Landbouweekblad

Kanolaboer­e verloor tot ’n ton per hektaar

- AMELIA GENIS

SAAIBOERE in die wintergraa­ngebiede is meestal klaar geoes met gemiddelde tot ondergemid­delde opbrengste. Gehalte is in die algemeen nie ’n probleem nie.

Mnr. Henk de Beer, hoofbestuu­rder van bedrywe by Sentraal-Suid Koöperasie, sê boere by Protem en Swellendam wat klaar geoes het, het meestal gemiddelde opbrengste behaal.

“Daar was hier en daar ’n ondergemid­delde kol, maar al was dit ’n droë jaar met swak verwagting­e vir ’n groot deel van die gebied, is die opbrengste nie te sleg nie,” sê hy.

By Heidelberg en verder oos is die oesproses egter agter. De Beer skat meer as 60% van die lande moet nog geoes word. Hy sê die oostelike dele se oes sal ondergemid­deld wees. “Van die boere daar het hul lande laat bewei omdat die potensiaal so swak was.”

De Beer sê dis baie moeilik om ’n waarde te koppel aan die skade wat die wind in Oktober aangerig het. “Die grootste skade was seker aan die kanola, waar verliese van tot ’n ton per hektaar in uiterste gevalle voorgekom het. Maar in die algemeen het boere wat skade gely het, ’n halwe ton per hektaar verloor. Dit was darem nie in alle streke ewe erg nie.”

Redelike opbrengste is in die Langeberg-voetheuwel­sstreek rondom Swellendam behaal, maar die tradisione­le droë streke, soos Napky, Riversdal, Albertinia en Heidelberg, het ’n baie moeilike jaar agter die rug. “Dit volg nadat hulle verlede jaar net so swaar gekry het.”

WESTELIKE OVERBERG

In die westelike deel van die Overberg is die meeste kanola en gars geoes, sê mnr. Johan Lusse, graandiens­tebestuurd­er by Overberg Agri.

“Daar is dalk nog sowat 10% (gars) wat geoes moet word. Die opbrengste is gemiddeld tot bogemiddel­d, en die gehalte is in die algemeen goed. Die oes is beter as verlede jaar.”

Hy sê die kort groeityd en droogte aan die einde van die seisoen het van die laat gars se gehalte benadeel met ’n hoë stikstofpe­rsentasie en min vetkorrels. Die feit dat die prys sowat R300/ton beter is as verlede jaar, is goed vir winsmarges.

Lusse sê alle kanola is geoes en ’n gemiddelde tot bogemiddel­de oes is behaal. “Die wind het oesverlies­e tot gevolg gehad. Die prys is sowat R200 per ton swakker as verlede jaar. Dit benadeel die winsgewend­heid van dié vertakking.”

Die koringoes is halfpad. “Dit lyk of die kort groeityd, ryp in September en die droë einde van die seisoen die koring meer benadeel het as die gars. Die koring was waarskynli­k in ’n gevoelige stadium toe ons in September die paar dae ryp gehad het. Laag geleë dele het rypskade gehad. Koring wat nog besig was om ryp te word, is nadelig geraak deur die droogte en warm weer in Oktober.”

Al het die ongunstige toestande die gehalte en opbrengste benadeel, behaal boere steeds redelike opbrengste. Lusse sê die koringprys is R300 per ton beter as verlede jaar. –

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? ’n Kort groeityd het koringopbr­engste in sommige dele van die wintersaai­gebied geknou.
FOTO: AMELIA GENIS ’n Kort groeityd het koringopbr­engste in sommige dele van die wintersaai­gebied geknou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa