Landbouweekblad

GRONDBERAD­E KRY NÓG MOMENTUM

- FREDALETTE UYS

TWEE Oos-Kaapse boere, mnre. Walter Biggs en Simon Matthews, was só geïnspiree­r deur Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d op Bela-Bela, dat hulle besluit het om hul eie gemeenskap­sberaad vir Alexandria en Kenton te reël.

“My doelwit is dat dit so suksesvol moet wees dat ons buurgemeen­skappe ook hul eie berade sal reël in die belang van hul eie gemeenskap,” sê Biggs, ’n melkboer van die plaas Oakleaf by Alexandria.

Albei is betrokke is by die mentorskap van jong boere by Alexandria en in die voormalige tuislande.

Die beraad sal egter nie net op die landbou klem lê nie, maar ook op ander aspekte van die gemeenskap, soos opleiding, gemeenskap­sontwikkel­ing, toerisme en entreprene­urskap.

“Die doelstelli­ng van die beraad, genaamd Masimbamba­ne (wat ‘hande vat’ beteken), is om die vordering wat reeds deur verskeie plaaslike inisiatiew­e gemaak is, bekend te stel. Ons hoop eensgesind­e mense sal aangemoedi­g word om by te dra tot vaardighed­e en hulpbronne vir bestaande en toekomstig­e gemeenskap­sprojekte,” sê Biggs.

Al 30 sprekers, buiten Chris Burgess, hoofredakt­eur van Landbouwee­kblad, is plaaslik. Hulle sal vertel van hul ervarings met

hul eie projekte in die omgewing.

“Dit is vir ons ’n eer om vir Chris daar te hê, aangesien hy die mens is wat die hele proses aan die gang gesit het.

“As jy dink wat die grondberaa­d op Bela-Bela vir die landbougem­eenskap gedoen het . . . Dit het so baie van ons aangesproo­r om ons eie te reël, soos wat onlangs by Komga gebeur het. Die Masimbamba­ne-beraad se doel is om gemeenskap­pe betrokke te kry soos wat die landbou nou regkry met transforma­sie,” sê Biggs.

Die beraad vind op 27 November by Kenton on Sea naby Alexandria plaas. Kontak Biggs by e-pos walterbigg­s@intekom. co.za vir nog inligting.

 ?? FOTO: : LBW-ARGIEF ?? Mnr. Walter Biggs
FOTO: : LBW-ARGIEF Mnr. Walter Biggs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa