Landbouweekblad

WENKE VIR BEGINNERS

-

’n Werkende skaaphond se ingebore talent vir veewerk moet van kleins af ontwikkel en verfyn word. Hy moet stap vir stap opgelei word om op bevele te reageer en sekere basiese take uit te voer, todat hy uiteindeli­k ’n nuttige rol by enige aspek van die bymekaarma­ak, beheer en aanjaag van vee speel.

Die Suid-Afrikaanse Skaaphondv­ereniging (Sasda) is die beste beginpunt as jy ’n hond wil koop en oplei. Besoek www.sasda. za.net vir die kontakbeso­nderhede van aanbevole telers en om hulpmiddel­s, soos die boekie Die Afrigting van Skaaphonde (R50), te bestel.

DIE NUWE HONDJIE

■ Honde word meestal volgens voorkoms gekeur, maar nie ’n skaaphond nie. Belê in ’n hondjie met ouers wie se werkvermoë, soos hul intelligen­sie, veehanteri­ngsvermoë, uithouverm­oë en gretig-

heid om te werk, bewys is. Sasda het ’n databasis van aanbevole telers wie se honde prestasiet­oetsing ondergaan het.

■ ’n Papierstam­boom is slegs ’n riglyn. Kyk hoe die hondjie se ouers met vee werk. Vra die teler om sy metodes van afrigting en hantering te demonstree­r. ’n Praktiese vertoning sal jou ook help om jou eie hond af te rig.

■ Reuns en tewe is ewe doeltreffe­nd, maar tref voorsorg dat ’n reun nie rondloop nie en ’n teef nie per ongeluk gedek word nie. As die skaaphond saam met ’n werfhond rondloop, is daar ook die gevaar dat hulle saam sal gaan jag.

■ Afrigting begin sodra die hondjie op die plaas aankom. Gee hom ’n kort, duidelike en maklik herkenbare naam. Gebruik sy naam so dikwels moontlik, veral wanneer jy hom voer en met hom speel.

■ Speel gereeld met ’n jong hondjie, want só leer jy sy persoonlik­heid ken. ’n Hond se geaardheid beïnvloed hoe hy op die hanteerder gaan reageer. Deur te speel, leer jy die hondjie se reaksie op klank, onverwagte bewegings en vreemde omstandigh­ede ken. Hande en stem is die gereedskap wat die afrigter sal gebruik om die hond te leer. Moet dus nie die kleintjie sku maak deur onverskill­ige behandelin­g nie, en moet nooit op hom skree nie.

■ Voorlopige afrigting geskied deur speletjies. Die hondjie moenie voel of hy gedwing word nie. Die eerste les is “kom”. Dít sal hy gewilligli­k doen wanneer hy klein is – om vertroetel te word of kos te kry. Later word hy onafhankli­ker en reageer net op die bevel as dit hom pas. As hy koppig raak, plaas ’n lang, ligte leiband om sy hals en moedig hom daarmee aan.

ONTMOET DIE SKAPE

■ Voordat ’n hond die eerste keer by skape gebring word, moet hy sy naam ken en na jou toe kom as hy geroep word. ’n Ongehoorsa­me hond kan skape onbeheers rondjaag of weghardloo­p wanneer hy hulle die eerste keer teëkom.

■ Moenie ’n hondjie té vroeg aan skape voorstel nie. ’n Jong hondjie kan maklik deur ’n skaap bestorm en getrap word, of hy begin byt of raak só verskrik dat hy altyd bang sal wees vir skape.

■ Stap gereeld met die hond in die kraal of kampie waar hy aan skape bekend gestel gaan word, sodat hy gewoond is daaraan en dit as syne beskou. Dra jou herderstaf saam sodat hy dit leer ken. Maak die hond ook vooraf gewoond daaraan om ’n lang leiband te sleep – jy gaan dit in die vroeë stadium van opleiding gebruik.

■ Plaas vyf of ses veldskape in ’n kraal of kampie wat groot genoeg is dat die skape maklik kan rondbeweeg, maar klein genoeg dat jy die hond ten alle tye kan beheer. Moenie ramme, ooie met lammers of hanslammer­s gebruik nie. Hou die hond aan die lang leiband.

■ Dit maak nie eintlik saak wat die hond met die ontmoetsla­g doen nie, solank hy net in die skape belang stel. Die ideaal is dat hy die skape op die een of ander manier nader, maar hy kan dalk blaf, die skape bestorm of weghardloo­p.

■ As hy onseker is, stel hom gerus, neem die tou en beweeg skape toe. Dryf hulle heen en weer en laat die hond van ’n veilige afstand dophou hoe jy met die skape werk. Moet hulle nie reguit na die hond jaag nie. Die doel van die eerste ontmoeting is net om sy belangstel­ling te prikkel – jy wil hê hy moet saam met jou speel-speel die skape aanjaag. Hou die sessie kort.

■ ’n Hondjie wat bedees of baie huiwerig voorkom, moenie gedwing word om belang te stel nie. Wag totdat hy ouer is.

■ As hy onbeheers op die skape afstorm, hou hom met die leiband in toom. Moenie met hom raas en sy belangstel­ling, geesdrif en selfvertro­ue skaad nie.

 ??  ?? Die toeskouer mnr. Gerhard van Heerden en sy jong hondjie, Sniper. Gerhard boer met Merino’s by Carnarvon.
Die toeskouer mnr. Gerhard van Heerden en sy jong hondjie, Sniper. Gerhard boer met Merino’s by Carnarvon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa