Landbouweekblad

Groente: Verpakkers soek beskerming teen invoer

- JOHAN VAN DER MERWE

‘Die 8 000 ton ingevoerde produkte is gelykstaan­de aan 14 000 ton vars produkte.’

NATURE’S GARDEN, ’n verpakker van bevrore groente, het ’n aansoek by die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) ingedien om ’n tarief op ingevoerde, bevrore groente.

Volgens mnr. Donald McKay, direkteur van XA- internasio­nale handelsadv­iseurs, word ongeveer 8 200 ton bevrore groente uit hoofsaakli­k België (5 000 ton) en China (2 500 ton) ingevoer teen ’n gemiddelde prys van onderskeid­elik R11,52/kg en R9,75/kg.

Mnr. Bruce Sanday, besturende direkteur van Nature’s Garden, sê dié invoer verteenwoo­rdig sowat 18% van die totale verbruik van bevrore groente in Suid-Afrika. “Die bevrore groente kom teen ongeveer 65% van die plaaslike produksiek­oste die land binne.

“Dit is veral die goeie produkte uit België wat die afgelope paar jaar skade aan die plaaslike bedryf aanrig.”

McKay wys daarop dat die han- delsooreen­koms tussen Suid-Afrika en die Europese Unie (EU) die instelling van ’n gewone invoertari­ef op groente uit België keer.

BEWYS NODIG

“Spesiale beskerming sal teen invoer ingestel moet word, soos dié wat vroeër vanjaar op hoenderinv­oer uit die EU ingestel is. Om dit reg te kry, sal Nature’s Garden moet bewys dat die aanvanklik­e handelsven­nootskap met die EU die rede was vir die toename in die invoer van bevrore groente.

“Verder sal Nature’s Garden moet bewys dat die invoer ’n beduidende invloed op die plaaslike bedryf het. Aangesien Nature’s Garden die vernaamste plaaslike verpakker en verspreide­r van bevrore groente is, is invoer die enigste noemenswaa­rdige mede- dinging. Dit lyk nie of die invoer ’n wesenlike invloed op winste of indiensnem­ing gehad het nie,” sê McKay.

“Volgens Nature’s Garden se aansoek, wat klem lê op die tydperk van Februarie 2016 tot Februarie 2018, het indiensnem­ing by Nature’s Garden met 25% toegeneem en totale lone met 58%. Die volume wat nasionaal verkoop is, het in dié tyd met 4% afgeneem, terwyl die waarde van verkope met 11% toegeneem het.”

VERKOPE ONDER DRUK

Sanday sê egter hul verkope kom reeds onder druk weens die goedkoop invoer. “Twee van die groot kettingwin­kels, Spar en Shoprite Checkers, voer bevrore groente vir hul eie handelsmer­k in. Wanneer ander plaaslike handelsmer­ke, soos Nature’s Garden, dan teen ’n wins verkoop moet word, is daar kopersweer­stand omdat die prys te hoog is vergeleke met die ingevoerde produkte. Die 8 000 ton ingevoerde produkte is gelykstaan­de aan 14 000 ton vars produkte, wat plaaslik minstens 500 ha groente-aanplantin­gs in die slag laat bly.”

Hy sê Suid-Afrika se bedryf kan in gedrang wees as die stand van sake dieselfde bly.

“Die hele plaaslike bedryf vir bevrore groente, wat minstens 2 000 ha se boerderygr­ond met ’n jaarlikse plaashekwa­arde van R160 miljoen tot R200 miljoen beslaan, is dan in gevaar,” sê Sanday.

Nature’s Garden het om ’n invoertari­ef van 37% aansoek gedoen. Volgens XA het Itac nog nie met ’n amptelike ondersoek na die aansoek begin nie, omdat die kommissie eers moet bepaal of dit ’n ondersoek regverdig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa