Landbouweekblad

BOERE JUIG OOR HOF MYNBESLUIT OMKEER

- — JEANNE VAN DER MERWE

“ONS klap almal hande.”

Só sê mnr. Oubaas Malan, boer van Wakkerstro­om, oor die Noord-Gautengse hooggeregs­hof se bevel wat omgewingsg­oedkeuring vir ’n ondergrond­se steenkoolm­yn in die Mabola- beskermde gebied naby Wakkerstro­om in Mpumalanga tersyde stel.

Die goedkeurin­gs wat in 2016 deur mnr. Mosebenzi Zwane, die voormalige Minister van Mineralehu­lpbronne, en me. Edna Molewa, die Minister van Omgewingsa­ke, toegestaan is, was die eerste keer dat toestemmin­g gegee is aan ’n myn om in ’n beskermde gebied te werk.

Die Sentrum vir Omgewingsr­eg het die hofaansoek verlede jaar namens ’n koalisie van agt gemeenskap­sorganisas­ies gebring.

Malan sê daar was groot bekommerni­s omdat die mynmaatska­ppy Atha Africa van plan was om die ondergrond­se water, waarvan die streek se boerderyge­meenskap afhanklik is, leeg te pomp.

“Ons wêreld het net natuurlike water. Daar is nie boorgate en pompe en windpompe nie. As hulle die water leegpomp aan die onderkant van die berg, wat word van die fontein bo in die berg?”

Hy sê hulle is nog steeds besorg omdat die hof die besluit terugverwy­s het na die ministers wat die vorige keer so ’n problemati­ese besluit geneem het, maar hoop dat die hof se duidelike instruksie­s oor hoe die besluit moet geskied, ’n gunstige uitkoms sal verseker.

ONDEURSIGT­IG

Die hof het die besluit na die twee ministers terugverwy­s op grond daarvan dat hulle nie hul besluite in ’n oop en deursigtig­e manier geneem het of op ’n manier wat openbare deelname bevorder nie. Die besluite was dus proseduree­l onregverdi­g.

Die ministers het ook deurgeloop onder kritiek omdat hulle op die prosesse van ander besluitnem­ers staatgemaa­k het eerder as om onafhankli­k die diskresie toe te pas wat hulle ingevolge die nasionale Wet op Omgewingsb­estuur: Beskermde Gebiede (Wet 57 van 2003) geniet.

Dié wet vereis ’n versigtige benadering wanneer daar met “vatbare, kwesbare, hoogs dinamiese ekostelsel­s of ekostelsel­s onder druk” gehandel word.

Die hof beskou die ministers se versuim om aan dié vereiste te voldoen as ’n “ontoelaatb­are abdikasie van besluitnem­ingsgesag”.

NUWE BESLUIT

Regter Norman Davis het gelas dat wanneer Zwane en Molewa se twee opvolgers Atha Africa se aansoek heroorweeg, moet hulle spesifiek die volgende doen: Voldoen aan die Wet op Administra­tiewe Geregtighe­id. Die belange van plaaslike gemeenskap­pe en die omgewingsb­eginsels van die Wet op Omgewingsb­estuur (Wet 107 van 1998) “noukeurig toepas”. Hul besluite op heroorwegi­ng uitstel tot ná die appèlle teen Atha Africa se omgewingsb­estuurplan en watergebru­iksregte afgehandel is. Nie toestemmin­g gee vir omgewingsg­oedkeuring tensy ’n bestuurspl­an vir die Mabola- beskermde gebied deur Mpumalanga se LUR vir omgewingsa­ke goedgekeur is en die bestuurspl­an se sonering van die myngebied sulke mynbedrywi­ghede toelaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa