Landbouweekblad

HONDE: JOU BESTE VRIEND OP DIE PLAAS

-

Honde is nie net die mens se beste vriend nie, maar op plase moet hulle ook as werkers hul skoene volstaan — nie net as afskrikmid­del nie. Wat is volgens jou die beste hond vir ’n plaas?

SANETTE TARA WOLFAARDT

LOMBARD skryf: Ons Boerboele het baie oud geword en nooit kinders gebyt nie. Jy moet huiswerk doen oor die teling van die hond. Nie alle Boerboele is kinderbyte­rs nie.

MIA SWANEPOEL antwoord: Dit hang ook baie van die eienaar af. Die Boerboel wat ons gehad het toe ek sowat 11 jaar oud was, het my en my broer soos goud bewaak. Dit was die beste kinderhond wat ek nóg gehad het. Ek konmyoënie­glotoeekso­wat 12 jaar later op ’n plaas met drie Boerboele kom en nie ek óf my man byna kans sien om uit te klim nie. Jy kon sien hulle is van kleins af aangemoedi­g om te byt.

MATTHYS JOHAN SWART

skryf: Kelpiehond­e doen skaapwerk, is slim en lojaal en dink vir hulself. Beste maat.

BUTCH VAN BLERK antwoord: Daar is nie ’n intelligen­ter hond nie — hy is heeltemal mens.

JOHAN SCRIBANTE skryf: ’n Anatoliese Herdershon­d by die diere. ’n Australies­e Beeshond in jou skaduwee. Boelterrië­rs in en om die huis. Yorkshire-terriërs of bokkiehond­jies in jou huis en slaapkamer.

JAN Z OLIVIER skryf: Geen argument met iemand nie. Honde in die huis, honde op die werf en honde in jou kraal is die beste.

AMANDA VAN BLERK skryf: Die Beeshond is kwaai, wakker en lojaal. ’n Hond is so goed soos wat hy geleer word. Enige hond.

JOHAN WILLEM SCHOULTZ skryf: Jy leer nie ’n skaaphond nie, hy leer jou. Jy loop en fluit, en hy doen die werk. Altyd beskikbaar, geen minimum loon, geen Cosatu. Hy vra net liefde en aandag.

ANDRE DE LANGE skryf: Beslis ’n Beeshond. Versigtig, lojaal, energiek, gehoorsaam, beskermend, dapper en baie liefdevol teenoor kinders.

ISELLE VENTER skryf: Jack Russells.

WILLEM JOHANNES PIETERSE skryf: Trompie, my Rifrug, bring sy kant.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa