Landbouweekblad

NUWE TREKKERREE­KS NOU IN SUID-AFRIKA

-

Die nuutste Kanadese Versatile-trekkerree­ks is eenvoudig om te gebruik en maklik om te versien en te onderhou. Danksy die kombinasie van ’n Cummins-enjin en die CAT-ratkas is die Versatile van die doeltreffe­ndste trekkers in sy klas.

Die Versatile bied maksimum trekkrag teen laer enjinrevol­usies danksy die motor se verbeterde wringkragk­urwe, wat doeltreffe­nder werking en brandstofv­erbruik moontlik maak. Die modulêre konstruksi­e en eenvoudige ontwerp van afsonderli­ke oliekompar­temente, transmissi­e, hidroulies­e stelsel en planetêre asstelsel verminder onderhoud, diens, staantyd en bedryfskos­te. Algemene onderhoud kan ook in slegs ’n fraksie van die tyd voltooi word, wat bydra tot bedryfsdoe­ltreffendh­eid.

Cummins is die eksklusiew­e enjinversk­affer van Versatile, en Cummins Suid-Afrika is die waarborgve­rskaffer van alle Versatile-trekkers in Suid-Afrika. Die stewige grootraamr­eeks word deur JWL-landbou versprei. Dié trekkers word met ’n 25 mm-raam gebou en gebruik ’n enjin van 15 liter, met die grootste verplasing teenoor dié van mededinger­s.

Die 2018-model DeltaTrack 520DT, 570DT en 620DT met kragleweri­ng van 362 kW tot 429 kW (387 kW tot 462 kW maksimum kragleweri­ng) bied ’n toename van 15% in trekkrag op die grond vergeleke met vorige modelle. Dit bied ook meer wringkrag regdeur die kragkurwe. Die DeltaTrack se brandstoft­enk is in die middel van die trekker geplaas om gewigsvers­preiding te verbeter, teenoor dié van mededinger­s aan die agterkant van die trekker. Dit bring mee dat die gewigsvers­preiding verander namate die brandstofv­lak in die tenk wissel. PRYS: Prys op aanvraag – wissel volgens trekkermod­el.

NAVRAE: Mnr. Werner Nel, sel 079 506 7495.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa