Landbouweekblad

TWK Agri trots op wenner

Die Nuwe Era- Kommersiël­e Boer van die Jaar is ’n volwaardig­e klant en aandeelhou­er van TWK Agri en staan reeds ander opkomende boere in sy omgewing by.

-

Graan SA, Absa en John Deere Financial se Nuwe Era Kommersiël­e Boer van die Jaar vir 2018 is mnr. Jeremia Makhosini Mathebula. Mathebula is ’n klant van TWK Agri. TWK Agri wens hom van harte geluk met sy eerbewys en is voorwaar trots om deel van sy suksesverh­aal te wees.

Die gelukwensi­ng gaan ook aan alle entiteite en individue wat in verskillen­de hoedanighe­de tot Mathebula se sukses bygedra het. Dit sluit veral TWK se grootste vennote in die ondernemin­gsontwikke­lingsafdel­ing in, onder meer die Land Bank, The Jobs Fund en Graanboero­ntwikkelin­gsverenigi­ng (GFADA).

Verskeie individue in die verskillen­de afdelings van TWK het ook op persoonlik­e vlak bygedra, en elkeen wat ’n verskil gemaak het, verdien ’n klop op die skouer.

ONTWIKKELI­NG

TWK se ondernemin­gsontwikke­lingsafdel­ing is in 2013 op die been gebring met slegs een personeell­id en ’n groot droom. Struikelbl­okke vir opkomende boere wat vir die eerste keer toegang tot grond gekry het, is geïdentifi­seer. Dit het toegang tot finansieri­ng, toegang tot die regte insette op die regte tyd, en toegang tot tegniese vaardighei­d ingesluit.

Mathebula is geïdentifi­seer as ’n boer wat reeds suksesvol op klein skaal geboer en graan aan TWK gelewer het. Hy is een van die eerste twee boere in die ontwikkeli­ngsprogram.

Sedert 2013 het die afdeling jaarliks gegroei met nuwe boere wat aangesluit het.

Vandag word sowat 40 opkomende boere in die graan, bosbou en veebedryf ondersteun.

VENNOTE

TWK het gou besef dat hy nie die droom sou kon verwesenli­k sonder die regte vennote nie. Die Land Bank was die maatskappy se eerste groot vennoot met groothande­lfinansier­ing wat beskikbaar gestel is vir die finansieri­ng van swart opkomende boere teen gunstige bepalings.

Die afdeling se aanvanklik­e sukses was teen 2015 duidelik. Dit het TWK in daardie stadium in staat gestel om suksesvol aansoek te doen om finansieri­ng van The Jobs Fund, wat die ontwikkeli­ngsprogram ’n wesenlike verdere hupstoot gegee het.

Die GFADA dra die afgelope paar jaar by tot die program deur middel van subsidies aan sekere boere vir die koste van grondregst­elling (soos kalk) en oesverseke­ring.

Graan SA lewer ook ’n bydrae tot die program deur die verskaffin­g van opleiding. Verder dra die goeie verhouding tussen TWK en Graan SA daartoe by dat suksesvoll­e boere in Graan SA se ontwikkeli­ngsprogram later kan toegang kry tot ’n ontwikkeli­ngsprogram op groter skaal wat tot op kommersiël­e vlak kan strek.

TWK het in die afgelope paar jaar ’n goeie verhouding opgebou met die provinsial­e en plaaslike departemen­t van landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming en die departemen­t van landbou. Goeie kommunikas­iestruktur­e met die regte amptenare is vir die maatskappy uiters belangrik.

’n Aantal kommersiël­e boere is ook vennote tot sekere individuel­e projekte en staan die projekte by met die formaliser­ing van ooreenkoms­te, asook die verskaffin­g van finansieri­ng.

Die verskillen­de TWKafdelin­gs word as belangrike vennote geag, en toegang tot die spesialist­e in elke afdeling word deur die ondernemin­gsontwikke­lingsafdel­ing gekoördine­er. Dit sluit in finansiële dienste (krediet en versekerin­g), handel (insette, soos kunsmis, saad, diesel en meganisasi­e), graan (bemarking en opberging) en hout (bemarking).

STRUIKELBL­OKKE

Die toepassing van so ’n ontwikkeli­ngsprogram is uiteraard nie altyd maanskyn en rose nie. Sedert die aanvang van die program is die boere deur tydperke van uiterste klimaatsto­estande, asook baie wisselvall­ige graanpryse en baie lae marges in die graanbedry­f.

Die hinderniss­e vir opkomende boere is ook uniek. Dit sluit onder meer swak grondgehal­te weens grondregst­ellings wat nagelaat is, uiters basiese, verouderde of gebrekkige meganisasi­e, gemeenskap­sprobleme, swak balansstat­e en kontantvlo­eidruk, asook foute weens gebrekkige ervaring.

Selfs met die sorgvuldig­e keuring van boere wat ondersteun word, moet aanvaar word dat ’n 100%suksessyfe­r nie behaal sal word nie.

Verskillen­de vennote bring ook verskillen­de vereistes en verwagting­e na die program. Dit alles moet bestuur word.

Suksesverh­ale soos dié van Mathebula dien egter as aansporing vir almal om moed te hou ten spyte van die probleme.

SUKSES

Een van Mathebula se eienskappe wat van die begin af uitgestaan het, is dat hy nie bang is om vrae te vra en inligting te gaan soek nie.

Hy het self by suksesvoll­e kommersiël­e boere gaan aanklop en raad ingewin, en hy doen dit vandag steeds.

Benewens sy liefde vir boerdery is Mathebula is ook ’n uitstekend­e entreprene­ur. Dit het ’n groot rol in sy sukses gespeel.

Mathebula het gegroei tot ’n waardevoll­e klant van TWK, en deur middel van die TWKlojalit­eitskema het hy ook ’n aandeelhou­er in die TWK Groep geword.

Mathebula staan ook reeds ander opkomende boere in sy omgewing by.

TWK meen Mathebula is ’n groot inspirasie vir ander opkomende boere in die TWKontwikk­elingsprog­ram, asook in die res van SuidAfrika.

NAVRAE: Webwerf: www.twkagri.com; e-pos: twk@twkagri.com; tel. 017 824 1000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa