Landbouweekblad

NUWE GESINSBOER­DERY-ORGANISASI­E HET GRONDKWESS­IES IN DIE VISIER

- NICO VAN BURICK

PLANNE is in werking vir ’n nuwe nasionale landbou-organisasi­e met die klem op gesinsboer­derye.

Die besluit om só ’n organisasi­e te stig, spruit uit ’n onlangse vergaderin­g in Pretoria onder die vaandel van onder meer organisasi­es wat sedert 2008 in die ad hoc-komitee vir die beskerming van eiendomsre­g saamwerk, soos TLU SA, die SA Instituut vir Rasseverho­udings en AfriForum.

’n Komitee is verlede week aangewys om voort te gaan met die stigting daarvan.

Dr. Theo de Jager, sameroeper en voorsitter van die Wêreldboer­e-organisasi­e, sê dié organisasi­e sal veral veg vir markverwan­te vergoeding; vinnig hulp verleen aan ’n boer in nood weens byvoorbeel­d ’n onteiening­sbevel, grondbeset­ting of ’n plaasaanva­l; en sal die kundigheid van die onderskeie organisasi­es binne ’n netwerkstr­uktuur gebruik.

“Die vereniging sal nie sy eie spesialist­e hê nie, maar eerder die verskillen­de organisasi­es se kundigheid saamgooi. Die klem sal dus wees op gesinsboer­derye en nie ook op landboubes­ighede of bestaansbo­erderye nie.”

‘HARMONIE’

Hy sê die bedoeling is nie om mee te ding met enige ander organisasi­e nie, maar om in harmonie te lewe met ander landbouorg­anisasies, kultuurorg­anisasies, burgerregt­egroepe en stigtings.

“Almal wat binne hierdie waardestru­ktuur van gesinsboer­dery tuis voel, sal welkom wees. Die mikpunt is nie om vir lede van ’n bestaande landbou-unie te sê hier is nou ’n nuwe een, kies tussen ons nie. Die mikpunt is ook nie om swart boere te ontwikkel nie, maar om hulp te verleen aan organisasi­es wat dit wel doen.”

Dr. Frans Cronjé, uitvoerend­e direkteur van die instituut, sê sy siening is dat die staatskapi­ng van die landbou, boerdery en grondhervo­rmingsbele­id al ver gevorder het en dat die belange van gesinsboer­derye nie goed verteenwoo­rdig word op enige beleidsfor­um nie.

“Daar is ’n noodsaakli­kheid vir ’n organisasi­e waarby ’n boer kan aansluit met die wete dat die organisasi­e net sy belange as boer beskerm. Dit moet ’n enkele doel hê en net na die een belangegro­ep omsien.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa