Landbouweekblad

Drupperlyn­e aan spilpunte bespaar water

Hoekom nie presisiebe­sproeiing toepas as al die ander boerderyvl­akke op dié terrein beweeg nie? ’n Boer van Limpopo het op ’n Amerikaans­e boereplan afgekom – ’n mobiele druplyn met ingeboude druppers wat aan ’n verlenging­spyp aan ’n spilpunt gekoppel is.

- NAVRAE: Mnr. Jacques Willemse, e-pos: jacques@hanaline.co.za; sel 083 236 7799.

Dis nie aldag dat ’n klomp Suid-Afrikaanse boere moet erken ’n Amerikaner het ’n beter plan as hulle nie, selfs al is die Amerikaner ook ’n boer. Mnr. Monty Teeter wat in die weste van die Amerikaans­e deelstaat Kansas boer, het ’n markiesten­t vol boere egter maklik oortuig dat sy patent eerder ’n slag vir waterbespa­ring as vir Amerika is, toe hy as gas van mnr. Jacques Willemse van Hanaline Boerdery op Weipe in Limpopo oor sy Dragon-Line-drupstelse­l kom praat het.

“Weipe het die afgelope paar jaar gesien wat waterprobl­eme is,” sê Willemse.

“Ek het geglo ons het meer water as grond hier op Weipe en ons water sal nooit opraak nie,” het hy op die bekendstel­ling op sy plaas teen die Limpoporiv­ier vertel. “Nou staan ek hier voor julle en erken dit was die grootste fout van my lewe.”

Willemse sê dit het hom twintig jaar gekos om te besef presies hoe ’n skaars en kosbare hulpbron water is. Toe dié werklikhei­d by hom insink, het hy daadwerkli­k gesoek na alternatie­we en spaarsamig­er besproeiin­gstelsels.

Hy het van die begin af geweet die antwoord lê in drupbespro­eiing. Hy het reeds 250 hektaar onder drupbespro­eiing gehad en was deeglik bewus van die voor- en nadele daarvan. Hy het na iets gesoek wat die gerief van sy spilpunte met die besparing van sy druplyne kon kombineer.

Sy soeke het hom uiteindeli­k by Teeter uitgebring. “Hy woon 12 000 km hiervandaa­n, maar ons praat dieselfde taal,” sê Willemse.

Teeter het ’n leeftyd se ervaring van besproeiin­gstelsels. Hy verkoop al 45 jaar lank spilpunte en druplyne in Amerika, maar soos Willemse was hy bekommerd oor die hoë watergebru­ik van die spilpunte wat hy bemark het. Hy het dit sy lewensdoel gemaak om ’n

beter alternatie­f te soek. Toe hy dit nie kon kry nie, het hy self aan die werk gespring om dit te ontwikkel.

Die idee van ’n mobiele drupstelse­l was nog altyd in sy kop, vertel Teeter, maar in die vroeë jare van drupbespro­eiing het die nodige tegnologie om só ’n stelsel te laat werk, nie bestaan nie.

’N SAAK VAN DRINGENDHE­ID

Teeter sê Kansas dra 20% by tot die Amerikaans­e landbou se bruto binnelands­e produk en verdien $20 miljard daaruit per jaar. Die water kom byna alles uit die Ogalalla-waterdraer. Hierdie bron is egter beperk en die grootste deel daarvan is reeds in die 1940’s en 1950’s gebruik.

’n Hidroloog het eendag vir hom gesê die waterdraer kan 25-30 jaar langer hou as boere net 25% minder water gebruik. Teeter het met hernude ywer na ’n oplossing begin soek. Die sproeier vervaardig­er Rainbird het tot sy redding gekom toe hy ingestem het om ’n inlyndrupp­er te vervaardig wat die watervloei reguleer, of die druplyn nou op- of afdraande loop wanneer ’n mens dit agter ’n spilpunt sleep.

Dit het Teeter in staat gestel om die Dragon-Line-stelsel te ontwikkel – ’n druplyn met ingeboude druppers wat watervloei self reguleer en self skoonspoel.

Dit word met ’n kabel en ’n oranje verlenging­spyp aan ’n spilpunt gekoppel om water met presisie op grondvlak toe te dien.

Willemse was in die wolke toe hy deur sy navorsing op dié stelsel afgekom het. Hy het dadelik vir Teeter gekontak en gesê hy is ’n boer in Suid-Afrika en wil die produk bestel.

Teeter wou eers hê Willemse moet sien hoe die stelsel werk, maar Willemse het klaar sy besluit geneem. Hy weet hoe ’n wenplan lyk. “Ons is almal ingestel op presisiebo­erdery. Ons koop werktuie wat tot op die sentimeter kan ploeg, plant en bemes, maar dan gooi ons ons water in die lug op. Dit het nog nooit vir my sin gemaak nie en as jou water opraak, dan maak dit selfs minder sin.”

BESPAAR MEER AS WATER

Met die Dragon-Line-stelsel kan boere 20-50% besproeiin­gswater bespaar. Boonop gaan minder van die water wat hulle toedien, deur verdamping verlore. Navorsing deur die Kan sas-staat s universite­it bevestig hierdie syfers.

“Ek het oplossings gesoek vir water, maar hierdie stelsel gaan waarskynli­k ook my kraggebrui­k halveer,” sê Willemse. Boonop is spilpunte wat vassteek in wielspore wat tot heupdiepte in die modder getrap is, nou iets van die verlede. Omdat die mobiele drupstelse­l agter die spilpunt aansleep, loop die wiele onder die torings altyd op droë grond. Daar is dus minder wrywing op ratkaste, en omdat die staalstruk­tuur nie heeltyd natgespuit word nie, is daar minder verweer.

Hy vertel dat die druplyne sy grond ook baie dieper benat as die sproeiers. “Ek gaan diesel bespaar, want ek kan nou vlakker werk en hoef nie meer ’n skeurploeg­bewerk te doen nie.”

Die feit dat die water regstreeks op grondvlak toegedien word, skakel ook die risiko uit dat blare brand of plante stres oor skielike temperatuu­rveranderi­ng s wanneer water op hulle gespuit word. Omdat die blare droog bly, is die risiko van siektes laer. Jy kan kunsmis regstreeks in die grond toedien, en nie op die blare nie.

Teeter sê omdat die drupstelse­l grondvog verhoog, word meer water in die grond opgeberg en beskikbaar gemaak vir plante wanneer hulle dit nodig het. Dit kan tot groter opbrengste lei.

Die waterbespa­ring lei daartoe dat boere meer kan plant. “Op my plaas is dit ’n verskil tussen 180 ha onder besproeiin­g met konvension­ele spilpunte verlede jaar en 600 ha onder die Dragon-Line in die nuwe produksiej­aar,” sê Willemse.

Vir hom is een van die groot voordele van druplyne aan sy spilpunte die feit dat die Dragon-Line ’n tweekraans­telsel gebruik, wat hom toelaat om sy spilpunt steeds met oorhoofse sproeiers te gebruik wanneer nodig. “Ek hoef nie pype in en uit my landerye te sleep en op te rol soos met my konvension­ele druplyne nie. Daar moet ek pype met sproeiers in die landerye intrek om my gesaaides te laat ontkiem. Eers dan kan ek oorskakel na die druplyne toe. Ons sleep pype tot agt keer per oes heen en weer vir ontkieming.”

Om die oorhoofse sproeiers vir ontkieming te gebruik, word die krane van die druplyne op die Dragon-Line eenvoudig toegedraai en die sproeiers se krane oopgedraai. Wanneer die plantjies ontkiem het, is dit blitsvinni­g om die water weer na die druplyne te voer.

“Ek gaan nou ál my drupbespro­eiing oorskakel na mobiele drup, want my arbeidsbes­paring met drupbespro­eiing is R8 000 tot R10 000 per ha,” sê Willemse.

Die mobiele drupstelse­l sleep eenvoudig agter die spilpunt aan en gee water so ver dit gaan. Daar lê dus geen permanente pype in landerye nie en dit is maklik om met werktuie te werk sonder om eers waterpype uit te haal.

DEEGLIK BEPROEF

“Ek het vir Monty gesê as ek my spilpunt se watergebru­ik kan verminder tot sowat 5 m³/ha, sal ek baie bly wees. Hy wou weet hoekom ek so baie water wil gebruik.”

Teeter het twee landerye van 50 ha en 30 ha onder spilpunte waar hy koring, mielies, sojabone en katoen met die Dragon-Line-stelsel verbou. Sy watergebru­ik is nagenoeg 1,7 m³/ha.

Een belangrike vereiste vir die DragonLine-stelsel is dat die water tot op 200 mikron gefiltreer moet wees. ’n Inlyn-filtreerst­elsel word dus aanbeveel. Die druppers sal enigiets kleiner as 200 mikron deurlaat sonder om verstop te raak.

Die druplyne kan gespasieer word om plante in rye wat so min as 20 cm uit mekaar is, tot rye wat 3 m uit mekaar is, te besproei. ’n Kabel en katrol kan op die hooflyn aangebring word om druppers aan te skuif wanneer dit nodig is. Teeter sê dit is veral nuttig by gewasse waar jy die drupper by die klein plantjie verbysleep en gaandeweg aanskuif om die plante ruimte te gee om te groei.

Boere kan vind dat hulle hul landerye anders moet bestuur vir optimale verwer- kings- en oesdoelein­des. Teeter sê hy vind die beste is om in sirkels te ploeg, te plant en te oes. Só keer jy dat jou spilpunt oor die rye moet loop.

“Dit baat jou egter om in ’n sirkel te bewerk. Daar word bereken dat jy tot 30% op omdraaityd spaar. Dit alleen is al genoeg rede om in sirkels te bewerk.”

Hy waarsku daar is ’n kans dat knaagdiere en selfs roofdiere aan die pype sal kom kou op soek na water. Dit is egter vinnig en maklik om te herstel deur eenvoudig die vernielde deel uit te sny en met pyplaste wat net indruk, ’n nuwe stukkie druplyn in te voeg.

Die slytasie op die druplyne met ’n wanddikte van 1,3 mm is minimaal. Hoewel Teeter die gebruiksty­d op tussen 10 en 12 jaar skat, meen Willemse dit kan ’n spilpunt se hele gebruiksty­d hou.

Daar is ook verskillen­de installeri­ng smoontlikh­ede. Vir gewasse soos mielies en sonneblomm­e sal ’n hoër oorhoofse lyn met lang afvoerpype nodig wees, maar by die meeste groentesoo­rte en laer groeiende gewasse kan die oorhoofse lyn laer wees met korter afvoerpype tot by die druplyn.

’N OPLOSSING VIR ALMAL

Willemse is só beïndruk met die DragonLine-stelsel dat hy besluit het om genoeg te bestel vir ander boere wat ook belang stel. “Ek glo regtig die stelsel kan lewe blaas in boerderye wat besig is om te sukkel as gevolg van watertekor­t een hoë elektrisit­eit s rekeninge .”

Die Dragon-Line kom in verskeie opsies. ’n Spesiale pakket met’ n doelgemaak­te installeri­ng s drukstuk word vir elke spilpunt opgestel. Daarop word die presiese plasing van elke druplyn op die spilpunt aangedui wat betref rywydte, die waterdruk waarteen die stelsel moet werk en die vloeitempo en lengte van die druplyn agter die spilpunt. Dit kan van 30 cm tot 30 m wissel.

 ??  ?? jasper.raats@landbou.com Die Dragon-Line-stelsel is ’n slim aanpassing wat druplyne aan ’n spilpunt koppel om ’n waterbespa­ring van tot 50% mee te bring. Die Dragon-Line word opgestel om water by plante reg toe te dien met minimale verdamping en vermorsing.
jasper.raats@landbou.com Die Dragon-Line-stelsel is ’n slim aanpassing wat druplyne aan ’n spilpunt koppel om ’n waterbespa­ring van tot 50% mee te bring. Die Dragon-Line word opgestel om water by plante reg toe te dien met minimale verdamping en vermorsing.
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Monty Teeter van Dragon-Line wys hoe om die krane oop en toe te maak om tussen sproeiers en drupbespro­eiing te wissel.
Mnr. Monty Teeter van Dragon-Line wys hoe om die krane oop en toe te maak om tussen sproeiers en drupbespro­eiing te wissel.
 ??  ?? ’n Tweekraans­telsel laat boere toe om steeds die sproeiers op hul spilpunte te gebruik wanneer hulle plantjies moet laat ontkiem.
’n Tweekraans­telsel laat boere toe om steeds die sproeiers op hul spilpunte te gebruik wanneer hulle plantjies moet laat ontkiem.
 ??  ?? Omdat die Dragon-Line agter die spilpunt aansleep, loop die wiele altyd op droë grond. Die dae van torings wat vasval in modder, is dus verby.
Omdat die Dragon-Line agter die spilpunt aansleep, loop die wiele altyd op droë grond. Die dae van torings wat vasval in modder, is dus verby.
 ??  ?? Mnr. Monty Teeter van Dragon-Line in Amerika (links) saam met mnr. Jacques Willemse van Hanaline Boerdery op Weipe. Willemse gaan die Dragon-Line-stelsel in Suid-Afrika bemark.
Mnr. Monty Teeter van Dragon-Line in Amerika (links) saam met mnr. Jacques Willemse van Hanaline Boerdery op Weipe. Willemse gaan die Dragon-Line-stelsel in Suid-Afrika bemark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa