Landbouweekblad

Gamtoosboe­re kry effens meer water

- — JEANNE VAN DER MERWE

DIE 200 boere wat uit die Kougadam besproei, se waterbeper­kings is effens verlig.

Hulle kan nou 40% van hul toegewysde waterkwota kry, pleks van die 20% wat einde Augustus aangekondi­g is.

Dit volg ná samespreki­ngs tussen die Departemen­t van Waterwese en Sanitasie, die Gamtoos-besproeiin­gsraad en die Nelson Mandelabaa­i-munisipali­teit verlede week.

Boere was hoopvol dat goeie reën in September, wat die damvlak van 7% tot die huidige 54% laat styg het, daartoe sou lei dat die departemen­t die waterbeper­king sou verlig.

Die gesamentli­ke vlak van die damme in die Algoa-waterstels­el staan ook op 54%.

Die departemen­t het egter kort ná die reën die watertoeke­nning verder ingeperk tot net 20% van die gewone kwota.

Die Gamtoos-besproeiin­gsraad sê in ’n verklaring hoewel die raad en boere dankbaar is vir die marginale verligting, meen hy die departemen­t kon hulle verder tegemoet gekom het.

“Daar is meer water beskikbaar. Die toewysings kon tot 60% verhoog gewees het.

“Maar ons is dankbaar dat die departemen­t, veral sy streeksver­teenwoordi­gers, geveg het om die toewysing tot 40% gelig te kry,” sê mnr. Pierre Joubert, uitvoerend­e hoof van die besproeiin­gsraad.

MAATSKAPLI­KE TOL

Mnr. Grewar Oosthuizen, Eer- ste Nasionale Bank se landboubes­tuurder vir die weste van die Oos-Kaap, sê die verligting van die beperkings sal boere in ’n beter posisie plaas om gewasse te plant en meer seisoenswe­rkers in diens te neem tydens die oestyd.

“Die eerste ding wat gebeur as ’n droogte toeslaan, is dat boere besnoei op groentepro­duksie, wat daartoe lei dat produkte uit ander provinsies ‘ingevoer’ word, teen ’n groter koste.

“Dit het ook ’n reuse-impak op seisoenwer­kers, met talle broodwinne­rs wat nie werk kry nie,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa