 4 Granny Smith-appels, geskil, ontkern en grof gerasper 30 ml fyngekapte, vars kruisement 180 ml fyngekapte pekanneute Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Suurroom, kruisement en ekstra gekapte pekanneute, om te versier

Klits die maaskaas, mayonnaise en suurlemoen­sap liggies saam tot glad. Meng die jellie en kookwater in ’n afspnderli­ke bakkie tot die jellie opgelos is. Voeg dit by die maaskaasme­ngsel en meng goed, tot glad. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng goed. Bespuit ’n geskikte vorm met ’n inhoudsmaa­t van 2 liter goed met kleefweren­de kossproei en spoel liggies uit met yskoue water. Giet die komkommerm­engsel in die houer en verkoel oornag. Om voor te sit, keer die slaai op ’n mooi opdienbord uit. Verdun ’n paar lepels suurroom met suurlemoen­sap en skep oor die slaai. Rond af met vars kruisement en gekapte pekanneute. Lewer 12-14 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa