Landbouweekblad

Indringerp­lante suig jaarliks een Jozinidam leeg

- – AMELIA GENIS

DIE ekonomiese skade wat indringers­pesies aanrig, beloop miljarde rande, terwyl indringerp­lantspesie­s waterafloo­p verlaag en saam met ander indringers­pesies biodiversi­teit beperk.

Dit is van die belangriks­te bevindings in ’n nuwe statusvers­lag oor biologiese indringers en hoe dit bestuur moet word.

Indringerp­lantspesie­s wat die grootste uitwerking het, is swartwatte­l, lantana, dennespesi­es, bloekom, portjackso­n, rooikrans, Hakea, Prosopis, populier en treurwilge­r. Dié plante verminder waterafloo­p met 1 500 miljoen tot 2 500 miljoen kubieke meter per jaar. Dit is gelykstaan­de aan die kapasiteit van die Jozini-dam in KwaZulu-Natal. Die uitwerking is die grootste op opvanggebi­ede in die Wes- en Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

As niks aan die toedrag van sake gedoen word nie, kan die afname in waterbronn­e 2 600 miljoen tot 3 200 miljoen kubieke meter per jaar wees. Dit is dubbel die huidige beramings.

Die verslag, The status of biological invasions and their management in South Africa, meld dat maatreëls om die spesies te bekamp die beste werk waar geintegree­rde benadering­s gevolg word. Dit sluit in stappe om die inbring van spesies met ’n hoë risiko om indringers te word te voorkom, die vroeë opsporing en uitroeiing van indringers­pesies, asook die bestuur van dié spesies wat reeds versprei het.

SLEGS EEN ONDERSKEPP­UNT

Die Departemen­t van Omgewingsa­ke het egter net ’n konstante teenwoordi­gheid by die O.R. Tambo-lughawe, een van 72 amptelike grensposte, om vreemde spesies te onderskep en te voorkom dat hulle die land binnekom.

Die departemen­t doen van tyd tot tyd inspeksies saam met ander departemen­te, maar daar word hoofsaakli­k op grensinspe­ksies deur die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye staatgemaa­k om te keer dat vreemde spesies die land binnekom.

Indringerp­lante bedreig ook die produktiwi­teit van weiveld en die verslag beraam dat dit veeproduks­ie op die besmette grond met die helfte kan verminder.

Suid-Afrika het die afgelope paar jaar swaar onder brande deurgeloop. Die slegte nuus is dat indringerp­lante die struktuur van en hoeveelhei­d brandbare materiaal wat geprodusee­r word kan verander en vermeerder, wat die intensitei­t van veldbrande kan verhoog en moeiliker maak om in bedwang te bring.

Altesaam 2 034 uitheemse plant- en dierspesie­s het buite die gebiede waar hulle verbou of aangehou word, gevestig geraak. Die meeste van dié spesies is doelbewus hierheen gebring vir landbou, bosbou, akwakultuu­r of die troeteldie­rhandel.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: CHARLIE REINHARDT ?? Swartwatte­l is een van die grootste sondaars as dit kom by die aftakeling van grondwater­bronne.
FOTO’S: CHARLIE REINHARDT Swartwatte­l is een van die grootste sondaars as dit kom by die aftakeling van grondwater­bronne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa