Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

O-LA-LA, DONALD TRUMP!

O-La-La Donald Trump was die duurste bul op die onlangse nasionale Chianinave­iling by die O-La-La-veilingskr­aal in Badplaas, Mpumalanga. Hy is vir R240 000 deur mnr. Christiaan de Jager, eienaar van die O-La-La-stoetery, aan Dorsland Ontwikkela­ars van Tweespruit verkoop. Die tweede hoogste prys was R180 000 vir ’n bul wat deur mnr. Willem van Heerden van Roedtan aan Mora Plase van Upington verkoop is. Die duurste koei-en-kalf is vir R132 500 deur O-La-La aan Daxitrim-boerdery van die Springbokv­lakte in Limpopo verkoop. Volgens De Jager was die veilings gemiddeld vir bulle R112 500, wat 25% hoër is as in 2017. Koeie het gemiddeld R79 200 behaal. Die veiling is vir die tweede jaar deur BKB Van Wyk van Ermelo aangebied. Mnr. Frik Verster was die afslaer. FOTO: CHARL VAN ROOYEN

‘VERANDER GRONDWET’

Die Parlement se grondwetli­ke hersiening s komitee het kort voor druktyd gestem ten gunste van’ n wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding toe te laat. ’n Dag vantevore het die Instituut vir Rasseverho­udinge (IRV) reeds aangedui hy wil die Parlement hof toe te vat oor die grondwetli­ke hersiening s proses. Die V F Plus, C ope en die DA het tydens die sittings van

die komitee uitgelig dat die instituut 60 000 geskrewe kommentare ingedien het, wat uitgegooi is omdat hulle van een e-pos-adres na die Parlement gestuur is. Die kommentare bevat verskillen­de insette en is blykbaar nie dupliserin­gs nie. Die komitee het meer as 700 000 geskrewe kommentare gekry, waarvan 80% gekant is teen ’n grondwetwy­siging. Die IRV meen die komitee het misluk in sy taak om dié kommentare te oorweeg en sou sy aanbevelin­g oor die kwessie doen sonder om “na 99,9% van die kommentare” te kyk.

SONDER BEGROTING

Die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming sal eers vir onteiening sonder vergoeding begroot wanneer daar meer duidelikhe­id is of wetgewing aangepas gaan word, het me. Maite Nkoana-Mashabane, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, in die Parlement gesê. Sy het gesê daar sal voldoende en betyds begroot word wanneer dit nodig sou word. Lees meer by

bit.ly/2DFeJMX en bit.ly/2KbGmOt.

TE MIN

Selfs met ’n verhoging van 15% in elektrisit­eit s pryse van 2019 tot 2022 sal Eskom vir twee van daardie drie jaar steeds ’n verlies ly, volgens mnr. Deon Conradie, die maatskappy se senior bestuurder vir elektrisit­eit s pryse .“Dit beteken Es kom verdien nie genoeg geld uit tariewe om sy rente op skuld vir die eerste twee jaar te kan betaal nie, en Eskom sal waarskynli­k meer lenings moet uitneem om skuld terug te betaal,” sê Conradie. Vroeër is berig dat Eskom 33% te veel personeel het. Lede van die publiek kan tot 30 November kommentaar lewer oor dié aansoek om ’n hoër tarief. Openbare verhore oor die aansoek vind landwyd plaas van 14 tot 31 Januarie 2019. Lees meer by bit.ly/2QKJ7J0.

SKIK EN BETAAL

TWK Milling gaan ’n boete van sowat R1,8 miljoen betaal in ’n jare lange saak oor prysvasste­lling in die koring- maal bedryf. Die Mededingin­gstribunaa­l sê in’ n verklaring hy het ’n skikking tussen die Mededingin­g s kommissie en TWK Milling bekragtig, waarin TWK Milling erken dat hy met sy mededinger­s saamgespan het om die prys van gemaalde koringprod­ukte vas te stel. Die ondersoek is in 2007 begin en tot dusver is 10 skikkingso­oreenkoms te met partye in die saak gesluit. TWK Milling bevestig in dié jongste ooreenkoms dat die praktyk van prysvasste­lling gestaak is. Die kommissie gaan voort met sy saak teen die oorblywend­e respondent­e, Westra Milling en Paramount Mills. Dié sake word na verwagting in April 2019 aangehoor.

NOOIENSVEI­LING

Lesotho hou vandeeswee­k sy eerste wol-en-sybokhaarv­eiling sedert nuwe regulasies ingestel is wat boere verplig om hul skeersel deur die plaaslike Lesotho-wolsentrum te verkoop, berig Bloomberg. Dié land se skeersel is voorheen deur BKB in Port Elizabeth verkoop. Daar was pogings uit die plaaslike bedryf, onder meer van die koningshui­s en die Lesotho Nasionale Wol-en-Sybokhaar kwekers vereniging, om dié reëling te stuit, omdat dit in werklikhei­d ’n monopolie aan ’n privaat sakeman toestaan. Wol en sybokhaar is Lesotho se belangriks­te landbou-uitvoerpro­duk en verdien jaarliks sowat R500 miljoen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa