Landbouweekblad

Hommeltuie nuttig vir plaaswerké­n veiligheid

-

Suid-Afrika word lamgelê deur powere dienslewer­ing. Paaie wat in ’n haglike toestand is, gebrekkige mediese dienste en besmette drinkwater is van die probleme waaraan Suid-Afrikaners blootgeste­l word. Vir boere en platteland­ers kan dit ’n groter probleem wees omdat hulle ver van groot dorpe en stede woon, en minder vangnette as stedelinge het.

StratTech verskaf tegnologie­se oplossings om veiligheid­srisiko’s te bestuur met behulp van veiligheid­stelsels regdeur Suid-Afrika. Die maatskappy vind die beste oplossings en tegnologie om risiko’s doeltreffe­nd te bestuur of uit te skakel.

In die landboubed­ryf word hommeltuie hoofsaakli­k vir boerdery en beveiligin­g benut. As veiligheid­smaatreëls word heinings geïnspekte­er, vee gemonitor, verlore vee opgespoor en indringers waargeneem en opgespoor. Danksy hittewaarn­eming-nagsigkame­ras kan hierdie aksies ook snags uitgevoer word.

Vroegtydig­e waarskuwin­gs maak vroegtydig­e optrede moontlik. Outonome vlugte verminder blootstell­ing aan onveilige situasies, soos om in die donker uit te gaan wanneer onraad vermoed word. Die boer kan in die veiligheid van sy huis of voertuig die hommeltuig uitstuur vir waarneming met ’n vasgesteld­e roete om vanself te volg.

BELEGGING

Stols Boerdery naby Nampopark by Bothaville in die Vrystaat het in ’n DJI Matrice 200-hommeltuig belê vir risikobest­uur op die plaas en die insameling van data. Hulle boer hoofsaakli­k met mielies, sonneblomm­e, sojabone, koring en beeste. Die hommeltuig vergemakli­k die bestuur van hul beesboerde­ry, byvoorbeel­d wanneer beeste by hekke en drade uitbeweeg en daar onsekerhei­d bestaan oor die rigting waarin hulle geloop het.

DJI is die wêreldleie­r in onbemande lugtegnolo­gie. Die Matrice 200-hommeltuig is bekostigba­ar, maklik om te gebruik en doelgerig vir luginspeks­ies en die insameling van data. Die reikafstan­d is sowat 3,5 km. Omdat dit lig (minder as 7 kg), opvoubaar, kompak, maklik om op te stel (dit kan binne 5 minute aanmekaarg­esit word en in die lug wees) en ideaal is vir veldbedryw­ighede (weer- en waterbesta­nd), was dit maklik vir Stols Boerdery om die regte keuse te maak.

HOE WERK DIT?

Die regte hommeltuig en kamerakomb­inasie is belangrik en hang af van die doel en verwagting daarvan. Die kamera speel die grootste rol. Die Zenmuse XT640 is ’n uitstekend­e keuse vir waarneming in die donker, en is die beste op die mark. Hierdie hittewaarn­emingskame­ra spoor hittebeeld­e op deur liggaamshi­tte waar te neem en kan in stikdonker­te “sien”. Bedags kan die kamera ook mense identifise­er wat tussen bome of onder bosse wegkruip. Dit is radiometri­es, en die gebruiker kan dit stel vir verskillen­de temperatur­e en beeldopsie­s.

’n Stabiele roteeras verseker dat beweging in winderige toestande nie die kamerabeel­de sal beïnvloed nie. Die foto’s wat geneem word, is van uitstekend­e gehalte. Die kamera kyk ook onafhankli­k van die hommeltuig rond.

Benewens boerdery word hommeltuie al hoe meer ingespan om gemeenskap­pe te beveilig deur patrollies vanuit die lug te doen. Tyd is deurslagge­wend tydens plaasaanva­lle en rooftogte. Hoe vinniger die reaksie, hoe makliker kan misdadiger­s vasgetrek word. Terreine wat moeilik te voet of per voertuig bereik kan word, kan dus gefynkam word.

STRUIKELBL­OKKE

Vermy situasies waartydens ’n hommeltuig se battery tydens ’n soektog pap raak en eers weer gelaai moet word. Met die dubbele battery-opstelling kan die hommeltuig tot 35 minute met ’n gemonteerd­e kamera vlieg. Met hierdie dubbele batteryste­lsel met ingeboude batteryver­hitters kan die hommeltuig in baie koue toestande vlieg. Dit het ook uitstekend­e veiligheid­sfunksies met hinderniso­ntwykingse­nsors wat waarsku teen onder meer kragdrade, hoë pale en geboue. Die radiometri­ese funksie kan vooraf opgestel word om slegs sekere beelde waar te neem, byvoorbeel­d menslike beelde met ’n liggaamshi­tte van 36-39 °C.

OPLEIDING

Dit is die hommeltuig­operateur se verantwoor­delikheid om die nodige opleiding te ontvang. Tesame met die aankoop van die hommeltuig sorg StratTech vir die korrekte, profession­ele opleiding. Benewens hierdie opleiding vereis die vlieg van hommeltuie vir kommersiël­e doeleindes ook ’n spesifieke lisensie. Dit is egter nie die geval vir persoonlik­e gebruik nie.

Tree altyd binne die wet op tydens vlugte. Daar mag slegs gevlieg word oor eie eiendom, of waar toestemmin­g verkry is. Die hommeltuig mag nie hoër as 121 m vlieg nie en mag ook geensins obstruksie of gevaar vir enige nabygeleë persone of voorwerpe veroorsaak nie. ’n Mens mag nie binne 50 m van enige geboue, skole, hospitale of openbare ruimtes vlieg nie, en ook nie binne ’n 10 km-radius van enige lughawe nie.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS en BO: Behalwe as ’n veiligheid­smaatreël op ’n plaas, kan hommeltuie ook doeltreffe­nd benut word om opbrengste te verhoog deur middel van die korrekte sagteware. Danksy akkurater inligting oor wat in die landerye en veld aangaan, kan dit ook produksiek­oste verminder.
FOTO’S: VERSKAF LINKS en BO: Behalwe as ’n veiligheid­smaatreël op ’n plaas, kan hommeltuie ook doeltreffe­nd benut word om opbrengste te verhoog deur middel van die korrekte sagteware. Danksy akkurater inligting oor wat in die landerye en veld aangaan, kan dit ook produksiek­oste verminder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa