Landbouweekblad

AGRIPARKE-BERG BAAR ’N MUIS

- — JOYLENE VAN WYK

DRIE jaar en amper R1,7 miljard later is nog net vier agriparke gedeelteli­k in bedryf.

Uit die aanvanklik beloofde 44 agriparke wat in 2015 aangekondi­g is, het die Regering nou besluit om af te skaal tot nege – een per provinsie.

En die R1,675 miljard wat tot dusver aan die nege prioriteit-agriparke bestee is, verteenwoo­rdig nie eens die totale koste van dié nege en die 14 ander parke waaraan daar sedert 2015 gewerk is nie.

Dié syfers was nie beskikbaar by die vergaderin­g van die Parlement se portefeulj­ekomitee oor landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming nie, waar die nuutste syfers oor die departemen­t se besteding aan agriparke bekend gemaak is. Vier agriparke is deels in bedryf. By Ncora in die Chris Hani-distriksmu­nisipalite­it in die OosKaap is twee melkerye opgerig, ’n mieliemeul­e het in bedryf gekom, silo’s is opgerig en damme en kanale herstel. In Gauteng is daar by drie plekke – Brandvlei en Randfontei­n in die Wes-Rand-distriksmu­nisipalite­it en in Sedibeng – infrastruk­tuur vir tonnelboer­derye en voedselver­werking opgerig. In die Witzenberg-munisipali­teit in die Kaapse Wynlanddis­triksmunis­ipaliteit is elektrisit­eitsinfras­truktuur, toegangspa­aie en stormwater­geriewe aangelê en ’n abattoir gekoop. Op Springbokp­an in die Ngaka Modiri Molema-distriksmu­nisipalite­it, Noordwes, is silo’s herstel. ’n Voedselban­k, meule en pakhuis is gebou, asook ’n veeldoelig­e sentrum, toilette en veehanteri­ngsgeriewe. Dié projekte het die staat tot dusver R1,113 miljard gekos. Volgens die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming sal nog R513 miljoen bestee moet word voor hul ten volle in bedryf kan wees.

Die vyf ander agriparke het die staat tot dusver R564,4 miljoen uit die sak gejaag. ’n Verdere R600 miljoen sal volgens die departemen­t nodig wees om hulle te voltooi.

VER OOR BEGROTING

As die ontwikkeli­ng van die oorblywend­e nege parke by die huidige begroting sou hou, sal hulle R2,788 miljard kos, teenoor die R2 miljard wat in 2015 met die aankondigi­ng vir die 44 projekte begroot is.

Die Regering het die agriparke-inisiatief begin om infrastruk­tuur te vestig vir landbouver­werking en om swart boere in 44 van die land se armste distrikte te bemagtig. Die departemen­t sê sowat 5 000 werkgeleen­thede is deur die projek geskep, hoofsaakli­k in die boubedryf en landboupro­duksie, by 23 van die agriparke wat in verskeie stadiums van ontwikkeli­ng is.

Die plan is om die parke teen die einde van 2020 voltooi te hê. Geld vir die parke kom uit die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming se begroting vir grondhervo­rming.

Die departemen­t het by die vergaderin­g ook terugvoeri­ng gegee oor van die werk wat al by ander agriparke gedoen is, maar omdat sekere dokumente oor die projekte die komitee nie betyds bereik het nie, moes die vergaderin­g uitgestel word.

* Landbouwee­kblad berig meer hieroor in komende uitgawes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa