Landbouweekblad

ONGUNSTIGE MARK KNOU TONGAAT HULETT SE WINSTE

- – VIDA BOOYSEN

DIE suikerreus Tongaat Hulett se aandeelpry­s het skerp teruggesak ná teleurstel­lende halfjaarre­sultate.

Die maatskappy, wat benewens sy suikerbedr­ywighede ook eiendomson­twikkeling doen, skryf die daling van 64% in sy bedryfswin­s vir die halfjaar tot einde September toe aan onafgehand­elde eiendomstr­ansaksies en ongunstige marktoesta­nde wat sy suikerriet­bedrywighe­de in Suid-Afrika sowel as Mosambiek geknou het.

Die bedryfswin­s het in die ses maande tot einde September op ’n jaargronds­lag van R1,47 miljard tot R530 miljoen ingekrimp.

Die maatskappy wys daarop dat internasio­nale suikerprys­e in dié tydperk met gemiddeld 22% teruggesak het.

Goedkoper ingevoerde suiker het daartoe gelei dat plaaslike suikerprys­e ook gedaal het, wat laer winsmarges beteken het. Die goedkoop ingevoerde suiker was veral rampspoedi­g vir plaaslike kleinboere wat nie meer suiker winsgewend kon produseer teen die lae pryse nie.

Die gesamentli­ke wins van Tongaat Hulett se suikerbedr­y- wighede was R1,138 miljard, wat op ’n jaargronds­lag 13% laer is.

TARIEFBESK­ERMING

Die maatskappy sê in ’n verklaring die probleme vir sy suikerbedr­ywighede kry aandag. “Tongaat Hulett se bestaande suikerriet­bedrywighe­de het die potensiaal om tot 1,60 miljoen ton suiker te produseer,” lui die verklaring.

Die totale suikerprod­uksie in die 2018-’19-boekjaar word op tussen 1,31 miljoen en 1,35 miljoen ton geskat.

Verhoogde invoertari­efbeskermi­ng in sy Suid-Afrikaanse mark kan help om plaaslike verkope weer te normalisee­r. Die verbeterin­g sal in die 2019-’20-boekjaar se resultate weerspieël word, sê die groep.

Tongaat Hulett het in die ses maande ’n wesensverl­ies van R87 miljoen aangeteken teenoor ’n wins van R661 miljoen in die vorige ooreenstem­mende tydperk. Die wesensverl­ies per aandeel was 74c, wat 113% laer is as ’n jaar gelede.

Die maatskappy het nie ’n tussentyds­e dividend verklaar nie. Teen verlede Maandagmid­dag het Tongaat Hulett se aandeelpry­s reeds 8% swakker vertoon as voor die bekendmaki­ng van sy tussentyds­e resultate. Die aandeel het tot dusver vanjaar reeds 45% van sy waarde verloor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa