Landbouweekblad

Langfos Sagte Rotsfosfaa­t

-

Sagte npireokd e pwraoadrvu­ak wdia aorovrsap n e klei- onsuiwerhe­de bevat wat van harde rotsfosfaa­t afgewas is. Vir meer as 100 jaar word hierdie produk gebruik om grond te verbeter. Hier is 7 voordele van die gebruik van hierdie uitnemende produk:

1. Sagte rotsfosfaa­t verbeter elektromag­netisme in grond. Dit beteken dat dit bly kleef en sal nie beweeg nie. Hierdie element word na die grond oorgedra as weerstand teen erosie. 2. Sagte rotsfosfaa­t bevat kalsium in die wortel area / sone. Dit hou ‘n groot voordeel in, veral as die grond ‘n lae kalsium vlak het. Wanneer kalksteen op grond toegedien word, het dit ‘n neiging om vanuit die bo-grond na die laer liggende grond te sak. Wanneer kalsium in die bo-grond gehou word, sal die biologiese samewerkin­g die kalksteen verteer om deel van hul mikrobiese protoplasm­a te word. Wanneer dit doodgaan, stel dit die kalsium na die grondmengs­el vry as beskikbare kalsium. Die teenwoordi­gheid van sagte rotsfosfaa­t veroorsaak elektromag­netiese verbinding met die kalsium wat dit in die bo-grond bewaar en biologies meer tyd verleen om die kalksteen te verwerk. Geen ander fosfaat kunsmis besit oor hierdie vermoëns nie. 3. Sagte rotsfosfaa­t is ‘n kolloïdale klei. Dit beteken dat dit ligte sandgrond kan bind. Sagte rotsfosfaa­t is ook ‘n voeding vir die grond. Dit sal dieselfde effek hê as soos die byvoeging van koeksoda in pannekoekd­eeg – dit help om die grond te lug en om die lug in die grond te sirkuleer. 4. Sagte rotsfosfaa­t voorsien spoor minerale, en bevat byna die helfte van die elemente op die periodieke kaart. Terwyl wetenskap debatteer wat nodig is, is dit nie ironies dat al hoe meer van die elemente as noodsaakli­k of voordelig erken word nie? Daar is bevind dat ‘n volle spektrumvo­eding altyd ‘n voordeel inhou vir plantgeson­dheid in tuine wanneer dit gekombinee­r word met hoof- en sekondêre minerale. Sou dit nie ook vir u veldgewass­e van toepassing wees nie? 5. Sagte rotsfosfaa­t verskaf langtermyn produserin­g van fosfor. Die oorgrote meerderhei­d van grond regoor die wêreld het ‘n kritieke tekort aan fosfor. Deur sagte rotsfosfaa­t by groter dosisse by te voeg, word die fosforvlak in die grond opgebou. Deur middel van mikrobiese vertering word hierdie reserwes stadig beskikbaar gestel aan plante. Wat in jaar 1 bygevoeg word, kan in jaar 3 beskikbaar wees. Die doel is om sagte rotsfosfat­e by te voeg totdat die beskikbare fosfor ongeveer 90kg per h/a op die Internasio­nale Ag Labs grondtoets toon. Op hierdie vlak is dit veilig om kommersiël­e fosfaat uit die vrugbaarhe­idsprogram te verwyder. Doen dit slegs met die jaarlikse grondtoets om te verifieer dat fosfor goed voorsien word. Die vermoë om kommersiël­e fosfor uit ‘n vrugbaarhe­idsprogram te neem, is veral waardevol op turf en landbou grond rondom mere wat sensitief is vir alge. 6. Sagte rotsfosfaa­t verhoog die uitruiling­skapasitei­t, omdat dit eintlik ‘n klei is. Dit laat toe dat die grond meer positief gelaaide voedingsto­wwe, veral kalsium, maar ook kalium-, magnesium- en spoorminer­ale behou. Vogtige sagte rotsfosfaa­t kan selfs die gasvormige vorm van ammoniak behou. Een manier om voordeel te trek uit hierdie element is om 10% sagte rotsfosfaa­t per volume met rou bestanddel­e te meng vir kunsmis. Nie alleen kan sagte rotsfosfaa­t fosfor, kalsium, silikon en spoorminer­ale byvoeg vir die finale kunsmis produk nie, maar hou ook ander voordele in. Gedurende die bemestings­proses word voedingsto­wwe in oplosbare ioniese vorm vrygestel. Wanneer sagte rotsfosfaa­t teenwoordi­g is, sal die positiewe gelaaide voedingsto­wwe aan kleigolloï­ede geheg word in plaas daarvan dat die vog verdwyn. 7. Sagte rotsfosfaa­t is baie vinniger beskikbaar as harde rotsfosfaa­t. Die gebruik van harde rotsfosfaa­t word ten sterkte ontmoedig tensy dit toegepas word op baie lae pH tropiese gronde. Terwyl sagte rots stadig vrygestel word en beskikbaar raak oor verskeie jare, neem dit harde rots fosfate ‘n generasie of twee.

Organiese Reg. Nr: B4038 • Vir volle ontledings & tegniese info besoek ons webtuiste: KLIENTE DIENS: 083 461 8979 | info@geckofert.co.za | www.geckofert.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa