Landbouweekblad

OPHEF VAN VERBOD ’N ‘VROEË KERSGESKEN­K’

- – JASPER RAATS

DIE Chinese regering se opheffing van ’n verbod op die handel in renoster- en tierproduk­te is vir Suid-Afrikaanse renosterei­enaars soos ’n vroeë Kersgesken­k, sê mnr. Pelham Jones, voorsitter van die Private Renosterei­enaarsvere­niging van Suid-Afrika (PROA).

China het einde verlede maand aangekondi­g dat die 25 jaar oue verbod op die invoer van tierbene en renosterho­rings opgehef word. Die tydskrif National Geographic berig die re- gering het dit duidelik gemaak dat slegs bene en horings wat deur boerderye geprodusee­r is, ingevoer mag word vir mediese navorsing en die vervaardig­ing van medisyne.

“Dit verleen ’n groot hupstoot aan ons saak vir internasio­nale handel, want wanneer ons by die konvensie oor internasio­nale handel in bedreigde spesies (Cites) aanvoer dat ons renosterho­rings volhoubaar kan voorsien, is daar altyd die vraag: ‘Aan wie?’ Nou kan ons sê China is ’n potensiële handelsven­noot,” sê Jones.

Hy voeg by die besluit om handel in produkte van bedreigde spesies goed te keur is ’n baie netelige saak, en dat PROA groot waardering vir China se dapper keuse het. Hy glo egter dit kan sowel die wêreld se renosterbe­volking as die Chinese medici tot voordeel strek.

“Plaaslik is daar eintlik nou niks wat ons keer om renosterho­ring na China uit te voer nie. Kopers in China moet eenvoudig ’n invoerperm­it van hul regering kry,” sê Jones.

KOMMER IN BEWARINGSK­RINGE

Die Wêreldnatu­urfonds (WWF) het dadelik gewaarsku dat die besluit skuiwergat­e vir sluikhande­l in tier- en renosterpr­odukte gaan skep, en dat dit bykans onmoontlik gaan wees om te onderskei tussen produkte wat deur boere geprodusee­r is, en dié van diere wat onwettig gestroop is.

Jones wys egter daarop dat tiere en renosters bedreig is ondanks ’n internasio­nale handelsver­bod wat al sedert 1977 bestaan en die 25 jaar lange invoerverb­od na China.

“Solank daar ’n gewillige koper is, sal daar verkopers wees wat bereid is om die produk te voorsien – onwettig of nie.”

Hy sê dit maak nou nie meer sin om onwettige horings of tierbene te koop as jy dit goedkoper op ’n wettige manier kan bekom nie. “Daar is geen risiko dat jy in

geneem kan word nie, en boonop het jy naspeurbaa­rheid van ’n produk wat nie vervals of nagemaak is nie.”

Jones sê dit beteken nie Suid-Afrika gaan volgende week tonne renosterho­rings na China verskeep nie.

“Ons onderwerp ons steeds aan die gesag van ons eie Regering en die land se Departemen­t van Omgewingsa­ke. Ons sal nie net voortgaan sonder hulle toestemmin­g nie en ons weet dit kan nog lank duur, maar ons bly optimistie­s.”

PROA is tans besig om sy voorleggin­g vir die wettige handel in renosterho­ring vir die Cites-konvensie in 2019 voor te berei. Dit moet voor 25 Desember ingehandig word.

WATVAN LEEUS?

Dit is nie duidelik hoe die opheffing van die verbod op die invoer van tierbene Suid-Afrikaanse leeutelers gaan raak nie. Die nie-regeringso­rganisasie Environmen­tal Investigat­ion Agency (EIA) het vroeër in ’n verslag gewaarsku dat leeubene wat van Suid-Afrika uitgevoer word, in China as alternatie­f vir tierbene gebruik word.

Die Suid-Afrikaanse Departemen­t van Omgewingsa­ke het in Januarie vanjaar die toelaatbar­e hoeveelhei­d leeuskelet­te wat jaarliks uitgevoer mag word verhoog van 800 tot 1 500. Dit is karkasse van leeus wat in aanhouding geteel is. Dr. Paul Funston, senior direkteur van die bewaringsg­roep Panthera wat hom toespits op bedreigde katsoorte, het vroeër aan News24 gesê die mark vir leeubene in Asië het nie bestaan voor Suid-Afrika begin het om dit uit te voer nie. Die Suid-Afrikaanse Roofdierve­reniging het teen druktyd nog nie op Landbouwee­kblad se navrae gereageer nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa