Landbouweekblad

‘MINDER IS MEER’ AS DIT KOM BY DEKGEWASSE

- —AMELIAGENI­S

Gras-, peulgewas- en koolgewass­aad is die grondslag van ’n wisselbous­telsel wat dekgewasse insluit, maar boere moet hulle nie blind staar teen die koste van saad nie.

Daar is dekgewassa­ad en ’n dekgewasme­ngsel vir elke gebruik en begroting, meen mnr. Jac o Kellerman, portefeulj­e bestuurder by die saadmaatsk­appy Barenbrug. “By plantdigth­eid is ons uitgangspu­nt ‘minder is meer’. Saad móét bekostigba­ar wees, anders gaan die boere moeilik die omskakelin­g van braak gronde na ’n meer volhoubare stelsel met dekgewasse aanvaar.”

Hy meen saadkoste is klein vergeleke met die voordele van dekgewasse. In die noorde, waar dekgewasse dikwels braak lande vervang, dra voortduren­de wortelontw­ikkeling by tot ’n toename in organiese materiaal in die grond en grondverbe­tering met natuurlike gronddeurl­ugting, stikstofbi­nding en ondergrond­se kos vir mikrobes. Kellerman sê die mees ekonomiese stelsel is wanneer diere ingebring kan word om die dekgewasse in vleis of melk om te skakel, die sogenoemde covergraze-model.

Hy sê dis moeilik om ’n prys te koppel aan die bydrae wat dekgewasse kan lewer tot die bekamping van erosie. “Braak lande moet bespuit en bewerk word om dit in stand te hou. Weens wind in veral die sentrale en noordelike dele is daar gronderosi­e wat gepaardgaa­n met hierdie model. Ek praat nie eens van bewerkings­koste nie. Hoe duur kan dekgewasse dan nou eintlik wees gegewe al dié voordele?”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa