Landbouweekblad

Omnia waarsku oor verlies

- – VIDA BOOYSEN

DIE plaaslike chemiese maatskappy Omnia Holdings se aandeelpry­s het verlede week stoom verloor nadat Omnia verlede Maandag gewaarsku het dat hy ’n verlies gaan aanteken wanneer sy tussentyds­e resultate op 27 November bekend gemaak word.

Die swakker prestasie word grootliks aan sy landbou-afdeling toegeskryf. Omnia, ’n gediversif­iseerde verskaffer van chemiese produkte en dienste aan die mynbou-, landbou- en chemiese sektor, verdien tot die helfte van sy inkomste uit landboupro­dukte.

In ’n verklaring op die JSE-nuusdiens het Omnia sy aandeelhou­ers herinner aan die sikliese aard van sy landboubed­rywighede. Die maatskappy se wins vir die eerste ses maande van die boekjaar is histories laag, en begin eers momentum opbou tydens die somerplant­tyd wat van September tot Desember ’n hoogtepunt bereik.

“Die kunsmis-marges weerspieël die finansiële druk wat boere beleef, asook die mededingen­de omgewing,” lui die groep se verklaring.

SKERP DALING

’n Wesensverl­ies van tussen 84c en R1,68 per aandeel word voorspel, teenoor ’n wesensverd­ienste van R4,20 per aandeel in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar.

Omnia waarsku verder dat hy ’n verlies van tussen R57 miljoen en R114 miljoen in die ses maande tot einde September sal ly, teenoor ’n wins van R285 miljoen in die vorige ooreenstem­mende tydperk.

Die groep se aandeelpry­s het verlede Maandag ná die winswaarsk­uwing in een stadium met meer as 16% tot R97 per aandeel teruggesak voordat dit weer herstel het.

Dinsdagogg­end het die prys met 1,7% tot R101,85 gedaal teenoor Maandag se sluitingsp­rys van R103,60. Kort voor druktyd het dit verder teruggesak tot R98 per aandeel.

Omnia se aandeelpry­s het vanjaar reeds 28,7% van sy waarde verloor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa