Landbouweekblad

Tropiese sikloon laat saaiboere kopkrap

- — ALANI JANEKE

WEENS die teenwoordi­gheid van die tropiese sikloon Alcide net oos van Madagaskar sal die afgelope week se swak reëntoesta­nde oor groot dele van die land vir die meeste van hierdie week voortduur.

Weervoorsp­ellings op kort termyn dui wel aan dat die kans op reën in die somerreëng­ebiede in die laaste week van November en in Desember verbeter, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou.

“Taamlik swaar reën kan in die eerste deel van Desember in die oostelike dele van die land, soos KwaZulu-Natal en Mpumalanga, moontlik wees.”

Die kans op reën in die westelike deel van die land neem egter af.

“Dit lyk of daar nou ’n droër situasie ontwikkel in die westelike deel van die land vir ten minste die volgende maand of twee. Verder is daar ’n sterk moontlikhe­id van droër toestande in die tweede deel van die seisoen wanneer die verwagte El Niño-stelsel se uitwerking na vore kom.

EL NIÑO

“Meer neutrale toestande kan in die volgende maand of twee heers en dalk beter reënvaltoe­stande meebring as met net ’n El Niño-verskynsel, maar tropiese siklone versteur tans hierdie moontlikhe­id op kort termyn.”

Volgens die Australies­e buro vir meteorolog­ie dui die Enso (El Niño Suidelike Ossillasie) -indeks steeds op ’n kans van 70% vir ’n El Niño -verskynsel vanjaar.

Volgens sewe van die agt klimaatmod­elle wat nagegaan word, sal see-oppervlakt­emperature tot Maart volgende jaar bo die drempels bly wat met El Niño verbind word.

Wat die winterreën­streek betref, word baie min of geen reën vir minstens die komende week of twee in die westelike deel van die Wes-Kaap verwag, terwyl ligte reën vanaf 20 November oor die kusgebiede van die Suiden Oos-Kaap moontlik is.

Die baie warm toestande wat tans in dele van die streek voorkom, benadeel veral koringprod­uksie, “want dit is op ’n kritieke stadium van pitvulling”, sê Van den Berg.

WEER-WIPPLANK

Van den Berg sê intussen het die gebrekkige reën en groot temperatuu­rskommelin­gs wat verlede maand voorgekom het, die aanplantin­g van somergewas­se in veral die oostelike produksieg­ebiede geknou.

“Minimum temperatur­e van onder 5 °C in die binneland en op sekere plekke benede vriespunt, asook ligte sneeu op sekere bergreekse, het selfs nog in die eerste week van November voorgekom.”

Te midde van dié toestande staan die optimale plantdatum einde se kant toe.

“So byvoorbeel­d was die laaste opkomsdatu­m vir die toestaan van multirisik­o-oesverseke­ring vir sojabone reeds rondom 15 November in distrikte in die koeler Oos-Vrystaat, soos Bethlehem, Harrismith en Frankfort. Sojabone moet voor einde November reeds op wees in die grootste deel van Mpumalanga,” sê Van den Berg.

“Daar moet nog heelwat aanplantin­gs in die oostelike produksieg­ebiede gedoen word, veral die Oos- en Noordoos-Vrystaat en die gebiede om Standerton, Bethal en Heidelberg in Mpumalanga.”

Geen of min aanplantin­gs is al in die sentrale tot westelike deel gedoen, hoewel daardie gebiede se normale planttyd eers in die tweede deel van November tot middel of laat Desember is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa