Landbouweekblad

Kyk nuut en troef skelms

Die dae van rustig agteroorsi­t en staatmaak op die polisie of ’n plaaslike kommando om jou en jou gesin se veiligheid op die plaas te verseker, is verby. Boere moet self inspring en voorsorg tref.

-

Suid-Afrikaners is almal bewus van misdaad en beperkte hulpbronne om dit te bekamp. Almal behoort dus voorkomend op te tree en saam te staan om hul gesinne en hul eiendom te beskerm.

Met die meeste misdaad wat snags plaasvind, kan dit moeilik wees om vroegtydig op te tree. Dit is veral die geval om in die middel van die nag, wanneer iemand onwettig op jou plaas is, te sien wat om jou aangaan sonder om jou posisie weg te gee en ’n teiken van jouself te maak.

HIER IS HULP

ECM Technologi­es is in Pretoria geleë. Dié maatskappy versprei ’n reeks toerusting waarmee Jan Alleman in die nag kan sien en self gebeure kan opneem om later as bewysstukk­e te gebruik.

Die maatskappy se ATN-produkte is van puik gehalte en bied vir die gebruiker ’n kombinasie van tegnologie, robuusthei­d en bekostigba­arheid.

DIGITALE VERKYKER

Vir dag- en nagsig stel ECM Technologi­es die ATN Bino-X voor. Met dié digitale verkyker kan die gebruiker tot 300 m ver in die nag sien. Dit het ook vergroting­sverstelli­ngs van 4x tot 16x wat enige voorwerp mooi sigbaar laat vertoon.

Maar dit is nie al wat dié verkyker kan doen nie. Dit kan ’n video-opname maak in volle hoë definisie, terwyl die boer die ongewenste besoeker dophou. Die video opname kan gehou word en l as bewysstuk dien, indien no Die beeld kan ook gedeel w met ’n slimfoon of tablet.

Die verkyker se batterylew­e is sowat agt uur, na gelang van watter geaktiveer­de funksies op die toestel gebruik word.

INFRAROOI

Die tekortkomi­nge van enige nagsigstel­sel is dat indien die booswig agter ’n digte bos of ruigte skuil, die stelsel hom nie sal sien nie, maar slegs die bos. Dit is wanneer hitte-beeldvormi­ng dinge aansienlik beter maak.

Die ATN OTS neem infrarooi-uitstralin­g waar en vertoon die beeld só dat die gebruiker kan sien wat agter die bos of ruigte aangaan – asof die ruigte gewoon nie daar is nie.

Die ATN OTS is ’n eenoogverk­yker wat die gebruiker in een hand kan vashou. Dit kan ook ’n hoëdefinis­ievideo opneem en sy beelde deel met ’n slimfoon of tablet. Die omhulsel is van aluminium vervaardig, wat verseker dat die toestel lig, maar robuus is.

Kleurpalet­te kan ook na voorkeur verander word om dit makliker te maak om een voorwerp bo ’n ander uit te ken.

Die OTS se batterylew­e is sowat agt uur na gelang van die geaktiveer­de funksies wat gebruik word. Die Bino-X en die OTS het ’n eenjaarwaa­rborg en word ten volle deur ECM Technologi­es ondersteun.

Die twee produkte en hul funksies maak hulle ideaal vir misdaadbek­amping en mensopspor­ingstake, asook teen wilddiefst­al.

Moenie in die duister bly nie. Besoek vandag nog jou naaste wapenhande­laar, of kontak ECM Technologi­es vir jou naaste verspreide­r of nog inligting.

NAVRAE: Webwerf: www. ecmtech.co.za; tel. 012 329 4116.

 ??  ?? Die ATN OTS is ’n eenoogverk­yker wat ’n mens met een hand kan vashou. Dit kan ook beeld op die gebruiker se selfoon of tablet terugspeel.
Die ATN OTS is ’n eenoogverk­yker wat ’n mens met een hand kan vashou. Dit kan ook beeld op die gebruiker se selfoon of tablet terugspeel.
 ??  ?? Met die ATN Bino-X-verkyker kan die gebruiker tot 300 m ver in die nag sien. Dit kan ook ’n video opneem. FOTO’S: VERSKAF
Met die ATN Bino-X-verkyker kan die gebruiker tot 300 m ver in die nag sien. Dit kan ook ’n video opneem. FOTO’S: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa