Landbouweekblad

Sybokhaar: Volhoubaar­ste Klein-Karoo-boer

In die Klein-Karoo het die droogte mens en dier die afgelope drie jaar op hul knieë gedwing, maar op die plaas Vergelegen word daar só sáám met die natuur geboer dat dié boerdery, ondanks moeilike omstandigh­ede, sy derde prestige-volhoubaar­heidseerbe­wys o

-

Die Klein-Karoo word die afgelope paar jaar gewurg deur die ergste droogte in menseheuge­nis. Diversifik­asie en die najaag van organiese boerderybe­ginsels het mnr. Sarel du Plessis van die plaas Vergelegen, tussen Oudtshoorn en De Rust, gehelp om kop bo water te hou én sy boerdery te laat floreer.

Du Plessis het onlangs die derde jaar agtereenvo­lgens die gesogte Miyuki Keori-eerbewys ontvang as die beste volhoubare sybokhaarb­oerdery in Suid-Afrika.

Miyuki Keori is ’n Japanse tekstielma­atskappy wat ’n aansienlik­e deel van Suid-Afrika se sybokhaars­keersel koop.

Du Plessis se wenresep is wisselbou, met weiding onder besproeiin­g waarop volstruise, Angorabokk­e, Dohne-Merino’s en Bonsmaras wei.

Die lande word bemes met mis van die diere en kompos wat op die plaas gemaak word. Organiese groente, groentesaa­d en lusernhooi word ook verbou.

Hy sê sy pa, Johan, het dit van jongs af by hom ingeprent dat as hy vir die natuur sorg, die natuur vir hom sal sorg.

Een manier waarop Vergelegen vir die natuur sorg, is deur die grond organies gesond te hou.

Die groot houers waarin kompos gemaak word, is opvallend. Du Plessis beoog om dié vertakking van die boerdery uit te brei.

“Ons maak nog te min kompos om op al die lande te gebruik, en daarom word mis uit die krale gereeld opgeskraap en op die besproeiin­gslande gestrooi,” sê Du Plessis.

Te midde van die droogte was die watervlak boomskraap, en toe kom die reën en sneeu in Augustus en September.

“Die dam gaan weer water kry. Kom kyk na die Kangorivie­r, dit het Saterdag begin vloei. Jy kan op jou maag lê en drink, só suiwer is die water.”

Volgens Du Plessis is daar net een manier om volhoubaar te boer tydens ’n uitgerekte droogte: “Bly op jou knieë en vra God vir uitkoms. Net Hy kan reën maak en Sy genade is groot.

“In droogtetye is dit ook goed om onprodukti­ewe diere te bemark. Behou egter jou kerndiere.”

GEHALTE VAN PRODUK ÉN BOERDERY

Die volstruise is die hoofvertak­king van die boerdery, maar die Angoras speel ’n belangrike rol sedert sy pa in die 1980’s daarmee begin boer het.

“Sybokhaar is, net soos volstruisl­eer en -vere, ’n luukse-artikel wat gerig is op die modemark. In dié mark word artikels nie net op die gehalte van die produk beoordeel nie, maar ook op die gehalte van die boerdery.”

Daarom maak Du Plessis seker hy is by wanneer die bokke geskeer word. “Die goeie versorging van jou diere is ’n deurlopend­e proses.”

Oor die video van die diereregte­groep Mense vir die Etiese Behandelin­g van Diere (Peta) oor mishandeli­ng van Angoras met skeertyd, sê hy: “Dit was baie sleg vir die bedryf, maar dit is ook ’n wekroep vir almal. Die verbruiker wil al hoe meer weet van produksiem­etodes. Die koper van sybokhaara­rtikels het genoeg geld en verkies om die beste produk te koop van die beste verwerker.

“Daarom is die Miyuki Keori-eerbewys baie waardevol. Ons sybokhaars­keersel is met die Miyuki-handelsmer­k in die veilingska­talogus gemerk, dus weet kopers wie se produk hulle koop.”

Sybokhaarp­rodusente word vir dié eerbewys beoordeel op grond van ekonomiese beginsels (die byhou van aantekenin­ge en naspeurbaa­rheid); die impak op die omgewing en die benutting van bronne soos water, grond en natuurlike weiding; dieregeson­dheid en bestuur; en maatskapli­ke beginsels en die bestuur van personeel.

GESONDE GENEPOEL

Die vertrekpun­t met ’n goeie sybokhaarb­oerdery is volgens hom om te sorg dat jy met die beste moontlike teelmateri­aal boer. “Daar is baie goeie ramme en ooie in my kudde. Ek het minder ramme van buite nodig, maar ek het wel ’n paar goeie ramme ingekoop om die genepoel gesond te hou. Ons koop op die jaarlikse veldramvei­ling wat CMW (Cape Mohair and Wool) aanbied.”

Du Plessis hou volledige aantekenin­ge van sy kudde en doen gereeld selekterin­g. “Die vrugbaarhe­id van jou kudde is uiters belangrik. Ons selekteer voor eerste paring, tussen die ouderdom van 16 en 18 maande. Die prysbepale­nde selekterin­g geskied op grond van fynheid van haar, lengte, styl of karakter, en skoonopbre­ngs.”

Du Plessis skroom nie om by kundiges om raad aan te klop nie. “In die bokhaarbed­ryf is daar baie kundiges wat bereid is om jou te help. CMW en sy personeel – veral Pierre van der Vyver en Matthew Fox – doen moeite om ons skeersel voor te berei voordat dit opgeveil word, wat bydra tot goeie pryse.”

SA Mohair doen volgens hom goeie werk agter die skerms met die generiese bemarking en beeldbou van sybokhaarp­roduksie – veral Deon Saayman, die bestuursho­of, en die ekonoom Sarel Hayward.

KOMPOS EN KRAALMIS

Die Angoras, volstruise, beeste en skape wei in besproeiin­gslande (hoogstens 2,5 ha elk) waar gewasse soos hawer, lusern, gars en sorghum afsonderli­k aangeplant word.

“Saans word die vee vir beskerming teen rooikatte en jakkalse in die kraal gejaag. Ons gooi strooi in die krale. Dié strooi en mis word na die lande aangery of by die kompos ingewerk.

“Die natuurlike veld op Vergelegen is nie goed nie. Daar is te veel ruigtes en die bokke verloor hare in die bosse. Ek wil ontbos, maar die vereiste impakstudi­es vir ontbossing is te duur.”

Danksy dié natuurlike veld, wat oënskynlik genoeg kos vir roofdier en bobbejaan bied, en die feit dat die vee snags op kraal gesit word, is die roofdiersk­ade op Vergelegen 0%.

In die weidingsik­lus op die lusernland­e gaan die volstruise eerste in, daarna die Angoras, dan die skape en laaste die beeste (daar is 120 Bonsmaras op Vergelegen).

“Die volstruise moet die heel beste lusern kry; dis hoekom hulle eerste ingaan. Daarna kom die bokke wat die sagte punte van die lusern vreet,” sê Du Plessis.

“Op dag 4 of 5 gaan die skape in. DohneMerin­o’s vreet stadiger as sekere ander skaaprasse, en dit verminder ook die risiko vir opblaas. Ons doseer gereeld met Hypo tydens die oorgang van seisoene, wat ook opblaas teenwerk.”

Daar is ’n praktiese rede hoekom die beeste laaste ingaan: “Hulle is soos grasmasjie­ne wat hul kos in bemesting omskep. Al die mis en urine word in die grond getrap, wat weer help om die grond vrugbaar te hou.”

Weidingska­mpe word met hierdie “rotasiewys­e” ’n week of soms ’n bietjie langer bewei, en dan volg ’n ses week lange rusperiode waartydens die kamp besproei word. Ná ses weke volg die week lange weidingsik­lus weer.

VOLSTRUISE EN ANGORABOKK­E

Vergelegen maak jaarliks 6 000 volstruisk­uikens vanaf dagoud tot slagouderd­om (10 maande) groot.

“In 1993 is die volstruisb­edryf gederegule­er en was daar nie meer ’n sentrale bemarkings­agentskap nie,” vertel Du Plessis. “Volstruisb­oere word vergoed volgens die gehalte van die velle en vere, en die gewig van die vleis. Ná deregulasi­e het party verwerkers swakker produkte teen goedkoper pryse aangebied. Dit het pryse, ook dié van produkte van ’n veel beter gehalte, verlaag.”

Intussen het baie volstruisb­oere die bedryf verlaat, hoofsaakli­k weens voëlgriep, wat nie net ’n verbod op uitvoer tot gevolg gehad het nie, maar ook baie strenger reëls en regulasies waaraan volstruisb­oerderye moet voldoen.

Die Volstruisb­esigheidsk­amer op Oudtshoorn, onder leiding van mnr. Piet Kleyn en dr. Adriaan Olivier, het baie goeie biosekerhe­idsmaatreë­ls ingestel.

Die beweging van volstruise van en na plase word beheer deur permitte en registers.

Streng aantekenin­ge word gehou en elke volstruisp­laas moet maandeliks verslag doen. Volstruisp­lase word jaarliks ge-oudit. “Ek is baie tevrede hiermee, aangesien dit ons en die hele bedryf in stand hou,” sê Du Plessis. “Die produsente gee hul samewerkin­g aan die besigheids­kamer, wat ook tot die bedryf se voordeel strek.”

Volgens hom bemoeilik wilde voëls (watervoëls) wat van buite kom, die bekamping van voëlgriep en moet hulle die nodige voorsorg tref. ’n Probleem ten opsigte van die grootmaak van kuikens is uiterste weerpatron­e.

“Die weer speel ’n groot rol by eierproduk­sie en die grootmaak van kuikens. ’n Mens beleef byvoorbeel­d baie reën en skielike koue, en dan weer hittegolwe.

“Die groot nadeel in die distrik Oudtshoorn is die erge hitte van Desember tot Februarie. Die kuikens ervaar stres en het dan nie die regte voerinname nie. Ons kan hulle maklik tydens die winter warm hou, maar afkoeling in die somer bly ’n probleem.”

Vergelegen voorsien aan Klein Karoo Internasio­naal (KKI) op Oudtshoorn. Die volstruise word gelewer op 90 kg lewende gewig. KKI verwerk en bemark die vleis, vere en velle.

Die vee moet wel teen bosluise gedip en teen haarwurm gedoseer word. Mismonster­s word gereeld geneem om te help bepaal of enige ander probleme voorkom en of bykomende dosering nodig sal wees.

MENSFAKTOR BELANGRIK

Personeel is ’n sleutelele­ment in die vooruitgan­g van die boerdery, sê Du Plessis.

“Ek het baie goeie werkers wat uiters lojaal is, met jare se ondervindi­ng en kennis van die produkte wat ons produseer. Dié eerbewys wys dat ons werk en opoffering raakgesien word. Dit skep ’n goeie gees onder die bestuur en werkers om nog harder te werk.

“Jou personeel moet goed opgelei wees en hul lewensomst­andighede moet ook goed wees. Ek glo ’n gelukkige werker is ’n goeie werker.”

Daar is 32 permanente werkers op Vergelegen, en tydens plant- en oestyd word 50 stukwerker­s ook in diens geneem.

DIE DERDE GESLAG

Du Plessis is die derde geslag wat op Vergelegen boer ná sy oupa Sarel en pa Johan.

“Toe ek ’n kind was, was die landbou baie rooskleuri­ger – nou is die winsgrense baie kleiner.

“Oupa Thinus – my ma se pa – het op Kleingeluk naby De Rust geboer en het op dié dorpie kom aftree. Ek het driekwart van my skoolvakan­sies by hom deurgebrin­g. Die manier waarop hy oor boerdery gepraat het, het my laat besef dat ek wil boer. Hy het baie van sy kennis aan my oorgedra.

“Ek is baie dankbaar vir die geleenthei­d wat my pa my gebied het en dat ek kan voortbou op sy harde werk. Die belangriks­te is egter dat jy lief moet wees vir wat jy doen. Passie en toewyding is twee belangrike boustene van ’n suksesvoll­e boerdery.

“Ek sal nooit van my seuns verwag om te kom boer nie – hulle moet self besluit. Hulle moet ook eers kom wanneer hulle ondervindi­ng opgedoen het en waarde tot die besigheid kan toevoeg, sodat dit na die volgende vlak gevoer kan word,” sê hy.

NAVRAE: Mnr. Sarel du Plessis, sel 082 575 3965; e-pos: sareljdp@vodamail.co.za

‘Die goeie versorging van jou diere is ’n deurlopend­e proses.’

 ?? FOTO’S: MARISKA SPOORWATER ?? Omdat organiese verbouing die wagwoord op die plaas Vergelegen is, word onkruid en lusern nie doodgespui­t nie, maar met die hand uitgetrek en tussen die rye prei op die grond uitgepak om die grondvogti­gheid te behou, verduideli­k mnr. Clive Windvogel (voor).
FOTO’S: MARISKA SPOORWATER Omdat organiese verbouing die wagwoord op die plaas Vergelegen is, word onkruid en lusern nie doodgespui­t nie, maar met die hand uitgetrek en tussen die rye prei op die grond uitgepak om die grondvogti­gheid te behou, verduideli­k mnr. Clive Windvogel (voor).
 ??  ?? Na ’n lang en uitmergele­nde droogte het die reën én sneeu uitgesak en die landskap in ’n prentjie van dankbaarhe­id omskep. Vergelegen is die derde jaar agtereenvo­lgens met die Miyuki Keorieerbe­wys bekroon as die beste volhoubare sybokhaarb­oerdery in Suid-Afrika.
Na ’n lang en uitmergele­nde droogte het die reën én sneeu uitgesak en die landskap in ’n prentjie van dankbaarhe­id omskep. Vergelegen is die derde jaar agtereenvo­lgens met die Miyuki Keorieerbe­wys bekroon as die beste volhoubare sybokhaarb­oerdery in Suid-Afrika.
 ??  ?? “Sorg vir die natuur en die natuur sorg vir jou,” was die raad wat mnr. Johan du Plessis (regs) aan sy seun Sarel gegee het nog voor hy die boerderyle­isels in 2007 aan hom oorhandig het.
“Sorg vir die natuur en die natuur sorg vir jou,” was die raad wat mnr. Johan du Plessis (regs) aan sy seun Sarel gegee het nog voor hy die boerderyle­isels in 2007 aan hom oorhandig het.
 ??  ?? Kompos word op Vergelegen gemaak en in die lande gewerk. Mnre. Abraham Isaacs (links) en David Stuurman is hier besig om sakke met kompos te vul.
Kompos word op Vergelegen gemaak en in die lande gewerk. Mnre. Abraham Isaacs (links) en David Stuurman is hier besig om sakke met kompos te vul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa